The integration of disaster risk reduction and climate change adaptation strategies into wetlands management in the Eastern Free State, South Africa
Abstract
English: This research examined the integration of disaster risk reduction and climate change
adaptation strategies into wetlands management in the eastern Free State in South Africa. The
main identified problem was the continuous degradation of wetlands under changing
environmental conditions characterised by increasing disaster risks, including risks associated
with climate change. Well-managed wetlands mitigate disaster risks and climate change
impacts. The main research question was: “Can integrating disaster risk reduction and climate
change adaptation principles and practices into wetlands management promote wetlands
resilience for sustainable ecological benefits in the eastern Free State?” The aim of the study
was to develop a holistic wetlands management framework that promotes wetland resilience
under changing environmental conditions. Resilient wetlands provide sustainable ecological
services that support local communities.
The study used a systems thinking approach and is well-articulated in the emerging paradigm
of ecosystem-based disaster risk reduction and climate change adaptation (Eco-DRR/CCA).
A combination of four frameworks were necessary given the multidisciplinary nature of the
research involving environmental management, disaster management and climate change
science. The post-positivist and the interpretivist philosophies blended well in this study which
combined social and natural sciences. A mixed research method approach was used. Stratified
random sampling and convenient sampling was used to select 95 mostly valley-bottom
wetlands in the study area. Valley-bottom wetlands are the dominant wetlands in the study
area. Data were collected using questionnaires (176 wetland users), interviews (30
specialists), field observations (21 wetlands) and secondary data (from two weather stations).
The data were analysed using Microsoft Excel, the Statistical Package for Social Sciences
(SPSS) and thematic analysis using simple descriptive statistics. Triangulation, experts’ inputs
and pilot studies added credibility to the collected data.
The main conclusions were that wetlands, especially those in communal land, were very
vulnerable to degradation. This vulnerability is because of poor comprehension of wetland
functions and values, ignorance and problems associated with the legal and institutional
arrangement for wetlands management in South Africa. There is no national wetland policy
and the implementation of related legislations is not effective. There is poor coordination of
wetland-stakeholders in the area. The activities of the various Expanded Public Work
Programmes (EPWPs) sometimes overlap and are not properly coordinated. Wetlands were
poorly managed, especially communal wetlands where poor land-use systems, overgrazed
wetlands, and lack of management plans were identified. Communal wetlands are therefore
not very effective in mitigating the common risks of droughts, veld fires and floods in the area.
However, wetlands in protected areas and many in private commercial farms were in a good
ecological state, but they also require constant monitoring as head cut erosion and the
presence of alien and invasive species are still visible.
The main recommendations include that the government of South Africa, through the
Department of Environmental Affairs, should formulate an effective and implementable
national wetland policy that will speak directly and specifically to wetland issues. The
government should also unify the control of the Extended Public Works Programmes (EPWPs)
under one umbrella structure and improve the allocation of both human and financial resources
to these EPWPs. There is a need for proper coordination of wetland stakeholders in the area
and the provincial wetland advisory forum should be more effective. Education and creating
awareness for wetland functions, values and management will be key to ensure the wise and
sustainable management of wetlands. To build wetland resilience in the area, an Integrated
Wetland Management Framework (IWMF) was proposed to manage wetlands from a holistic
perspective, unlike the reactive approach that was dominant in the past. The IWMF integrates
disaster risk reduction and climate change adaptation tools and strategies. Further research
was recommended for the longitudinal testing of the framework that will be aided by the
development of other quantifiable indicators. Finally, a study to quantify the soil organic matter
(SOM) of wetlands in the study area should be conducted to investigate opportunities for
carbon trading as a way of reducing greenhouse gas emissions and conserving wetlands. Afrikaans: Hierdie navorsing ondersoek die integrasie van ramprisikovermindering en klimaatsveranderingaanpassingstrategieë
in vleilandbestuur in die Oos-Vrystaat in Suid-Afrika. Die
belangrikste probleem wat geïdentifiseer is, was die voortdurende agteruitgang van vleilande
te midde van veranderende omgewingstoestande wat gekenmerk word deur die verhoging van
ramprisiko's, insluitende risiko's wat verband hou met klimaatsverandering. Goedbestuurde
vleilande versag ramprisiko's en die impak van klimaatverandering. Die hoofnavorsingsvraag
was: "Kan die integrasie van ramprisikovermindering en die beginsels en praktyke van
klimaatsveranderingaanpassings in die bestuur van vleilande die veerkragtigheid van vleilande
vir volhoubare ekologiese voordele in die Oos-Vrystaat bevorder?" Die doel van die studie was
om 'n holistiese vleilandbestuursraamwerk te ontwikkel wat die herstel van vleilande bevorder
te midde van veranderende omgewingstoestande. Herstelde vleilande bied volhoubare
ekologiese moontlikhede wat plaaslike gemeenskappe kan ondersteun.
