Die waarde van algemene leerteorieë vir die klavieronderwyser met spesiale verwysing na die omlyningsmetode van Abby Whiteside

dc.contributor.advisorHuman, J. L. K.
dc.contributor.authorVan Zyl, Elsa Johanna
dc.date.accessioned2019-09-02T11:40:23Z
dc.date.available2019-09-02T11:40:23Z
dc.date.issued1990-11
dc.description.abstractAfrikaans: Die verhandeling word ingelei deur 'n probleemstelling waarin die redes vir en metode van navorsing uiteengesit word. Hoofstuk een word aan 'n historiese oorsig van klavierpedagogiek gewy. Daar word gepoog om aan te dui hoe uiteenlopende faktore klavieronderrig en -tegniek beïnvloed het. Die ontwikkeling van die klavier as instrument en die opkoms van virtuositeit in die 19de eeu het In belangrike rol gespeelom onderrigmetodes te beïnvloed. Die bydraes van bekende klavierpedagoë word kortliks bespreek. Hierby is die vroeë klawerbordspelers, die Weense skool van klavierspel en die meer tegniese benadering van die vorige eeu ingesluit. Denkrigtings in die twintigste eeu wissel van oorbeklemtoning van die speelapparaat tot die ontdekking van die rol van die brein in klavierspel. Hedendaagse pedagoë streef na 'n gebalanseerde benadering wat uit die kennis van die verlede sowel as nuwe bevindings put. Hoofstuk twee is 'n bespreking van toepaslike opvoedkundig-sielkundige beginsels. Namate kennis van die leerproses toeneem, behoort onderrigmetodes ook te verbeter. Die doelstellings van klavieronderrig word in oënskou geneem, asook die vereistes wat aan 'n klavieronderwyser gestel word. Aangesien die meeste hedendaagse leerteorieë uit bekende denkrigtings ontwikkel het, word 'n kort historiese perspektief van opvoedkundig- sielkundige beginsels gegee. Faktore wat die leerproses beïnvloed word bespreek. Daar word ook kortliks aangetoon hoe algemene leerbeginsels op die leerprosesse van klavierspel van toepassing gemaak kan word. Die bydraes van enkele prominente opvoedkundiges word ingesluit. Hoofstuk drie beskryf die metode van omlyning van die vorm ("outlining") wat deur 'n Amerikaanse pedagoog Abby Whiteside ontwikkel is. Sy het bevind dat 'n gebrek aan 'n geheelbeeld ('n totale klankvoorstelling) die oorsaak van baie pianistiese probleme is. Hierdie oortuiging kom ooreen met die Gestalt-teorie, wat in die vorige hoofstuk as 'n belangrike leerbeginsel uitgesonder is. Whiteside se aanwending van die omlyningsmetode by die aanleer van In aantal Etudes van Chopin word uiteengesit. Haar houding jeens tradisionele klavieronderrig word ook in oënskou geneem. Hoofstuk vier is 'n evaluering van Abby Whiteside se omlyningsmetode. 'n Aantal klavierleerkragte is gevra om die metode met leerlinge op die proef te stel. Deur middel van 'n vraelys is verslag van die leerlinge se vordering gedoen. 'n Hele aantal insiggewende bevindings het uit die ondersoek geblyk. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat dit die moeite loon om kennis te neem van die ontwikkeling op die gebied van die opvoedkundige sielkunde. Nuwe onderrigbenaderings kan met vrug op die proef gestel word.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/10312
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Music))--University of the Free State, 1990en_ZA
dc.subjectAbby Whitesideen_ZA
dc.subjectPianoen_ZA
dc.subjectInstruction and studyen_ZA
dc.titleDie waarde van algemene leerteorieë vir die klavieronderwyser met spesiale verwysing na die omlyningsmetode van Abby Whitesideen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
VanZylEJ.pdf
Size:
5.64 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: