Die moontlikheid van 'n konstruksie van verborge gebreke in vorderingsregte in die algemeen en aandele van 'n maatskappy in besonder
Loading...
Date
1968-09
Authors
Rautenbach, John Walter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke in
die verkoopte saak wat op 'nverkoper by die koopkontrak
rus, is 'n beginsel wat al lank in ons reg erken en toegepas
word.
Dit is trouens ook 'n deel van ons reg wat al by
herhaalde geleenthede die aandag van ons howe geniet het,
en dus het dit ons howe in staat gestel om 'n stel reëls op
te bou wat, volgens De Wet en Yeats, "logies, verfynd en
prakties bruikbaar is". Daar bestaan geen basiese
probleme by hierdie deel van ons reg nie.
Al hierdie gevalle wat al voor ons howe gedien het, het
egter gegaan oor koopkontrakte waar die voorwerp van die
koop 'n liggaamlike saak was wat dan die verborge gebrek
besit het.
Nou word dit ook verder in ons reg erken dat
daar, naas hierdis soorte, ook nog ander tipe koopkontrakte
bestaan waar die koopvoorwerp nie noodwendig 'n liggaamlike
saak hoef te wees nie, waar ook uit 'n onliggaamlike voorwerp
soos 'n vorderingsreg kan bestaan.
Die aanspreeklikheid weens verborge gebreke is
'n natuurlike gevolg wat by elke koopkontrak, tensy dit by
ooreenkoms deur die partye uitgesluit is, intree. Dus
is dit net soseer 'n natuurlike gevolg by koopkontrakte
waar vorderingsregte verkoop word, as dié waar 'n saak
verkoop word.
So 'n geval het, sover ek kon vasstel, egter nog
nooit voor ons howe gedien nie en ook het dit nog nooit
enige aandag van ons skrywers geniet nie. Dit wil egter
nie sê dat so 'n geval nooit in die praktyk kan opduik nie.
Neem die volgende voorbeeld. A verkoop 'n
vorderingsreg wat hy teen het vir 'n saak, aan C. Nou
besit die saak 'n verborge gebrek. Kan C hom nou in
hierdie geval ook op die aediliese aksies beroep? 'n Mens
sou onmiddelik wou toegee dat hy dit behoort te kan doen,
waar dan word jy egter gestuit deur die feit dat A slegs 'n vorderingsreg aan C verkoop het en nie die saak self nie
en dat dit die saak is wat die gebrek besit.
'n Ander verskynsel wat egter daagliks in die
praktyk voorkom is die veelvoudige transaksies waarby
aandele in maatskappye verkoop word. Kan daar ook
gepraat word van verborge gebreke in aandele?
Sonder meer kan nie gesê word dat daar by
hierdie twee tipes koopkontrakte, d.w.s. wat vorderingsregte
of aandele as voorwerp het, ook aanspreeklikheid
weens verborge gebreke meet bestaan nie. Daarvoor
bestaan daar te veel ander probleme, wat nle by die
gewone koopkontrakte aanwesig is nie, waarop eers
antwoorde gevind sal moet word.
In hierdie verhandeling sal ek dan ook
poog om die besondere probleme wat by hierdie koopkontrakte
bestaan, uiteen te sit en dan antwoorde
daarop te probeer vind. Vir dié doel is dit dus vir
my nodig om net oorsigtelik die posisie by koopkontrakte
van sake weer in oënskou te neem.
Description
Keywords
Dissertation (LL.B. (Law))--University of the Free State, 1968, Agency (Law) -- South Africa, Corporation law -- South Africa