'n Fisiologiese ondersoek oor die voedingsvereistes van 'n bodemfungus, Scopulariopsis sp.

Loading...
Thumbnail Image
Date
1952
Authors
Piek, Willem George
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: 1. 'n Fungus wat uit die grond geïsoleer is se imperfekte stadium het geblyk te behoort tot die geslag Scopulariopsis. Die perfekte vorm het ag askospore in 'n vroeg vervloeiende askus. In teenstelling met die perfekte vorm van Scopulariopsis-soorte wat beskryf is, en behoort tot die geslag Microascus, het hierdie perithecium geen ostiolum nie. Die fungus neem blykbaar 'n besondere plek in die klassifikasie in, en by verdere ondersoek mag dit heelwat lig werp op die verwantskap van Penicillium, Aspergillus, Scopulariopsis, Thielavia en Microascus. 2. 'n Oorsig word gegee oor die vitamien- en aminosuur-vereistes en ander onbekende faktore vir fungi. In vergelyking met bakterieë is die aminosuurvoeding en vereistes van fungi nog betreklik onbekend. Met uitsondering van geïnduseerde mutasies is daar nog slegs vir een enkele fungus 'n absolute vereiste vir 'n besondere aminosuur vasgestel, met aanduidings van 'n paar ander. 3. Die fungus het geblyk alkali-vormend te wees en groei vind nie plaas by 'n pH van 5.1 en laer nie. Die maksimum pH wat dit sal verdra is nie vasgestel nie, maar dit groei nog by 'n pH van 9.0. Die optimum pH op 'n gebufferde oplossing is vasgestel as 6.5 - 7.0. 4. Dit groei nie op sintetiese media met 'n anorganiese N-bron nie, en ook nie met ureum as N-bron nie. Die gebrek aan groei is nie te wyte aan spoorelemente nie, aangesien voldoende voorsiening daarvoor in die media gemaak is. 5. Dit groei goed op media bevattende gisekstrak, trypton, pepton, kaseinhidrolisaat of pepton-hidrolisaat. Hierdie stowwe dien nie in die eerste plek as C-bron nie, aangesien glukose verkieslik gebruik word in hulle teenwoordigheid. 6. Die fungus het nie 'n uitwendige bron van enige van die volgende 9 of ander vitamiene in gisekstrak, of ander onbekende faktore, nodig nie; thiamien, biotien, pyridoxien, pantotheensuur, nikotiensuur, askorbiensuur, riboflavin, inositol en para-aminobenzoësuur. 7. Op agar media word 'n reglynige groeiverhouding verkry, en die fungus is dus van die "non-staling" tipe. Die bepaling van die diameter van kolonies is vir hierdie fungus nie 'n geskikte ondersoek-metode nie. 8. Op agar media met verskillende gisekstrakkonsentrasies, is drie bondels van reglynige groeikrommes verkry, wat wys op die voorkoms van onbekende groeifaktore wat eers in bepaalde konsentrasies (bokant 'n drempelwaarde) invloed op die groei uitoefen. 9. Die fungus groei goed op 'n Czapek-oplossing waarby die volgende aminosure gevoeg word: alanien, arginien, asparagiensuur, cysteiene, cystien, glycien, glutamiensuur, histidien, hydroxyprolien, isoleucien, leucien, lysien, methionien, fenielalanien, prolien, tryptofaan, tyrosien en valion. Die groei is nog beter as asparagiensuur en glutamiensuur vervang word deur asparagien en glutamien. 10. Groei op 19 aminosure is egter nog nie so goed as op 'n 10 persent kasein-hidrolisaat oplossing nie. Die moontlikheid word bespreek dat die verskil toegeskryf mag word aan fisiologies aktiewe peptied of ander komplekse verbindings van aminosure, of aan 'n teëwerkende effek wat sommige sintetiese aminosure mag hê. 11. Geen absolute vereiste vir een aminosuur kan vasgestel word nie nie, alhoewel sommige van die aminosure 'n groter stimulerende werking as hander het. Belangrikste vir die voeding van hierdie fungus is, asperegiensuur, glutamiensuur, fenielalanien, tyrosien, isoleucien, leucien, valien en glycien. 12. Die fungus blyk dus 'n baie komplekse groeivereiste te hê en dit sal wel interessant wees om die eksperimente verder voor te sit.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc. (Plant Science))--University of the Free State, 1952, Scopulariopsis sp, Growth of fungi, Nutritional requirements
Citation