Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899 - 1902

Loading...
Thumbnail Image
Date
1975
Authors
Oosthuizen, S. P. R.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die lewe en behandeling van die Boerekrygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog behoort tot 'n haas onbekende hoofstuk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar bestaan wel enkele publikasies in die vorm van dagboeke, herinneringe of artikels deur oud-krygsgevangenes, maar die werklike kennis oor die vele fasette van hul behandeling en bedrywighede, bly steeds aan die vergetelheid toevertrou. Dit verskaf egter stof tot dankbaarheid dat hierdie skrywers tog die verhaal van hul krygsgevangenskap neergeskryf het en hierdeur lesers 'n vlugtige blik in die kamplewe gegee het. Die probleem met al die gepubliseerde werke is uiteraard dat elkeen slegs die ervarings van 'n enkele persoon in één van die vele kampe beskryf en om hierdie rede nooit 'n verteenwoordigende beeld van die lewe en bedrywighede, die wel en wee van die krygsgevangenes as 'n groep gedurende hul gevangenskap verskaf nie. Skrywer van hierdie proefskrif het gevolglik hom dit ten doel gestel om uit die beskikbare bronne soveel as moontlik 'n algemene beeld van die behandeling en lewe van die Boerekrygsgevangenes saam te stel. Dit skep uiteraard groot probleme, aangesien die optrede teenoor krygsgevangenes van offisier tot offisier, of van kamp tot kamp verskil het. Krygsgevangenes het ook uiteenlopend op dieselfde behandeling gereageer. Plaaslike omstandighede, toestande te velde, probleme met transport, beskikbaarheid van lewensmiddele, standpunte en beskouinge van individuele Britse offisiere het alles invloed op die behandeling van gevangenes uitgeoefen. Gebeure in die onderskeie kampe sou die optrede teenoor al die gevangenes dus nie noodwendig ten goede of ten nadele tref nie. Oor die algemeen was daar egter 'n groot ooreenkoms in die behandeling van optrede in die verskillende kampe en was dieselfde reëls en regulasies op almal van toepassing. In die lig hiervan is in hierdie studie getrag om die verskillende fasette van die lewe van die krygsgevangenes in hul nuutgevormde samelewingsverband te ontleed en die invloed van die inwerkinge van 'n verskeidenheid faktore in hul lewens te bepaal.
Description
Keywords
Thesis (D Phil. (History))--University of the Free State, 1975, South African War, 1899-1902, Prisoners of war -- South Africa
Citation