Economic and Management Sciences
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Economic and Management Sciences by Subject "Accountability"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Intergovernmental fiscal relations: the paradox between the vertical fiscal imbalance and responsiveness and accountability in the Northern Cape provincial government(University of the Free State, Dec-14) Hendriks, Christoffel Jacobus; Minnaar, F.Afrikaans: Hierdie tesis ondersoek Suid Afrika se interowerheids-fiskale verhoudinge en in besonder die impak van ‘n vertikale fiskale wanbalans op responsiwiteit en aanspreeklikheid in die Noord Kaap Provinsiale Regering. In Suid Afrika bestaan die regering uit drie sfere, te wete die nasionale regeing, provinsiale reging en munisipale of plaaslike sfere van regering. Elk van hierdie sfere is verantwoordelik om ‘n aantal funksies uit te voer wat of eksklusief – met ander woorde verrig deur slegs een sfeer - of gelyklopend – gedeel tussen verskillende sfere van regering uitgevoer kan word. Die provinsiale regeringsfeer is verantwoordeklik om sekere dienste soos gesondheid, onderwys en provinsiale paaie te lewer en ander dienste soos ekonomiese aangeleenthede, toerisme, vervoer, sport, kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie te bevorder. Ten einde aan hulle mandaat te voldoen, benodig elk van die drie regeringsfere finansiële hulpbronne om hulle in staat te stel om dienste te lewer. Dienste word gefinansier deur belastings soos persoonlike-inkomstebelasting, belasting op toegevoegde waarde, aksysnsbelasting en eiendomsbelasting om slegs enkeles te noem. In Suid Afrika word die grootste gedeelte van die inkomstes wat deur belastings ingesamel word deur die Suid Afrikaanse Inkomstediens namens die nasionale regering ingesamel. Provinsiale regerings samel so min as drie persent van hulle totale inkomste in. Die rede hiervoor is dat die belastingbasis van provinsiale regerings nou is en beperk is tot items soos motorvoertuiglisensies, dobbelbelasting en ander inkomstes soos pasientgelde. Die gaping wat bestaan tussen eie inkomstes en inkomste benodig is bekend as die vertikale fiskale wanbalans en word gevul deur verskillende oordragte vanaf die nasionale regering na die provinsiale regerings. Alhoewel ander lande in die wêreld soortgelyke tendense ervaar is die verhouding eie inkomste wat deur provinsies in Suid Afrika ingesamel word ongekend laag. Oordragbetalings vanaf die nasionale regering na die provinsiale regering het daarom die belangrikste bron van inkomste geword vir provinsiale regerings om hulle uitgawes te finansier. Bestaande teorie wys daarop dat ‘n vertikale fiskale wanbalans twee wesenlike implikasies vir provinsiale regerings inhou. Die eerste het betrekking op die responsiwiteit en die tweede maar nie minder belangrik nie, is die verlies aan aanspreeklikheid. Dit is daarom belangrik dat bestaande maatreëls wat dit ten doel het om responsiwiteit en aanspreeklikheid te bevorder ekonomies, efektief en doeltreffend toegepas word. Gebaseer op ‘n literatuurstudie, sowel as ‘n opname en onderhoude uitgevoer in die Noord Kaap Provinsiale Regering, kom hierdie studie tot die gevolgtrekking dat die vertikale fiskale wanbalans ‘n impak het op die responsiwiteit en aanspreeklikheid van die Noord Kaap Provinsiale Regering en dat bestaande maatreëls om responsiwiteit en aanspreeklikheid te bevorder meer doeltreffend, effektief en ekonomies aaangewend kan word. Die tesis bevat daarom ‘n stel aanbevelings wat gebaseer is op die empiriese en literatuurstudie oor die aangeleentheid met die oogmerk om die teenswoordige toestand nie net in die Noord Kaap nie ,maar in Suid Afrika as ‘n geheel te verbeter. Dit is relevant omdat responsiwiteit en aanspreeklikheid twee fundamentele beginsels van demokratiese regering is en beide konsepte deel vorm van die waardes waarop die Republiek van Suid Afrika gevestig is. Die twee konsepte is ook sentraal in besprekings rakende goeie regering.