A sociolinguistic and socio-educational evaluation of the effectiveness of Bilingual and Biliterate Education for lower primary deaf learners in the Khomas region of Namibia

Loading...
Thumbnail Image
Date
2013-06
Authors
Bruwer, Beausetha Juhetha
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Sign Language-based Bilingual Education is a known Bilingual-Bicultural model that offers the best chance for a deaf learner to achieve academic success. Even though the Ministry of Education in Namibia also claims to have adopted this approach to teaching deaf learners, the education system still remains unable to produce deaf learners who can exit school with a valid grade twelve certificate. The study constitutes a programme evaluation design in which a sociolinguistic and socio-educational evaluation of the effectiveness of Bilingual and Biliterate Education was done. A logic model tool for evaluation was used systematically to formulate a design for this evaluation. By drawing up a logic model, the main objectives of the Bilingual-Bicultural programme, together with the overall impact the success of the programme can have, was highlighted. The main intention of the study was to assist schools for deaf learners to enhance the literacy levels of learners in both Namibian Sign Language and English. Literacy in Namibian Sign Language and English can then serve as basis to achieve academic success. The study was aimed at lower primary deaf learners in the Khomas region of Namibia. The principal of NISE School for Hearing Impaired learners, the head of department, lower primary teachers and learners formed part of the research population. The education officer and school inspector responsible for the school were also included in the research population. Qualitative research was done, and data were collected from documents, different interviews and class observations. An inductive data analysis approach was used to make sense of the information that was collected. Based on the logic model tool that was created to do the evaluation, it was found that the ground work for the Bilingual-Biliterate programme had been done, as the necessary documents to support the programme were in place. What the programme lacks most seems to be support provided to parents of deaf learners and the involvement of the parents in the educational programmes of the school. There is also a great need for assessment criteria and tools to be created in order to justly assess the deaf learners. Other grey areas that may hinder the success, or the full impact, that the programme can have, are that staff members still need to develop their Namibian Sign Language skills and knowledge of Deaf Education. A fully trained staff in Namibian Sign Language and Deaf Education will determine the existence of a Sign Bilingual environment at the school; the exisistence of a Sign Bilingual environonment was another grey area of the programme. Adequate teaching materials also need to be developed, to be readily available for instruction within the programme. According to the logic model, planned work for teacher training, creating a Sign Bilingual environment and creating teaching materials were already done. Remaining now only is that the goals of these objectives have to be reached. If the full impact of the programme is reached, it is envisaged that deaf learners could more easily obtain a Grade 12 certificate.
Afrikaans: Gebaretaal – gebaseer op tweetalige onderrig – is ‘n alombekende Tweetalig-Bikulturele model wat aan ‘n dowe leerder die beste geleentheid bied om sukses op akademiese gebied te behaal. Alhoewel die Ministerie van Onderwys in Namibië daarop aanspraak maak dat hierdie benadering in die onderrig van dowe leerders aanvaar is, kon die onderwysstelsel tot dusver geen dowe leerder met ‘n Graad 12-sertifikaat laat slaag het nie. Hierdie studie beoog om ‘n programevalueringsontwerp daar te stel waarin ‘n sosiolinguistiese en sosio-opvoedkundige evaluering van die effektiwiteit van tweetalig-geletterde onderrig gedoen is. ‘n Logiese modelinstrument vir evaluering is gebruik om stelselmatig ‘n plan te beding om die evaluering te doen. Deur ‘n logiese model op te stel, is die hoofdoelstellings van die Tweetalig-Bikulturele program beklemtoon, asook die algehele uitwerking wat die sukses van die program kan hê. Die hoofdoel van die studie was om skole vir dowes by te staan om sodoende die geletterdheidsvlak van leerders in beide Engels en Namibiese Gebaretaal te verhoog. Geletterdheid in Namibiese Gebaretaal en Engels kan dan as basis dien om akademiese sukses te bereik. Die studie was gemik op junior primêre leerders wat doof is in die Khomasstreek van Namibië. Die hoof van NISE School for Hearing Impaired Learners, die departementshoof, die junior primêre onderwysers en leerders vorm deel van die navorsingspopulasie. Die skoolinspekteur en onderwys beampte onder wie se beheer die skool is, is ook ingesluit in die navorsingspopulasie. Kwalitatiewe navorsing is gedoen en data is versamel van dokumente, onderhoude en klaskamerobservasie. ‘n Induktiewe benadering is gevolg om data te analiseer. Gebaseer op die instrument wat volgens die logiese model ontwerp is om die evaluering te doen, is daar gevind dat die grondslag vir tweetalig-bigeletterde onderrig gelê is en dat die nodige dokumente wat die program rugsteun in plek is. Wat grotendeels in die program ontbreek, is die ondersteuning wat aan die ouers van dowe leerders gegee behoort te word en die betrokkenheid van die ouers in die opvoedkundige progamme van die skool. Daar is ook ‘n groot nood vir die ontwikkeling van assesseringskriteria en instrumente wat gebruik kan word om dowe leerders regverdig te assesseer. ‘n Ander grys area wat die volle sukses van die program verhinder, is die gebrek van personeellede se vaardigheid in gebaretaal. Hulle sal dus eers hulle vaardigheid in die gebruik van gebaretaal asook hulle kennis van en insig in die onderrig van dowes moet verbeter, voordat die program in sy volle impak geïmplementeer kan word. Dit sal die bestaan van ‘n gebare-tweetalige leeromgewing in die skool bepaal – wat ook ‘n grys area in die program was. Voldoende onderrigmateriaal en hulpmiddels moet ook ontwikkel word en moet geredelik beskikbaar wees om in die program te gebruik. Volgens die logiese model is die beplanning van onderwysopleiding om ‘n gebare-tweetalige leeromgewing te skep en om toepaslike onderrigmateriaal te skep, alreeds gedoen. Dit is nou slegs nodig om die doelwitte van hierdie doelstelling te bereik. Wanneer die volle impak van die program kan geld, is die hoop dat dowe leerders makliker hul Graad 12-sertifikaat sal kan verwerf.
Description
Keywords
Biliteracy, CCDS, CLaSH, Deaf, Effectiveness, ICEIDA, Instruction, NIED, NISE, NNAD, NSL, SASL, Academic achievement, Dissertation (M.A. (Linguistics and Language Practice))--University of the Free State, 2013, Education, Bilinugual -- Study and teaching (Primary) -- Namibia, Deaf -- Education -- Namibia
Citation