Die destabilisasie van die blanke regering in Rhodesië oor die periode 1965 (UDI) tot 1980 (bewindsoorname deur 'n swart-meerderheidsregering)

Loading...
Thumbnail Image
Date
1985-12
Authors
Labuschagne, Pieter Andries Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhandeling hanteer hoofsaaklik die destabiliseringstryd wat in die voormalige Rhodesië geheers het. In die konteks is daar veral van die historiese metode gebruik gemaak. Vanuit die vertrekpunt van die historiese is die empiriese en analitiese metode nagevolg. Daar moet egter altyd in gedagte gehou word dat só 'n studie beheersend in 'n Godwelgevallige ontsluiting gedoen moet word. Die vertrekpunt dien dan ook as uitgangspunt vir die positiveringsarbeid van die student. Die titel van die verhandeling, die politieke destabilisasie van die Blanke Regering in Rhodesië, dui op 'n sekere historiese ontwikkelingslyn binne die geskiedenis van Rhodesië. Dit dui op bepaalde handelinge binne en buite Rhodesië om Blanke politieke beheer te beëindig. Die formele oordrag van politieke mag in Zimbabwe in 1980 het dan ook 'n einde aan die uitputtende destabilisasiestryd gebring. Die doel van die studie is om die destabilisasiepogings, wat oor meer as 89 jaar strek, aan te dui. Die eerste twee hoofstukke lê veral klem op die vestiging van Blanke beheer, veral as bolwerk teen die vloedgolf van dekolonisasie. Die derde hoofstuk dui veralop die self-destabilisasie van die Blankes omdat hulle nie oor die vermoë beskik het om 'n skikking met Brittanje te bereik nie. In die vierde hoofstuk word die opkoms van Swart nasionalistiese bewegings nagevors, en die sterk destabilisasiepogings deur hulle aangewend. Die laaste twee hoofstukke dui veral op die geslaagdheid van die destabilisasiepogings en die politieke verkrummeling van die Blankes se politieke magstruktuur.
Description
Keywords
Zimbabwe -- History,1965-, Zimbabwe -- Politics and government, Dissertation (M.A. (Political Science))--University of the Free State, 1985
Citation