Die spanbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal: 'n ondersoek en evaluering

Loading...
Thumbnail Image
Date
1974-12
Authors
Greeff, Frederick Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die doeI van die studie is om die doel treffendheid van die terapeutiese omgevvingsbenadering binne 'n psigiatriese hospitaal te bepaal. Tot op die stadium van die ondersoek bet die behandelingsmetode betreklik ongekontroleerd plaasgevind en daar is 'n behoefte vir evaluering ontstaan. In die eerste hoofstuk word die motivering vir die ondersoek kortliks bespreek. Omdat pasiënte dikwels siek word as gevolg van sosiale beïnvloeding, is dit noodsaaklik om 'n omgewing te struktureer waar optimum moontlikhede vir herstel sal bestaan. In hoofstuk II word daar 'n oorsig van die geskiedenis van die behandeling van "geestesversteurdes" met betrekking tot die begrippe "behandeling" en "rehabilitasie" geskets. Vervolgens is daar ook 'n uiteensetting van resente navorsing oor die sosiale struktuur in psigiatriese hospitale. Die bydraes van Sullivan Rowland, Anna Freud, Maxwell Jones en Rapoport word kortliks bespreek. Hoofstuk III dien as basis vir Edelson se model van 'n psigiatriese hospitaalorganisasie. Dit bestaan uit 'n beskrywing van Parsons se sisteemteorie van aksie waarvan die vier komponente (funksies) aanpassing, motivering, integrasie en konsummasie die hooftema vorm. Daar word ook gewys op raakpunte tussen die teorie en die klassieke Psigo-Analise. In Hoofstuk IV word die model gebruik om h teoretiese model vir 'n psigiatriese hospitaalorganisasie daar te stel. Die vereistes in terme van die vier funksies wat reeds genoem is, word volledig uiteengesit. In Hoofstuk V word daar gelet op konflikterende elemente wat stremminge in die hospitaalorganisasie kan veroorsaak. Die stremminge is onlosmaaklik 'n deel van enige organisasie en daar word ook gelet op die belang van konsultasie as meganisme om dit te hanteer. Hoofstuk VI bestaan uit 'n gedetailleerde uiteensetting van die verskillende subkollektiwiteite in h psigiatriese hospitaalorganisasie, bv. die totale organisasie, die behandelingsubsisteem, die psigoterapeutiese subsisteem, die sosioterapeutiese subsisteem, ens. Daar word diagrammatiese voorstellings van die ideale model gegee. Verder word daar ook aandag geskenk aan die equalitarian model wat as grondslag vir die organisatoriese struktuur van die hospitaal moet dien. In Hoofstuk VII word die patalogie van kommunikasie in terme van Stanton en Schwartz se ontleding bespreek. Daar word veral gelet op vier soorte foute, nl. oorsprong-, oordrag-, kommunikasie metode- en funksionele foute. Die terapeutiese omgewingsbenadering word in Hoofstuk VIII bespreek volgens Edelson se model. Daar word veral aandag geskenk aan die sosioterapeutiese "outputs" (uitset) na die individu en op die verhouding tussen sosio- en psigoterapie. In Hoofstuk IX word hospitaal X volgens Edelson se modelontleed en beskryf. Die verskillende subkollektiwiteite word in terme van die vier basiese groepsfunksies ge-evalueer. Dit word gedoen deur bandopnames van die verskillende groepe, nl. 'n aanpassings-, motiveringskonsummasie en integrasiegroepe te ontleed. Die konkrete kollektiwiteite waarvan die funksionering ontleed word, is die volgende - 'n Multidissiplinêrevergadering, 3 Gevallekonferensies en 'n Pasiëntvergadering. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die sosiale dimensie onont beerlik in die behandeling van geestesversteurings is, maar dat die benadering nog tekortskiet in sekere opsigte. Die redes hiervoor word bespreek een'van die vernaamste is dat die sosioterapeutiese funksie nog nie behoorlik gedifferensieer is nie, gevolglik is dit veral konsultasie-fasiliteite wat ontbreek. Ten slotte word die toekoms van die psigiatrie se hospitaal in Hoofstuk X bespreek en is dit duidelik dat dit nog funksioneel is, alhoewel daar n klemverskuiwing in die behandeling na die samelewing is waarin die individu funksioneer. Daar word ook aandag aan teenkanting teen die konsep van "Community Psychiatry" gegee. Laastens word die toekoms van die terapeutiese omgewingsbenadering in Hospitaal X in oënskou geneem.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 1974, Psychiatric hospital care, Psychiatric hospitals
Citation