Die studie volg 'n sisteemdenkebenadering en is goed verwoord in die opkomende paradigma
van ekosisteme gebaseer op ramprisikovermindering en klimaatsveranderingaanpassing
(Eco-DRR/CCA). 'n Kombinasie van vier raamwerke was nodig, gegewe die multidissiplinêre
aard van die navorsing met betrekking tot die omgewingsbestuur-, rampbestuur- en
klimaatsveranderingwetenskappe. Die post-positivistiese en die interpretivistiese filosofieë is
goed vermeng in hierdie studie wat sosiale en natuurwetenskappe gekombineer. 'n Gemengde
navorsingsmetodebenadering is gebruik, saam met gestratifiseerde steekproefneming en 'n
gerieflikheidsteekproef, om 95 meestal vallei-bodem vleilande in die studie-area te kies. Valleibodem
vleilande is die dominante vleilande in die studie-area. Data is ingesamel met behulp
van vraelyste (176 vleilandgebruikers), onderhoude (30 spesialiste), veldwaarnemings (21
vleilande) en sekondêre data (uit twee weerstasies). Die data is ontleed met behulp van
Microsoft Excel, die “Statistical Package for Social Sciences” (SPSS) en tematiese analise met
behulp van eenvoudige beskrywende statistiek. Triangulering, insetkundiges en loodsstudies
het geloofwaardigheid verleen aan die data wat ingesamel is.
Die belangrikste gevolgtrekkings was dat vleilande, veral dié op kommunale grond, baie
kwesbaar is vir agteruitgang as gevolg van 'n gebrek aan begrip van vleilandfunksies en
-waardes. Hierdie kwesbaarheid is weens 'n gebrek aan begrip van vleilandfunksies en
-waardes, asook onkunde en probleme wat verband hou met die wetlike en institusionele
reëlings vir vleilande in Suid-Afrika. Daar is geen nasionale vleilandbeleid beskikbaar nie en
die implementering van verwante wetgewing is nie doeltreffend nie. Die aktiwiteite van die
verskillende uitgebreide openbarewerkeprogramme oorvleuel soms en word nie behoorlik
gekoördineer nie. Vleilande word swak bestuur, veral kommunale vleilande waar swak
grondgebruikstelsels, oorbeweide vleilande, en 'n gebrek aan bestuursplanne geïdentifiseer
is. Gemeenskaplike vleilande is dus nie baie effektief in die verligting van die algemene risiko's
van droogtes, veldbrande en oorstromings in die gebied nie. Alhoewel vleilande in beskermde
gebiede en op privaat kommersiële plase in 'n goeie ekologiese toestand was, benodig hulle
ook konstante monitering omdat ‘head cut’-erosie en die teenwoordigheid van uitheemse en
indringerspesies nog sigbaar is. Swak koördinering van belanghebbendes in die
vleilandgebiede is ook as 'n probleem geïdentifiseer.
Die belangrikste aanbevelings sluit in dat die regering van Suid-Afrika, deur die Departement
van Omgewingsake, 'n doeltreffende en implementeerbare nasionale vleilandbeleid moet
formuleer wat vleilandkwessies direk en spesifiek sal aanspreek. Die regering moet ook die
beheer van die openbarewerkeprogramme onder een sambreelstruktuur verenig en ook
aandag gee aan die verbetering van die toekenning van beide menslike en finansiële
hulpbronne aan hierdie openbarewerkeprogramme. Daar is 'n behoefte vir behoorlike
koördinering van vleilandbelanghebbendes in die gebied en die provinsiale
vleilandadviesforum behoort meer effektief te funksioneer. Onderrig en bewusmaking vir
vleilandfunksies, -waardes en -bestuur sal die sleutel tot die wyse en volhoubare bestuur van
vleilande verseker. Om vleilandherstel in die gebied op te bou, is 'n geïntegreerde
vleilandbestuursraamwerk voorgestel om vleilande vanuit 'n holistiese perspektief te bestuur,
in teenstelling met die reaktiewe benadering wat in die verlede oorheersend was. Die
geïntegreerde vleilandbestuursraamwerk integreer hulpmiddele en strategieë vir
ramprisikovermindering en klimaatsveranderingaanpassing. Verdere navorsing is aanbeveel
vir die longitudinale toetsing van die raamwerk met behulp van die ontwikkeling van ander
kwantifiseerbare aanwysers. Ten slotte is aanbeveel dat 'n studie onderneem word om die
organiese inhoud van vleilande in die studie-area te kwantifiseer om geleenthede vir
koolstofhandel te ondersoek as 'n manier om kweekhuisgasvrystellings te verminder ter wille
van die bewaring van vleilande.
Related items
Showing items related by title, author, creator and subject.
-
Human resources management: a contemporary model for principles of Free State schools
Griesel, Johan David (University of the Free State, 2004-11)English: The purpose of this study was to investigate the human resources management task of the school principal in the Free State Province. In order to achieve this goal, research was done regarding the human resources ... -
Community profile analysis of the Free State and the identification of the information infrastructure: a higher education community engagement project
Ackerman, Doraliza Reinetta (University of the Free State, 2007-05)The overarching purpose of the study is: to compile a comprehensive database of the information infrastructures in the Free State province and investigate/determine how information from the database can be utilised by ... -
Decentralisation of district health services in the Free State Province
Motsoari, Motsamai Clement (University of the Free State, 2012-07)Experiments with decentralisation began in the late 1970s and continued throughout the 1980s. Decentralisation is regarded as a key element of the primary health care approach. It is initially seen as having important ...