Die waarde van algemene leerteorieë vir die klavieronderwyser met spesiale verwysing na die omlyningsmetode van Abby Whiteside

Loading...
Thumbnail Image
Date
1990-11
Authors
Van Zyl, Elsa Johanna
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die verhandeling word ingelei deur 'n probleemstelling waarin die redes vir en metode van navorsing uiteengesit word. Hoofstuk een word aan 'n historiese oorsig van klavierpedagogiek gewy. Daar word gepoog om aan te dui hoe uiteenlopende faktore klavieronderrig en -tegniek beïnvloed het. Die ontwikkeling van die klavier as instrument en die opkoms van virtuositeit in die 19de eeu het In belangrike rol gespeelom onderrigmetodes te beïnvloed. Die bydraes van bekende klavierpedagoë word kortliks bespreek. Hierby is die vroeë klawerbordspelers, die Weense skool van klavierspel en die meer tegniese benadering van die vorige eeu ingesluit. Denkrigtings in die twintigste eeu wissel van oorbeklemtoning van die speelapparaat tot die ontdekking van die rol van die brein in klavierspel. Hedendaagse pedagoë streef na 'n gebalanseerde benadering wat uit die kennis van die verlede sowel as nuwe bevindings put. Hoofstuk twee is 'n bespreking van toepaslike opvoedkundig-sielkundige beginsels. Namate kennis van die leerproses toeneem, behoort onderrigmetodes ook te verbeter. Die doelstellings van klavieronderrig word in oënskou geneem, asook die vereistes wat aan 'n klavieronderwyser gestel word. Aangesien die meeste hedendaagse leerteorieë uit bekende denkrigtings ontwikkel het, word 'n kort historiese perspektief van opvoedkundig- sielkundige beginsels gegee. Faktore wat die leerproses beïnvloed word bespreek. Daar word ook kortliks aangetoon hoe algemene leerbeginsels op die leerprosesse van klavierspel van toepassing gemaak kan word. Die bydraes van enkele prominente opvoedkundiges word ingesluit. Hoofstuk drie beskryf die metode van omlyning van die vorm ("outlining") wat deur 'n Amerikaanse pedagoog Abby Whiteside ontwikkel is. Sy het bevind dat 'n gebrek aan 'n geheelbeeld ('n totale klankvoorstelling) die oorsaak van baie pianistiese probleme is. Hierdie oortuiging kom ooreen met die Gestalt-teorie, wat in die vorige hoofstuk as 'n belangrike leerbeginsel uitgesonder is. Whiteside se aanwending van die omlyningsmetode by die aanleer van In aantal Etudes van Chopin word uiteengesit. Haar houding jeens tradisionele klavieronderrig word ook in oënskou geneem. Hoofstuk vier is 'n evaluering van Abby Whiteside se omlyningsmetode. 'n Aantal klavierleerkragte is gevra om die metode met leerlinge op die proef te stel. Deur middel van 'n vraelys is verslag van die leerlinge se vordering gedoen. 'n Hele aantal insiggewende bevindings het uit die ondersoek geblyk. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat dit die moeite loon om kennis te neem van die ontwikkeling op die gebied van die opvoedkundige sielkunde. Nuwe onderrigbenaderings kan met vrug op die proef gestel word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Music))--University of the Free State, 1990, Abby Whiteside, Piano, Instruction and study
Citation