'n Ondersoek na die verband tussen persoonlikheidstipe en eetversteurings by vrouens

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001-11
Authors
Van Dyk, Bea
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The relationship between personality type and eating disorders among women was investigated in this study. Many researchers regard personality as a risk factor in the development of eating disorders. The negative impact eating disorders have on the individual and society in general gives enough support for the need to develop more effective preventative measures. Any research that aims to contribute to the field of prevention, is therefore of utmost importance. Research mainly focuses on the relationship between pathological personality traits and eating disorders, which leaves a great need for research in the field of non-clinical personality traits and its relation to the eating disorders. This study partly aims to address this need. The Revised NEO Personality Inventory was used to study the relationship between eating disorders and non-clinical personality traits in women. Altogether 59 subjects willingly participated in this study, of which 15 subjects have anorexia nervosa, 12 subjects obesity and 15 subjects have no eating disorder. Due to the sensitive nature of this subject and participants' unwillingness to take part in a study of this nature, it was very difficult to draw bigger samples for this study. The most important findings of the study were as follow: • Except for higher scores on the Neuroticism scale (N), there was no significant difference in the personality profiles between the anorexia nervosa group and the group without eating disorders. These results suggest that the anorexia nervosa subjects have marked higher levels of neuroticism than those with no eating disorder. In comparison with people without an eating disorder, people with anorexia nervosa are more sensitive, emotional and tend to experience disturbing or negative emotions. Even though this scale does not measure unhealthy neuroticism, high levels of neuroticism could present vulnerability for the development of an eating disorder. • The scores which the obese group obtained on the E (extroversion), A (agreeableness) and 0 (openness) scales, differed significantly from the group with no eating disorders and also differed significantly on the A and 0 scales from the anorexia group. They repeatedly scored lower average values than the group with no eating disorders. Their personality profile seems to be more restricted (introverted, withdrawn, reserved, hardheaded, skeptic) than the group with no eating disorders. • These results seem to correlate in some way with findings reported in the literature, but due to the methodological limitations of this study, these results cannot be generalized and further research is necessary in order to validate and broaden these findings.
Afrikaans: Die verband tussen persoonlikheidstipe en eetversteurings by vroue is in hierdie studie ondersoek. Persoonlikheid word deur verskeie navorsers as 'n risikofaktor vir die ontwikkeling van eetversteurings beskou. Die negatiewe impak wat eetversteurings op die individu en die samelewing het, bied genoeg ondersteuning vir die noodsaaklikheid vir die ontwikkeling van meer effektiewe voorkomingspraktyke. Daarom is enige navorsing wat 'n bydrae op die gebied van voorkoming maak van onskatbare belang. Navorsing fokus meer dikwels op die verband tussen persoonlikheidspatologie (versteurings) en eetversteurings en daar blyk 'n behoefte aan navorsing oor die verband tussen nie-kliniese persoonlikheidstrekke en eetversteurings te wees. Die studie is gemik om in deels hierdie behoete aan te spreek. Die hersiene NEO-persoonlikheidsvraelys is gebruik om die verband tussen nie-kliniese persoonlikheidstrekke en eetversteurings by vrouens te ondersoek. Altesaam 59 proefpersone het vrywilliglik aan hierdie studie deelgeneem, waarvan 15 persone anorexia nervosa het, 12 persone obesiteit en 15 persone met geen eetversteuring. Weens die sensitiewe aard van die onderwerp en persone se huiwering om aan so 'n studie deel te neem, was dit moeilik om groter steekproewe te bekom. Die vernaamste bevindinge van hierdie studie is soos volg: • Behalwe vir hoër tellings op skaal N (neurotisisme) het die persoonlikheids-profiele van die groep met anorexia nie beduidend van die groep met geen eetversteurings verskil nie. Hierdie resultate suggereer dat persone met anorexia nervosa 'n merkbare hoër mate van neurotisisme openbaar. As persone met geen eetversteurings. In vergelyking met persone sonder 'n eetversteuring is persone met anorexia nervosa dus meer sensitief en emosioneel en is geneig om ontstellende of negatiewe emosies te vervaar. Alhoewel hierdie skaal nie 'n maatstaf van ongesonde neurotisisme is nie, kan hoë vlakke van neurotisisme op 'n kwesbaarheid vir die ontwikkeling van 'n eetversteuring dui. • Die obese groep het op faktore E (ekstroversie), A (welgevalligheid) en 0 (openheid vir ervaringe) beduidend van die groep met geen eetversteuring verskil en het op skaal A en 0 ook beduidend van die anorexia nervosa-groep verskil. Hulle het telkemale laer gemiddelde tellings as die groep met geen eetversteuring op hierdie skale verkry. Hul persoonlikheidsprofiel blyk dus baie meer ingeperk (teruggetrokke, gereserveerd, verkies die bekende bo die nuwe, hardkoppig, skepties) as die persoonlikheidsprofiel van persone met geen eetversteurings. • Hierdie resultate stem in 'n mate ooreen met wat al in die literatuur gevind is, maar weens die metodologiese beperkinge van hierdie studie is dit moeilik om veralgemenings te maak en is verdere navorsing wenslik om hierdie bevindinge te bevestig en daarop uit te brei.
Description
Keywords
Eating disorders, Obesity -- Psychological aspects, Women -- Mental health, Dissertation (M.Soc.Sc. (Clinical Psychology))--University of the Free State, 2001
Citation