An analysis of the process from innovation to commercialization: a South African perspective

Loading...
Thumbnail Image

Date

Authors

Booysen, Karen

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

Showing abstract in Afrikaans
Afrikaans: Ekonomieë, ondernemings (klein, medium en groot) en individue moet nuwe produkte ontdek en kommersialiseer om mee te ding en vooruit te gaan in die globale 21ste eeu ekonomie. Die belangrikheid daarvan om nuwe produkte aan die mark bekend te stel kan gesien word in die feit dat dit ‘n volhoubare mededingende voordeel vir ekonomieë, ondernemings en individue meebring. Die nuwe produkte lei nie net na wins vir individue en ondernemings nie, maar dit verbeter ook die kwaliteit van lewe van alle individue en genereer verdere ekonomiese geleenthede. Deur die kommersialisering van innovasie word die gaping tussen die behoeftes van die mark en die uitvindsels van die innoveerders oorbrug. Dit bly tog ‘n kern uitdaging vir alle innoveerders om ‘n uitvindsel van idée-fase na die mark te neem, ten einde ekonomiese opbrengste te produseer. Idees of uitvindsels kan nie ekonomiese opbrengste vir die innoveerder lewer nie. Slegs wanneer die uitvindsel suksesvol in die mark absorbeer word kan die innoveerder wins genereer en hierdeur word die belangrikheid van kommersialisering weer beklemtoon. Die mislukkingskoers van nuwe produkte is internasionaal baie hoog en dus verhoed dit innoveerders om finansiële voordele te bekom. Nuwe produkte se mislukkingskoers word bereken op tussen 50-80% en selfs groot ondernemings met genoegsame hulpbronne sukkel met die kommersialisering van uitvindsels. Die hoë mislukkingskoers van uitvindsels kan toegeskryf word aan ‘n wye verskeidenheid faktore, insluitend beperkte toegang tot hulpbronne, die onvermoë van innoveerders om hul uitvindsels genoegsaam te beskerm of swak bemarkingspogings, Een so ‘n rede vir mislukking is die feit dat innoveerders onseker is oor die stappe om te volg in die kommersialisering van hul uitvindsel. Innoveerders neem vals stappe en mors kosbare tyd, of hulle laat kritiese stappe in die proses uit. Dit is belangrik vir innoveerders om te weet wat die stappe in die kommersialiseringsproses is en dit te volg ten einde te verseker dat hulle ‘n logiese proses volg, beplan vir al die belangrike aspekte aangaande kommersialisering en bewus is van wat van hulle vereis sal word in die verskillende fases van die proses. Suid Afrika vaar nie goed daarmee om nuwe navorsingsuitvindsels na die mark te bring nie en daar kan verskeie redes vir die probleem wees. Ten einde suksesvol nuwe uitvindsels aan die mark voor te stel deur kommersialisasie is dit belangrik om te weet wat die probleem/hindernisse is wat innoveerders gedurende die kommersialiseringsproses ondervind. Dit is ook belangrik om die behoefte aan ‘n gemeenskaplike raamwerk wat verstaan word deur die regering, hoër onderwys, navorsingsrade, tegnologie ondernemings en risikodraende kapitaliste, ten opsigte van die rolle en funksionele verhoudings in die sisteem van innovasie uit te wys. Die studie het gepoog om inligting rakende die probleme en/of hindernisse wat entrepreneurs in die kommersialiseringsproses konfronteer te bekom deur te bepaal hoe suksesvol individue en SMMEs was in die kommersialisering van hul innovasie. Die kliëntebasis van die Centrum for Rapid Prototyping and Manufacturing (CRPPM) en die Tegnologie Stasie (PDTS) vir 2005 tot 2010 is gebruik in die studie. Die sekondêre doelwitte het ingesluit om die stappe wat die entrepreneur in die kommersialiseringsproses gevolg het, te ondersoek; om die faktore, beide positief en negatief, wat die die kommersialisering van innovasie beïnvloed te identifiseer; om die probleme/foute wat entrepreneurs maak in die kommersialiseringsproses te bepaal; en om die suksesfaktore vir entrepreneurs in die kommersialiseringsproses te bepaal. Die resultate het gewys dat die minderheid van die respondente (20%) suksesvol hul uitvindsels kommersialiseer het. Die oorblywende 80% van die respondente was of steeds besig om deur die kommersialiseringsproses te beweeg of het stagneer. Die resultate het verder ook uitgewys dat die tipiese innoveerder nie die kronologiese orde van die stappe in die kommersialiseringsproses, soos aangedui in die literatuur, volg nie. Baie van die stappe in die kommersialiseringsproses is nie so deeglik voltooi soos wat nodig is nie en verskeie van die stappe is bloot uitgelaat. Die redes wat die respondente die gereeldste aangehaal het vir hul tekort aan vordering en/of stagnasie in die kommersialiseringsproses was ‘n tekort aan fondse en ‘n tekort aan ondersteuning. Met ander woorde, die respondente het nie genoegsame kapitaal gehad om die uitvindsel op hul eie te kommersialiseer nie en het of nie geweet waar om finansiële hulp te kry nie, of was onsuksesvol in hul aansoek om finansiering. Die tekort aan ondersteuning waarna verwys word, sluit in ondersteuning ten opsigte van kennis aangaande die kommersialiseringsproses (maw. wat die stappe in die kommersialiseringsproses behels) sowel as wat volgende gedoen moet word in die kommersialiseringsproses. Die twee redes is gereeld genoem as hindernisse tot die suksesvolle kommersialisering. Ten einde die bogenoemde hindernisse te oorkom word verskeie aanbevelings aan die einde van die studie gemaak. Die fokus val hoofsaaklik op die regering, en verskeie aanbevelings aangaande die regeringsondersteuningsinstellings word gemaak ten einde innoveerders beter deur die kommersialiseringsproses te help.

Description

Dissertation (M.Com.(Business Management))--University of the Free State, 2010

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By