Perceptions among a group of at-risk individuals: the discrepancy between unsafe sex practices and knowledge about HIV/AIDS transmission

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001-11
Authors
Summerton, Joy Violet
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Due to its rapid spreading, AIDS has been declared a global epidemic. Especially sub- Saharan Africa has been the most affected by the epidemic. South Africa is no exception to the devastating impact of the epidemic. Over the past few years, HIV-prevention initiatives have been underway on a full scale in an effort to combat the destructive powers of the epidemic in the country. These initiatives appear to have adopted a health belief approach in their strategies to decrease HIV-infections. This approach to HIV prevention assumes that the desired behaviour change, namely increasing safe sexual practices and decreasing high-risk HIV/AIDS behaviour, can be achieved through rational decision-making based on knowledge of the disease and its consequences. The findings of studies on sexual behaviour and HIV/AIDS such as KAPB (knowledge, attitudes, practice and belief) studies appear to reaffirm the fact that knowledge alone is not sufficient nor effective in bringing about the appropriate behaviour change to combat HIV/AIDS. These studies point towards a high level of knowledge about AIDS in the general population, yet the ever increasing HIV-infection rate remains undeterred. The discrepancy between knowledge about HIV/AIDS and the unchanged high-risk sexual practices of the population which is seemingly knowledgeable about the disease, prompts a need for research to identify the underlying causes of this discrepancy, thus the rationale for this study. In view of the inadequacy of a health-belief approach to HIV-prevention, this study proposes an alternative approach to HIV-prevention that would supplement the health belief approach, and thus explain the hiatus between knowledge and manifest sexual behaviour. This is approached from a socio-behavioural approach, which assumes that HIV/AIDS is a behavioural issue that is firmly rooted in sexual behaviour. In addition, it acknowledges that sexual behaviour is influenced by the interplay of psychological, sociological and cultural factors in sexual decision-making. This decision-making process often has little to do with maintaining good health and more to do with satisfying motivational needs that have a psychological basis or with options that are socially or economically or emotionally determined. Thus, a multidisciplinary approach to analysing factors that influence sexual behaviour was utilised. Based on a multidisciplinary analytical model of sexual behaviour, the study aimed to identify factors that impede the practice of safe sex. The developing of this model was informed by various perspectives (i.e., psychological, sociological and anthropological) of behaviour and two theories that take account of the social context in explaining the behaviour change process (i.e., attitude accessibility model and theory of reasoned action). The multidisciplinary model, in turn, informed the development of the research instruments and interpretation of the findings. The community of Thabong, in Welkom, was selected because of the high HIV prevalence in the District and because of the involvement of the Centre for Health Systems Research & Development in the proposed Youth Multi-function Centre in Thabong. Welkom has the highest HIV-prevalence of all the districts in the Free State (30,63%). Second, the study intends to inform HIV-prevention initiatives about impediments to safe sex. Thus, this study will inform- the proposed Youth Multi-function Centre in Thabong, which aims to decrease HIV-infections among the youth in the community. Towards informing the study aim and objectives, individual in-depth interviews were conducted with 30 confirmed HIV-positive males and females between the ages of 15 - 49 years. The interviews were guided by a semi-structured individual questionnaire. Also, 15 focus group discussions were conducted with males and females from various social strata in the community, and who were assumedly HIV-negative. The focus group discussions were conducted with the aid of a semi-structured group discussion schedule. The two forms of data collection served to complement each other and promoted the validity and quality of the data collected. The study design opted for was explorative in nature, as little is currently known about the community-specific obstacles to safe sex. All respondents were purposively sampled. The main findings of the study point towards the need for HIV/AIDS to be viewed in the light of the socio-cultural and socio-economic contexts of sexual behaviour. Factors that were identified as influencing sexual behaviour, and therefore HIV/AIDS, include the unbalanced power in gender-relations, socio-economic status and perceived self-efficacy, amongst others. Also, there is a need for detailed knowledge about the specifics of HIV prevention and transmission, as well as safe sexual practices. This will serve to address myths and misconceptions about the three modes of safe sex, namely condom use,' sexual abstinence and mutual faithfulness. Overall, the research indicates that HIV/AIDS is a socio-behavioural problem rooted in the sexual practices of individuals. Attempts to successfully change high-risk sexual behaviours should first identify factors that influence the progression of the disease in order to develop community-specific effective and efficient HIV-prevention initiatives. To a large extent, this study has identified those factors that influence and limit the options and opportunities that people in Thabong have when it comes to practicing safe sex. In this community, these are the factors that should be taken into account when HIV/AIDS prevention initiatives are planned and implemented. These factors include, inter alia, low socio-economic status of women, gender-role stereotypes, myths and misconceptions about HIV/AIDS and safe sex, violence, socio-cultural norms and gender imbalances.
