Die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat tydens die administrateurskap van J. W. J. C. (Sand) du Plessis

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988
Authors
Du Plessis, Petrus Jacobus Prieur
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Studie is gemaak oor die breë front van die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat vanaf 1959 tot 1969. Uit die aard van die saak is dit 'n geweldige wye onderwerp en kon slegs dieptesnitte gemaak word rondom die heel belangrikste fasette van die provinsiale administrasie se verpligtinge wat in dieselfde tydvak nagekom moes word. Inderwaarheid korreleer die stof voortdurend met mekaar en vloei dit soms ineen. Ter wille van 'n logiese beeld is daar probeer om die fasette te skei en afsonderlik te hanteer, hoewel dit eintlik alles onderhewig was aan 'n totale beplanningstrategie van die Administrateur-in-Rade. Die Administrateur kon op sigself geen beslissing op sy eie neem sonder die goedkeuring van die Uitvoerende Komitee nie. Die gesamentlike vergadering van genoemde betrokkenes staan bekend as die Administrateur-in-Rade. Die wye omvang van optrede deur die administrasie op soveel verskillende terreine verleen 'n gedrongenheid van faktore en aspekte aan die verhandeling wat dit moontlik kan laat lyk na 'n opeenhoping van gegewens. Dit is eintlik niks anders nie as 'n weerspieëling van die baie ysters wat die Administrateur en sy Uitvoerende Komitee in die vuur gehad het. Die veelheid van faktore en aspekte wat dus onder die loep geneem is, is grootliks te wyte aan die wye spektrum van sake wat op die Administrateur en sy personeel se sakelys was, eerder as wat dit 'ngebrek aan struktuur is. Dit verklaar terselfdertyd waarom dit nie moontlik was om 'n deurlopende chronologie op te bou deur die tema in verhaaltrant uit te bou nie. Daar moes telkens sekere. dieptesnitte gedoen word van ontwikkelings wat gelyktydig plaasgevind het, sodat die chronologie dikwels die onderspit moes delf, ter wille van die behoud van struktuur. Die onder-struktuur van elke hoofstuk is nietemin tematies aangepak vir sover dit enigsins moontlik was. Baie onderhoude is gevoer ten einde die tydsklimaat en omstandighede duidelik te verstaan. Veel meer aandag is egter verleen aan die dokumentêre bewyse aangesien dit meer gedetailleerd, presieser en dus meer gesaghebbend is. Uiteindelik het die dokumente en die onderhoude mekaar ryklik aangevul. In 'n poging om die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat sinvol uit te bou en te evalueer, was dit telkens nodig om veralook na die periode vóór Du Plessis se termyn as Administrateur te kyk. Daarsonder sou veel verlore gegaan het en kon 'nobjektiewe mening kwalik gevorm word. Dit was daarom nodig om ook na sy rol in die uitbouing van die Vrystaat te kyk in die periode voordat hy Administrateur geword het en dit in samehang te beskou met ontwikkeling wat plaasgevind het na hyself die leisels oorgeneem het. Sodoende word 'nveel bevredigender beeld verkry van die persoonlike bydrae en inisiatief wat van Du Plessis uitgegaan het om die Vrystaat in die dekade sestig so duidelik op die pad van ontwikkeling en groei te plaas. Die bewys hiervan lê in sy hele optrede. Die tweede en derde hoofstukke en ook hoofstuk sewe spreek van die historiese agterstand wat deur die jare in die Vrystaat opgebou is op die gebiede van hospitalisasie, onderwys, paaie en natuurbewaring en die pogings wat aangewend is om dit te verander. Hoofstuk twee gee die leser 'nbeter beeld van die spesifieke tydsgewrig en omstandighede waaronder Du Plessis die leisels oorgeneem het. Hoofstuk vyf handel spesifiek oor die waarde wat aan beplanning en die kontrolering van projekte toegeken is, terwyl hoofstuk vier rondom toerisme gebruik word om 'n unieke model as uitvloeisel van dié beplanning te beskrywe. Hoofstuk ses, wat oor Oranjejag handel, is op sigself 'n merkwaardige gebeurtenis in die Vrystaatse en dalk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit is 'n unieke voorbeeld van pionierswerk wat deur onbegrip aan bande gelê is en daarom moeilik sy kinderskoene ontgroei het.
Description
Keywords
State governments -- South Africa -- Orange Free State, Orange Free State (South Africa) -- History, Dissertation (M.A. (History))--University of the Free State, 1988
Citation