Gebaretaaltolkopleiding in Suid-Afrika - 'n inleidende studie

Loading...
Thumbnail Image
Date
1997-12
Authors
Ceronio, Ronelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: As gevolg van verskeie faktore, bestaan daar tans 'n dringende behoefte aan Gebaretaaltolke in Suid-Afrika. Indien sodanige tolkdienste wel bestaan, is die tolke grootliks onopgelei en word kwaliteittolkwerk nie gelewer nie. Die LANGTAG-verslag dui hierdie behoefte aan wydverspreide Gebaretaaldienste aan en in die 1996-Grondwet word bepaal dat daar, onder die vleuels van PANSAT, geleenthede geskep moet word vir die ontwikkeling van Gebaretaal. Gedurende die afgelope paar jaar, sedert die Suid-Afrikaanse Dowe gemeenskap hegter funksioneer, vind daar ook groter bedinging vir die regte en spesifiek taalregte van Dowes plaas. DEAFSA speel hierin 'n belangrike rol. Weens hierdie behoefte aan bevoegde Gebaretaaltolke, aanbevelings deur LANGTAG en die grondwetlike bepalings rakende Gebaretaal en taalregte oor die algemeen, bestaan daar 'n dringende behoefte aan opleidingsgeleenthede vir Gebaretaaltolke. Kennis rakende die tolkproses, tolkstrategieë, die betrokke tale, etiese kwessies en vele ander aspekte van die tolkproses is noodsaaklik ten einde kwaliteittolkwerk te verseker. In Julie en Oktober 1997 is 'n Gebaretaaltolkopleidingsoriënteringskursus, in samewerking met DEAFSA, deur die Universiteit van die Oranje-Vrystaat aangebied. Hierdie kursus was die eerste van sy soort in Suid-Afrika, het vier weke geduur en was gefokus op skakeltolkopleiding aan 'n twintigtal tolke van verskeie provinsies wat reeds ervaring van tolkwerk gehad het. Meer omvattende opleiding is egter noodsaaklik ten einde uiteindelik te verseker dat Gebaretaaltolkdienste meer geredelik beskikbaar word vir die Dowe gemeenskap. Hierdie studie verskaf, na die bestudering van verskeie ander Gebaretaaltolkopleidingsprogramme, 'n basiese model vir omvattende Gebaretaaltolkopleiding in 'n Suid-Afrikaanse konteks.
Description
Keywords
Deaf -- Means of communication, Sign language, Interpreters for the deaf -- Study and teaching (Higher) -- South Africa -- Bloemfontein, Dissertation (M.A. (General Linguistics)) - University of the Free State, 1997
Citation