The development and evaluation of a psychological wellness programme for adults

Loading...
Thumbnail Image
Date
2007-11
Authors
Veitch, Herman G.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of this study was the development and evaluation of an intervention programme aimed at promoting the psychological well-being of a group of adults. This research was motivated by the lack of scientifically evaluated intervention programmes focusing on the development of well-being of adults. There are intervention programmes that focus on well-being, but few of their findings can be verified and most of them had a one-dimensional focus on health and wellness and they focused more on early childhood development, adolescence, and the elderly (Ryff & Singer, 1998a, 2000). Very few studies like those of Els and De la Rey (2006) that focus on multi-dimensional psychological well-being were found in the South African context. This highlights the need for a scientifically verifiable intervention that develops the psychological well-being of adults in South Africa. An experimental pre-test/post-test design was used to conduct the study. An experimental group of 28 participants and a control group of 25 participants were involved in the process. Participants were recruited from large employers such as Eskom and the South African Police Service, local businesses and from church congregations in the Bloemfontein district. Initially an availability sample of 60 adults between the ages of 18 and 70 was involved in the programme. Unfortunately it was not possible in practice to keep this large group because many participants in both the experimental and control groups discontinued their participation before the end of the intervention. Data was gathered about the psychological well-being of both the experimental groups and the control groups through the use of the Multi-dimensional Wellbeing Scale (Ryff & Keyes, 1995). Before the start of the intervention, both groups (experimental and control) did a pre-test. The experimental group then completed a 12 week intervention designed to enhance their psychological wellbeing. The intervention programme was designed to cover the six dimensions of well-being (purpose in life, self acceptance, positive relations, environmental mastery, personal growth and autonomy) identified by Ryff (1989). After the 12 weeks, both the experimental and the control group completed the Multidimensional Well-being Scale for the purpose of evaluating any changes effected by the intervention programme. Six month after the pre-test a second post-test was filled in by both the experimental and the control group to measure the longer term effect of the intervention. Data gathered showed the average differential score (from the pre- to the posttest as well as from the pre- to the follow-up test) was significantly higher for the experimental group than for the control group in five of the six subscales, namely purpose in life, self acceptance, positive relations, environmental mastery and autonomy. The deduction can therefore be made that the five subscales of the experimental group were maintained and did not decrease significantly over the period of three months following the first post-test. It can therefore be assumed that the intervention has had a short- and medium- term impact on the psychological well-being (specifically the five scales: purpose in life, self acceptance, positive relations, environmental mastery and autonomy) of the participants. It is interesting that no significant difference was found in the preand post-test scores of the dimension, personal growth. This finding can be explored in further research.
Afrikaans: Die doel van die studie was die ontwikkeling en evaluering van ‘n intervensieprogram gemik op die ontwikkeling van ‘n groep volwassenes se psigologiese welstand. Hierdie navorsing is gemotiveer vanuit die gebrek aan wetenskaplik verifieerbare intervensieprogramme wat fokus op die ontwikkeling van psigologiese welstand by volwassenes. Daar is wel intervensieprogramme wat fokus op welstandontwikkeling, maar min van die programme se bevindinge kan geverifieer word en meeste van die programme fokus op een dimensie van gesondheid of welstand. Meeste fokus ook op vroeë kinderontwikkeling, adolessente of bejaardes. (Ryff & Singer, 1998a, 2000). Min studies soos die van Els en De la Rey (2006) wat fokus op multidimensionele psigologiese welstand is in die Suid-Afrikaanse konteks gevind. Dit benadruk die behoefte aan ‘n wetenskaplik verifieerbare intervensie wat die psigologiese welstand van volwassenes in Suid-Afrika bevorder. ‘n Eksperimentele voortoets/na-toets-ontwerp is gebruik om hierdie studie te doen. ‘n Eksperimentele groep van 28 deelnemers en ‘n kontrolegroep van 25 deelnemers was betrokke by die proses. Deelnemers is gewerf van groot werkgewers soos Eskom en die Suid-Afrikaanse Polisiediens, plaaslike besighede en gemeentes in die Bloemfontein-distrik. Aanvanklik was ‘n beskikbaarheidsgroep van 60 volwassenes tussen die ouderdom van 18 en 70 jaar betrokke by die programme. Ongelukkig was dit in die praktyk nie moontlik om hierdie groot groep in stand te hou nie, want van die deelnemers in beide die eksperimentele en kontrolegroep het hulle deelname beëindig voor die einde van die intervensie. Inligting oor die psigologiese welstand van beide die eksperimentele groep as die kontrolegroep is bekom deur die Multidimensionele Welstandskaal (Ryff & Keyes, 1995) te gebruik. Voor die intervensie het beide groepe (eksperimenteel en kontrole) ‘n voortoets gedoen. Die eksperimentele groep het toe ‘n 12 weekintervensieprogram voltooi. Die intervensieprogram is ontwerp om die psigologiese welstand van deelnemers te bevorder. Die intervensieprogram het gehandel oor die onwikkeling van die ses dimensies van welstand (Doel in die lewe, selfaanvaarding, positiewe verhoudings, bemeestering van omgewing, persoonlike groei en autonomie) soos deur Ryff (1989) geïdentifiseer. Na die 12 weke het beide die eksperimentele en kontrolegroepe die Multidimensionele Welstandskaal voltooi om die effek van die intervensieprogram te meet. Ses maande na die voortoets is ‘n tweede na-toets as opvolgtoets deur beide groepe afgeneem om die effek van die intervensie op die langer termyn te meet. Die inligting wat bekom is wys dat dit duidelik is dat die gemiddelde verskiltelling (van die voortoets na die na-toets sowel as van die voortoets na die opvolgtoets) beduidend hoër was vir die eksperimentele groep as vir die kontrole groep vir vyf van die ses subskale, naamlik Doel in die lewe, selfaanvaarding, positiewe verhoudings, bemeestering van omgewing en outonomie. Die afleiding kan dus gemaak word dat die welstandsvlak van die vyf subskale van die eksperimentele groep gehandhaaf is en nie beduidend gesak het oor ‘n tydperk van drie maande nie. Dit kan dus aanvaar word dat die intervensie ‘n kort- en mediumtermyn impak het op die psigologiese welstand (spesifiek dan die vyf skale: Doel in die lewe, selfaanvaarding, positiewe verhoudings, bemeestering van omgewing en outonomie) op die deelnemers. Wat wel interessant is, is dat daar geen beduidende verskil in die subskaal persoonlike groei was nie. Hierdie bevindinge kan verder ondersoek word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Psychology))--University of the Free State, 2007, Self-esteem, Self-realization, Well-being, Quality of life, Adults, Intervention programmes, Multidimensional Well-being Scales, Psychological well-being
Citation