Afrikaans: Weens die snelle verspreiding van MIV/VIGS word dit as 'n globale epidemie beskou. Veral die lande in sub-Sahara Afrika word swaar deur hierdie epidemie getref. Suid-Afrika het nie die vernietigende impak van die epidemie vrysgespring nie. Gedurende die afgelope tyd is aansienlike bronne in Suid-Afrika aan die voorkoming van MIV/VIGS gewy om hierdie impak te versag. Hierdie voorkomingsveldtogte is skynbaar op 'n benadering begrond wat daarop berus dat die verspreiding van die siekte voorkom kan word deur mense daaroor in te lig en hulle kennis daarvan te verbreed. Met verwysing na MIV/VIGS berus hierdie benadering op die veronderstelling dat mense sal afsien van hoë-risiko seksuele gedrag (dit is seksuele gedrag wat hulle blootstel aan die risiko van infeksie met die MI-Virus, naamlik veelvuldige seksmaats en nie-gebruik van kondome) sodra hulle bewus raak van die rol wat hierdie hoë-risiko gedrag in die verspreiding van die MIV/VIGS epidemie speel. Dit berus dus op die veronderstelling dat mense op grond van hul kennis van MIV/VIGS, sowel as die verspreiding en gevolge daarvan, rasionele besluite oor hulle seksuele gedrag sal neem. Die bevindinge van talle studies oor seksuele gedrag en MIVNIGS bevestig egter dat kennis en inligting alleen nie voldoende of doeltreffend is om gewensde gedragsveranderinge teweeg te bring wat die verspreiding van die siekte beperk nie. Hierdie studies bevind dat mense oor die algemeen goed ingelig is oor MIV/VIGS. Tog neem die voorkoms van infeksies steeds toe. Die teenstrydigheid tussen kennis van MIV/VIGS en voortgesette hoë-risiko seksuele gedrag in 'n bevolking wat skynbaar goed ingelig is oor die siekte en die voorkonming daarvan het tot hierdie studie aanleiding gegee. Dit fokus primêr op die identifisering van onderliggende redes vir die bestaan van hierdie teenstrydigheid. In die lig van die skynbare tekortkominge van bestaande inisiatiewe wat gerig is op die voorkoming van MIV/VIGS stel hierdie studie 'n alternatiewe bendaring voor. Dit is gerig op die aanvulling van die rol van kennis en inligting in die bekamping van MIV/VIGS, en nie op die vervanging van die rol van kennis en inligting nie. Die benadering wat in hierdie studie gevolg word berus op die veronderstelling dat MIV/VIGS 'n gedragsverwante verskynsel is, en nie 'n gesondheids- of siekteverskynsel nie. Meer spesifiek is MIV/VIGS nou verwant aan seksuele gedrag wat deur psigologiese, sosiologiese and kulturele faktore beïnvloed word. Besluitneming oor seksuele gedrag is dikwels nie verwant aan die individu se behoefte om goeie gesondheid te handhaaf en sy/haar kennis in hierdie verband nie. Eerder blyk dit nou verwant te wees aan die bevrediging van behoeftes wat 'n psigologiese grondslag het, of met keuses en opsies wat deur sosiale, ekonomiese of emosionele faktore beïnvloed word. Daarom berus hierdie studie op 'n multidissiplinêre benadering tot die ontleding van faktore wat seksuele gedrag beïnvloed. Op grond van 'n multidissiplinêre analitiese model van seksuele gedrag is die studie gemik op die identifisering van faktore wat die beoefening van "veilige seks" (d.w.s. onthouding, wedersydse en volgehoue getrouheid aan een seksmaat en die korrekte gebruik van kondome) verhoed of beperk. Die ontwikkeling van hierdie model is gebaseer op 'n drieledige perspektief van gedrag (psigologies, sociologies and antropologies), sowel as twee teorieë wat die rol van die sosiale konteks in gedragsverandering verreken, naamlik die "attitude accessibility" model en die teorie van beredeneerde opdrede ("theory of reasoned action). Die multidissiplinêre analitiese model wat hieruit ontwikkel is, het die ontwikkeling van navorsingsinstrumente sowel as die interpretering van die bevindinge van hierdie studie gelei. Die studie fokus op Thabong in Welkom, eerstens omdat hierdie