'n Ondersoek na entrepreneurseienskappe onder sekondêre skoolleerlinge

Loading...
Thumbnail Image
Date
1995
Authors
Maré, Wilhelmina Phillipina Catharina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 'n Kernvraag wat swaar op die hart van elke Suid-Mrikaanse skoolleerling rus, is hoe hy/haar hom-/haarself loopbaangewys kan voorberei in 'n land waar kwynende werkgeleenthede, sosiale en politieke onrus en 'n verswakkende ekonomie aan die orde van die dag is. Aansluitend hierby ondervind Suid-Mrika 'n enorme onderwyskrisis wat 'n bleek kleur aan die toekoms van die land verleen. Talle skrywers, sprekers en navorsers bepleit entrepreneurskapsontwikkeling as oplossing vir Suid-Mrika se probleme. Die problematiek van 'n gebrekkige, konformistiese onderwysstelsel en die opgradering en ontwikkeling van skoolleerlinge om met die behoeftes van 'n veranderende industriele gemeenskap tred te hou, moet as aanvanklike stimulus vir hierdie studie gesien word. Entrepreneurs vorm 'n dominante deel van die Suider-Mrikaanse sakegemeenskap. Die behoefte aan voorbereiding en ontwikkeling van skoolleerlinge as potensiele werkskeppers en bekwame en kundige werknemers word voortdurend deur die sakesektor beklemtoon. By implikasie beteken dit 'n totale herevaluering van die bestaande onderwysstelsel. Huidige en potensiele entrepreneurs op skoolvlak sal slegs suksesvol geldentifiseer en ontwikkel kan word indien 'n doeltreffende entrepreneursontwikkelingsmodel en -programme voorberei word om 'n optimale bydrae tot die uitbouing van die vryemarkekonomie te !ewer. Gegewe die belangrike posisie van entrepreneurs in die vryemarkekonomie, asook die uniekheid van die entrepreneursverskynsel, is entrepreneursontwikkeling op skoolvlak dus 'n prioriteitsaangeleentheid. In die Jig van hierdie kritieke aangeleentheid is 'n studie onderneem na die voorkoms van entrepreneurseienskappe, indien enige, onder sekondere skoolleerlinge. Ten einde voile stukrag hieraan te verleen, is 'n literatuurstudie, bestaande uit vier teoretiese hoofstukke, onderneem: Hoofstuk 2 handel oar "Entrepreneurskap in perspektief'. 'n Definisie van die begrip "entrepreneur", 'n beskrywing van die identiteit van die ware entrepreneur, asook 'n ontleding van die verskillende tipes entrepreneurs word aangebied. Voorts word die impak van verskeie makro-omgewingsveranderlikes op die entrepreneursverskynsel onder die soeklig geplaas. Algemene mites wat dikwels 'n wanbeeld van entrepreneurskap projekteer, word in hoofstuk 3 beskryf. Die entrepreneurspersoonlikheid en die vemaamste vaardighede waaraan skoolverlaters tekortskiet, word as integrale deel van entrepreneursontwikkeling benader. In hoofstuk 4 word die ontwikkeling van entrepreneurskap op skoolvlak ontleed. Spesifieke aandag word geskenk aan die ontwikkeling van 'n eg Suid-Afrikaanse entrepreneurskapsontwikkelingsmodel en -programme. Hierdie ho~fstuk lei tot 'n bevestiging van die behoefte aan entrepreneursontwikkeling op skoolvhik. Die bevordering van entrepreneurskap en sakevemuf onder die jeug word m hoofstuk 5 bespreek. Aandag word aan fundamentele probleme en moontlike aanpassings in die onderwysstelsel ter bevordering van entrepreneurskap geskenk. Die waarde van entrepreneurskapsopvoeding op skoolvlak en die pydrae van die vemaamste rolspelers, naamlik die ouergemeenskap, skoal, sakesektor en media tot entrepreneurskapsontwikkeling word in detail geevalueer. Vir die doel van die empiriese ondersoek is skole in die Bloemfontein-gebied genader om inligting oar skoolleerlinge se persepsie van entrepreneurskap en die besigheids/-sakewereld te verkry. Aandag is oak geskenk aan die voorkoms van die vemaamste entrepreneurseienskappe onder skoolleerlinge. lnsiggewende resultate is uit die onderspek verkry. Oar die algemeen blyk dit dat leerlinge negatief ingestel is en oak 'n mate van onsekerheid toon ten opsigte van entrepreneurskap as potensiele loopbaangeleentheid. 'n Gebrekkige kennisraamwerk betreffende entrepreneurskap is algemeen, asook die wanopvatting dat entrepreneurskap sentreer random 'n kits-"geldmaakproses" en die verwerwing van status. Voorts het die ondersoek ook aan die Jig gebring dat die skoal, en spesifiek voorligtingonderwyser(s) van die onbelangrikste bronne van inligting rakende entrepreneurskap verteenwoordig. Die ondersoek bet egter oak getoon dat slegs geringe pogings tot dusver deur skole aangewend is om skoolleerlinge volledig in te Jig betreffende hierdie kritieke aangeleentheid. Op grond van die empiriese studie kon aanbevelings gemaak word wat met vrug deur die onderwysowerhede oorweeg kan word.
Description
Dissertation (M.Com.(Business Management))--University of the Free State,1995
Keywords
Entrepreneurship -- South Africa -- Bloemfontein, Creativity in business, Entrepreneurship -- Study and teaching (Secondary) -- South Africa -- Bloemfontein, Vocational education -- South Africa -- Bloemfontein
Citation