Language planning in South Africa: towards a language management approach

Loading...
Thumbnail Image
Date
2004-11
Authors
Mwaniki, Modest Munene
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The study investigates the reasons for the non- implementation of multilingual policies and plans with special reference to South Africa’s language policy and planning implementation scenario. The study identifies four categories of explanations for the non-implementation of multilingual policies and plans in South Africa, namely political; economic; sociolinguistic; and theoretic explanations. Of particular interest is the adequacy of these explanations in explaining the non- implementation of multilingual policies and plans in South Africa. Chapter 1 introduces the study, discounts political, economic and sociolinguistic explanations as inadequate in explaining the non- implementation of multilingual policies and plans in South Africa and establishes the theoretic category as the core category to explain the non- implementation of multilingual policies and plans in South Africa. The chapter provides a preliminary review of language planning literature that explores the inadequacy of language planning theory in providing approaches that can be used to facilitate multilingual policy and planning implementation as well as statement of the research problem and questions, the aim and objectives of the study, overview of research methodology and outline of the thesis. Chapter 2 provides the background to the study. The chapter discusses the macro framework for language policy and language planning in South Africa as provided by the Constitution. The chapter elaborates on South Africa’s constitutional language developments as from the early 1990s and the socio-political and historical contexts that led to the evolution of the 1993 Interim Constitution and the 1996 Constitution. The chapter elaborates on the theoretical, ideological and discourse foundations of both the 1993 Interim Constitution and the 1996 Constitution and points out that the multilingual dispensation envisioned by the 1996 Constitution is in tandem with the project of transformative constitutionalism and advanced cultural politics espoused by the Constitution. The chapter concludes by pointing out that the obligations imposed by the Constitution with respect to language in South Africa must be fulfilled. Its attendant upon language planning actors in South Africa to formulate approaches that can be used to facilitate multilingual policy and planning implementation based on plausible theoretical premises. Chapter 3 discusses the research methodology. The research method used in the study is Grounded Theory Method. The chapter elaborates on the appropriateness of Grounded Theory Method as a method for the development of approaches from qualitative data and how the method was applied to the three elements of the study, namely, literature review; the development of an alternative approach to multilingual policy and planning implementation; and the case study. Chapter 4 reviews literature on language planning theory and models using Eastman (1983) framework. The review establishes the weaknesses of language planning theory and models. These weaknesses account for the inadequacy of language planning theory and models to provide approaches that can be used for multilingual policy and planning implementation. The chapter concludes by discussing how the inadequacies of language planning theory and models have contributed to the non- implementation of South Africa’s multilingual policy and plan. Chapter 5 develops an alternative approach to multilingual policy and planning implementation. The study names the approach “The Language Management Approach”. The approach specifies the theoretical basis for the new approach; the purpose; impediments; the variables; and the methodologies and strategies for multilingual policy and planning implementation. Chapter 6 presents a case study which was used to develop some aspects of the new approach as well as test the new approach. The case study demonstrates that the new approach facilitates multilingual policy and planning implementation. Chapter 7 outlines the conclusions and recommendations. The study contributes towards the resolution of the theoretic and practical dilemmas facing multilingual policy and planning implementation in South Africa and elsewhere.
