Aspekte van enkele argumentasiestrukture ten opsigte van die resepsie van Magersfontein, o Magersfontein

Loading...
Thumbnail Image
Date
1985-03
Authors
Kok, Marlene
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
'n Literere teks vind gestalte deur middel van 'n skrywer, maar buiten die skrywer as skepper/produsent van die teks, is daar ook 'n leser cf lesers wat 'n rol speel ten opsigte van die literere teks. Hieruit word dus afgelei dat die resi.piente (lesers wat 'n boek/literere teks resepteer/lees/verwerk) 'n baie belangrike rol speel, want nie alleen word die teks aan hulle respons blootgestel nie, maardie toekoms van 'n literere teks word ook tot 'ngroot mate deur hierdie respons bepaal. Wanneer na factor e gekyk word, naamlik die respons van die resipient en die toekoms van die. Literere teks wat deur die leser bepaal word, moet in gedagte gehou word dat die resipiente uit 'n "heterogene groep" bestaan (dit wil se, verskeie soorte mense soos studente, huisvroue, dosente, predikante, politici, letterkundiges, skrywers, ensovoorts). Juis dit kan 'n dispuut ontketen, want die groot verskeidenheid resipiente het verskillende "argumente" wat hulle ten opsigte van 'n literere werk aanvoer. Sulke argumente hang op hulle beurt saam met 'n persoon of 'n groep persone se raamwerk(e) van ideologie, waarde, ensovoorts. Aan die hand van die teks van Magersfontein, o Magersfontein! as kommunikasiefokus (ten minste vir doeleindes van hierdie studie) en in die lig van die historiese verloop rondom Magersfontein, o Magersfontein! - sy verskyning, sensurering, Appelbeslissings en uiteindelike ontbanning - blyk baie duidelik dat hier 'n verskeidenheid van "argumente" aangevoer is wat 'n besliste rol gespeel het ten opsigte van die verhouding: teks en leser. Vir doeleindes van hierdie studie word 'n argumentasiestruktuur,in hierdie geval die Toulmin-model, as miedelgebruik om die reaksie van sommige resipiente te sistematiseer en om eindelik uit te kom by aspekte soos: hoe lyk die "argumente" wat 'n dispuut rondom Magersfontein, o Magersfonte.in! ontketen het en hoe sien die "argument:e" wat aangevoer is om die roman te verban en. uiteindelik te ontban, daar uit. Deur middel van die toepassing van die Toulmin-teorie en die globale gevolgtrekkings wat deur die loop van die studie gemaak is, wil dit blyk asof "argumente" wat resipiente oor die algemeen aanvoer, nie aanvaarbaar, "waar11 en "juis" is nie. Die vrae kom onwillekeurig na vore: as die resepsie van 'n roman s6 lyk 0 wat gaan van ons literere tekste word (in die toekoms) en ook: wat is die toekoms van letterkunde oor die algemeen, met "kundiges" en andere wat nie "argumenteer" nie?
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch, German and French))--University of the Free State, 1985, Leroux, Etienne -- Criticism and interpretation, Afrikaans fiction -- History and criticism, Leroux, Etienne -- Magersfontein, o Magersfontein -- Criticism and interpretation
Citation