Die rol van Carl Borckenhagen, redakteur van De Express, in die Oranje-Vrystaat, 1877-1888

Loading...
Thumbnail Image
Date
1985-12
Authors
Strauss, Anna Catharina Petronella
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Carl Brockenhagen was 'n koerantredakteur en Afrikanerleier met groot invloed in die Vrystaatse Republiek gedurende die tweede helfte van die Brand-era. Hy het die sukkelende Express uitgebou tot een van die mees suksesvolle Hollandse koerante in Suid-Afrika en 'n invloedryke mondstuk vir die republikeine. Hoewel in Duitsland gebore, het hy homself volkome met die Vrystaters en die Afrikanersaak vereenselwig. 'n Republiek waarin die hoogste gesag by die volk berus het, was vir hom die ideale staatsvorm en hy het sy lewe gewy aan die verstewiging en uitbouing van republikanisme. Toe hy in 1877 redakteur van De Express geword het, was die Oranje-Vrystaat die enigste onafhanklike republiek in Suid-Afrika. Deur middel van sy koerant, persoonlike invloed en die Afrikanerbond het hy dieVrystaters aangespoor en bemoedig om vas te hou aan die ideaal van republikeinse onafhanklikheid. Hy het hulle ontwakende gevoel van nasionalisme gekoester en gevoed en as praktiese mens het hy daarop aangedring om dit nie by gevoelens en woorde te laat bly nie, maar om tot dade oor te gaan. Die Republiek moes deur suiwer en gesonde administrasie opgebou word tot 'n welvarende, selfstandige staat. Die bevordering van nasionaalgerigte onderwys en boerdery, wat die land se enigste bron van inkomste was, moes voorkeur geniet. Aangesien die Republiek ekonomies gwurg het aan die kuskolonies se knellende invoerreg het Borckenhagen voortdurend gestry vir die oorbetaling van 'n deel van die invoerreg aan die Vrystaat sodat noodsaaklike projekte soos spoorweë aangepak kon word wat vooruitgang sou verseker. Hoewel hy die Volksraad knaend aangemoedig het om vooruitstrewende stappe te neem, het hy 'n wakende oog oor die Republiek se finansies gehou. Carl Borckenhagen was 'n man met visie. Hy het 'n onafhanklike, verenigde Suid-Afrikaanse republiek in die vooruitsig gestel, maar het besef dat dit 'n moeisame taak sou wees om alle Suid-Afrikaners te laat saamwerk en saamstreef om so 'n ideaal te bereik. Daar was nog te veel Britsgesindes aan die eenkant en te min inisiatief en vaderlandsliefde by die Afrikaners aan die anderkant. Verder het Britse imperialisme 'n faktor geword waarmee toenemend rekening gehou moes word. Aangesien 'n verenigde Suid-Afrika 'n droom vir die verre toekoms was, het hy al sy aandag aan die vereniging van die twee onafhanklike republieke gewy en alles wat in die pad daarvan gestaan het, beveg. Terwyl die besieling van die Vrystaters om hul republikeinse onafhanklikheid te bewaar sy eerste taak was, was die tweede stap om die Transvalers te bemoedig en te steun. Hy het besef dat samewerking tussen die twee onafhanklike republieke noodsaaklik was om republikeanisme te beveilig. Sy strewes was in direkte teenstelling met dié van pres. J. H. Brand wat ekonomiese samewerking met die Britse kolonies en die Britse ryk nagestreef het - 'n samewerking wat die grondslag kon lê van 'n verenigde Suid-Afrika. Die kloof tussen hierdie twee invloedryke persone het algaande groter geword. Die meerderheid Vrystaters het egter soos Brockenhagen gedink en die President het steeds meer vervreemd geraak van sy volk. Die agting wat hulle, Borckenhagen ingesluit, vir sy persoon gehad het, het daartoe bygedra dat sy wense dikwels uitgevoer is. Wat politieke beleid betref, kon pers. Brand die Volksraad as gevolg van sy persoonlikheid, diplomasie en oorredingsvermoë en veral die dreigement om te bedank oorhaal om sy leiding te volg. Wat praktiese regering betref, het hy en die Volksraad in baie gevalle ag geslaan op die goeie raad van Borckenhagen en het laasgenoemde se voorstelle neerslag in wetgewing gevind. As opvolger van Brand het die volk 'n man gekies wat hulle ideale en sieninge gedeel het, 'n man wat ook sterk deur Borckenhagen by hulle aanbeveel is, naamlik F. W. Reitz.
Description
Keywords
Borckenhagen, Carl, De Express, Dissertation (M.A. (History)) - University of the Free State, 1985
Citation