Afrikaans: Die studie ondersoek die redes vir die nie-implementering van veeltalige beleide en planne, met spesifieke verwysing na Suid-Afrika se taalbeleids- en -beplanningsimplementeringscenario. Dit studie identifiseer vier kategorieë van verklarings vir die nie-implementering van veeltalige beleide en planne in Suid-Afrika, naamlik politiese, ekonomiese, sosiolinguistiese en teoretiese verklarings. Die ontoereikendheid van hierdie verklarings om die nie- implementering van veeltalige beleide en planne in Suid-Afrika te verklaar, word spesifiele geaksentueer. Hoofstuk 1 bied ’n inleiding tot die studie en toon aan dat politieke, ekonomiese en sosiolinguistiese verklarings nie voldoende is om die nie-implementering van veeltalige beleide en planne in Suid-Afrika te verduidelik nie en vestig sodoende die teoretiese kategorie as die kernkategorie ter verduideliking van die nie-implementering van veeltalige beleide en planne in Suid-Afrika. Die hoofstuk bied ’n inleidende oorsig van die taalbeplanningsliteratuur wat die ontoereikendheid van taalbeplanningsteorie by die verskaffing van benaderings wat gebruik kan word om veeltalige beleids- en beplanningsimplementering te fasiliteer, ondersoek. Voorts word die navorsingsprobleem en -vrae, die doelstelling en doelwitte van die studie, ’n oorsig van die navorsingsmetodologie en die breë trekke van die proefskrif ook gestel. Hoofstuk 2 verskaf die agtergrond tot die studie. Die hoofstuk bespreek die makroraamwerk vir taalbeleid en -beplanning in Suid-Afrika, soos daarvoor voorsiening gemaak word deur die Grondwet. Die hoofstuk brei uit oor Suid-Afrika se grondwetlike taalontwikkelings vanaf die vroeë 1990’s en die sosiopolitieke en historiese kontekste wat tot die evolusie van die 1993-Interimgrondwet en die 1996-Grondwet gelei het. Die hoofstuk wei in besonderhede uit oor die teoretiese, ideologiese en gespreksgrondslae van beide die 1993-Interimgrondwet en die 1996-Grondwet en toon aan dat die veeltalige bedeling, soos in die vooruitsig gestel deur die 1996-Grondwet, in tandem loop met die projek van transformatiewe grondwetlikheid en gevorderde kulturele politiek, soos voorgestaan deur die Grondwet. Die hoofstuk sluit af deur uit te wys dat die verpligtinge wat deur die grondwet opgelê word betreffende taal in Suid-Afrika, nagekom moet word. Dit berus by taalbeplanningsakteurs in Suid-Afrika om benaderings te formuleer wat gebruik kan word om die veeltalige beleids- en beplanningsimplementering, gebaseer op aanneemlike teoretiese uitgangspunte, te fasiliteer. Hoofstuk 3 bespreek die navorsingsmetodologie. Die navorsingsmetode wat in hierdie studie gebruik word, is die Gegronde Teorie-metode. Die hoofstuk brei uit oor die toepaslikheid van die Gegronde Teorie-metode as ’n metode vir die ontwikkeling van benaderings tot kwalitatiewe data en hoe die metode op die drie elemente van die studie, naamlik die literatuuroorsig, die ontwikkeling van ’n alternatiewe benadering tot veeltalige beleids- en beplanningsimplementering en die gevallestudie toegepas word. Hoofstuk 4 bied ’n oorsig van die literatuur oor taalbeplanningsteorie en -modelle deur gebruik te maak van Eastman (1983) se raamwerk. Die oorsig stel die tekortkominge van die taalbeplanningsteorie en -modelle vas. Hierdie tekortkominge verklaar die ontoereikendheid van taalbeplanningsteorie en -modelle om benaderings te verskaf wat gebruik kan word vir veeltalige beleids- en beplanningsimplementering. Die hoofstuk sluit af deur te bespreek hoe die gebreke van taalbeplanningsteorie en -modelle bygedra het tot die nie-implementering van Suid-Afrtika se veeltalige beleid en plan. Hoofstuk 5 ontwikkel ’n alternatiewe benadering tot veeltalige beleids- en beplanningsimplementering en noem dit “Die Taalbestuursbenadering”. Die benadering spesifiseer die teoretiese basis vir die nuwe benadering, die doel, struikelblokke, die veranderlikes en die metodologieë en strategieë vir veeltalige beleids- en beplanningsimplementering. Hoofstuk 6 bied ’n gevallestudie aan wat gebruik is om sommige aspekte van die nuwe benadering te ontwikkel asook om die nuwe benadering te toets. Die gevallestudie het gedemonstreer dat die nuwe benadering die veeltalige beleids- en beplanningsimplementering fasiliteer. Hoofstuk 7 bevat die gevolgtrekkings en aanbevelings van die proefskrif. Die studie dra by tot die oplossing van die teoretiese en praktiese dilemmas wat veeltalige beleids- en beplanningsimplementering in Suid-Afrika en elders in die gesig staar.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Linguistics))--University of the Free State, 2004, Language planning -- South Africa, Language policy -- South Africa, Multilingualism -- South Africa, Language planning models, Language policy and planning implementation, Language management, Advanced cultural politics, Transformative constitutionalism, Grounded theory method, Variables, Methodologies and strategies, Language planning theory, Language policy, Language policy and planning implementation
Citation