Developmental touch therapy with sexually abused children

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-11
Authors
Lightfoot, Carlyn
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: There is a limited amount of research available on the re-establishment of attachment bonds eroded by Child Sexual Abuse (CSA). One way of re-establishing these bonds could be through Developmental Touch Therapy (DTT). The aim of this study was to investigate the effectiveness of DTT with children who have been sexually abused. A multiple case-study design was used. Three girls and one boy, between the ages of five and eight years, participated in the study. DTT was implemented by means of 10 weekly individual therapy sessions. A qualitative description of the therapeutic intervention as experienced by the therapist was made. Process notes and video recordings of sessions facilitated the external supervision and evaluation of the process. Pre- as well as post-tests were administered by making use of the Child Behavior Checklist (CBCL)/4-18 (parent report form) (Achenbach, 1991a) and the Child Behaviour Checklist (CBCL)/5-18 (teacher report form) (Achenbach, 1991b). The different subscales were totalled, and the results were tested by computing nonparametric Wilcoxon T-tests for the subscales and the scale totals. No significant results were found from the pre- or post-tests. This might be attributable to the small sample size. The qualititative results indicated that the problem behaviours reported as clinically significant pre-therapy by caregivers and teachers had decreased to a level below clinical significance post-therapy for most participants. Although sexual problems had decreased they were still present in most subjects. DTT does re-establish attachment bonds which have been severed by CSA. It furthermore enhances the development of a sense of self, trust, and safety. An increase in self-esteem and interpersonal functioning could be seen in all participants. However, DTT does not directly address children’s cognitions with regard to CSA. Skills regarding problematic sexual behaviours are not addressed. Although affectively addressing many symptoms of CSA, DTT cannot be seen as a holistic treatment approach in this regard. It could however be valuable as part of an integrative therapeutic treatment of victims of CSA.
Afrikaans: Navorsing ten opsigte van die herstel van gehegtheidsbande, verbreek deur die seksuele mishandeling van kinders, is beperk. Ontwikkelingsaanrakingsterapie word voorgestel as ‘n metode om hierdie bande te herstel. Die doel van hierdie studie was om die effektiwiteit van Ontwikkelingsaanrakingsterapie met seksueel-mishandelde kinders te ondersoek. ‘n Veelvuldige gevallestudieontwerp is gebruik. Drie meisies en een seun, tussen die ouderdomme van vyf en agt jaar het aan die studie deelgeneem. Ontwikkelingsaanrakingsterapie is deur 10-weeklikse individuele terapiesessies geïmplementeer. ‘n Kwalitatiewe beskrywing van die terapeutiese intervensie, soos beleef deur die terapeut, is gemaak. Prosesnotas en video-opnames is gebruik om die eksterne supervisie en evaluering van die proses te fasiliteer. Voor- en natoetsings is geadministreer deur gebruik te maak van die Gedragskontrole merklys/4-18 (ouer-verslagvorm) (Achenbach, 1991a) en die Gedragskontrole merklys/5-18 (onderwyserverslagvorm) (Achenbach, 1991b). Die verskillende subskale is bymekaargetel en die resultate is getoets deur gebruik te maak van ‘n nieparametriese Wilcoxon-T toets vir die subskale en die skaaltotale. Geen beduidende resultate is gevind in die voor- of natoetsing nie. Dit kan moontlik toegeskryf word aan die klein steekproef. Die kwalitatiewe resultate dui aan dat die probleemgedrag voor terapie, soos deur sowel die versorgers en onderwysers gerapporteer, in die meeste gevalle tot onder die vlak van kliniese beduidendheid gedaal het na terapie. Alhoewel seksuele probleme verminder het, was dit steeds na terapie in meeste gevalle teenwoordig. Dit was ook duidelik dat Ontwikkelingsaanrakingsterapie gehegtheidsbande wat deur die seksuele mishandeling van kinders verbreek is, herstel. Dit bevorder verder die ontwikkeling van ‘n kind se selfpersepsie, vertroue en gevoel van veiligheid. Verhoogde selfbeeld en interpersoonlike funksionering is verder gerapporteer. Ontwikkelingsaanrakingsterapie spreek egter nie direk kognisies met betrekking tot seksuele mishandeling aan nie. Vaardighede ten opsigte van die hantering van problematiese seksuele gedrag word ook nie aangespreek nie. Alhoewel Ontwikkelingsaanrakingsterapie talle simptome van kinders wat seksueel mishandel is aangespreek het kan dit nie as ‘n holistiese behandeling in hierdie verband voorgehou word nie. Dit kan egter waardevol wees as deel van ‘n geïntegreerde terapeutiese behandeling vir die slagoffers van seksuele mishandeling.
Description
Keywords
Abused children -- Psychology, Touch -- Psychological aspects, Message therapy, Child behaviour checklist, Interventions, Treatment, Attachment bonds, Problem behaviours, Child sexual abuse, Developmental touch therapy, Dissertation (M.Sc. (Counselling Psychology))--University of the Free State, 2005
Citation