gemeenskap gebuk gaan onder 'n baie hoë voorkoms van MIV/VIGS (in Welkom is die voorkoms van MIVNIGS 30,63%), maar ook omdat die Sentrum vir Gesondheidsisteemnavorsing in Ontwikkeling nou betrokke is by die vestiging van 'n meerdoelige Jeugsentrum in Thabong en die navorser aanvanklik hierdeur eerstehandse kennis van die gemeenskap en sy- behoeftes opgedoen het. Terwyl die studie in die algemeen kan lei tot die ontwikkeling van doeltreffende inisiatiewe ter voorkoming van HIV/VIGS in Thabong kan dit ook meer spesifiek die aard van sodanige inisiatiewe by die meerdoelige Jeugsentrum inlig. Ten einde die doel van die studie bereik is individuele, diepte-onderhoude gevoer met 30 mans en vrouens tussen die ouderdomme van 15 en 49 jaar. AI hierdie respondente ly aan MI/VIGS en is vanweë hiervan doelgerig vir deelname aan die studie geselekteer. Die onderhoude is aan die hand van In gestandaardiseerde, semi-gestruktureere skedule gevoer. Fokusgroepbesprekings is ook met mans en vrouens van vyftien verskillende groeperinge en strata in Thabong gevoer. Die MIV status van deelnemers aan die fokusgroepbesprekings was onbekend, en dus veronderstel negatief. Die fokusgroepbesprekings is aan die hand van In gestandaardiseerde, semi-gestruktureerde skedule gefasiliteer. Die twee datastelle wat sodoende genereer is, het mekaar aangevul en terselfdertyd die geldigheid en kwaliteit van die data bevorder. Die studie-ontwerp was verkennend van aard aangesien nie veel inligting beskikbaar is oor spesifieke faktore wat seksuele gedrag in In bepaalde gemeenskap beïnvloed nie. Hierdie studie was juis daarop gemik om sodanige faktore in Thabong te identifiseer en te verken. Die belangrikste bevindinge van die studie blyk daarop te dui dat MIVNIGS beskou moet word in die lig van die sosio-kulturele en sosio-ekonomiese konteks waarin seksuele gedrag plaasvind. Faktore wat seksuele gedrag - en dus MIVNIGS - beïnvloed sluit onder andere in ongebalanseerde magsverhoudings tussen mans en vroue wat deursyfer na In ondergeskikte posisie en blootstelling van die vrou in seksuele verhoudings. Daar blyk ook In behoefte te wees aan gedetaileerde inligting rakende die besonderhede van die oordrag en voorkoming van MIV, sowel as die belangrikheid van "veilige" seksuele gedrag in die bekamping en voorkoming daarvan. Dit sal bydra tot die weerlegging van mites en opklaring van misverstandige rakende die rol van onthouding, kondoomgegbruik en wedersydse, volgehoue getrouheid van seksmaats in die bekamping en voorkoming van MI/VIGS. Die navorsing dui daarop dat MIV/VIGS In sosio-psigologiese probleem is wat gesetel is in seksuele gedrag. Pogings om dit te bekamp moet die oorsake van MIV/VIGS komprehensief en effektief aanspreek. Die sleutel hiertoe is die oortuiging van mense om "veilige" seks te beoefen. Dit vereis In erkenning en begrip van faktore wat mense se seksuele gedrag beïnvloed, en hierdie faktore kan van een gemeenskap na In volgende varieer. Dit dui daarop dat inisiatiewe ter voorkoming van MIVNIGS gebaseer moet wees op faktore wat seksuele gedrag in In spesifieke gemeenskap beïnvloed. Hierdie studie het in In groot mate daarin geslaag om alternatiewe en beperkinge te identifiseer wat inspeel op die beoefening van veilige seks in Thabong. In hierdie gemeenskap is dit die faktore wat in aanmerking geneem moet word wanneer inisiatiewe ter voorkoming van MIV/VIGS beplan en geïmplementeer word. Dit sluit onder andere in: • die lae sosio-ekonomiese status van vroue in • geslagsrol-stereotipering • mites en misverstande aangaande MIV/VIGS en veilige seks • geweld • sosio-kulturele norme en • die geslagsverwante wanbalans van mag.
Description
Keywords
Health behavior, Sex counseling -- South Africa -- Welkom, HIV infections -- Prevention, Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 2001
Citation