Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Subject "Central business district"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Strategies for urban land management in the Free State(University of the Free State, May-99) Stapelberg, Henning; Van Straaten, F. P.; Van H Botha, W. J.Afrikaans: Hierdie proefskrif handeloor die bestuur van grond in stedelike gebiede en hoe die huidige situasie van afsonderlike dorpe bestuur kan word om die uiteindelike doelwitte van integrasie en versoenbare gemengde grondgebruike te kan bereik. Nuwe wetgewing wat die spoedige afhandeling van aansoeke en die inkorting van logiese stappe word ook bespreek en voorgestel. Die nuwe wetgewing, die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet 67 van 1995) word ook deeglik bespreek en die onsekerhede, gebreke en voordele betreffende hierdie wetgewing word ook uitvoerig bespreek. Die huidige situasie van afsonderlike dorpe en die probleme wat daarmee ondervind word kry ook aandag en dit beweeg na 'n ge-integreerde beplannings sisteem waar nie net beplanning ge-integreer word, maar die hele aanslag van beplanning behoort ge-integreerd te wees. Dit beteken dat beplanning nie in isolasie gedoen kan word, maar dat In multi-fasset aanslag verlang word wat al die dissiplines insluit wat direk of indirek betrokke kan wees. Verkeer, infrastruktuur, dienste, die ekonomie, sosiale aspekte, beplanning en die omgewing moet ook aangespreek word. Wat beklemtoon word, is dat grondgebruik en ontwikkeling In hele spektrum van ander elemente be-invloed terwyl hierdie elemente ook die grondgebruik be-invloed. Die ideaal sal wees om die beheer van grondgebruik en ontwikkeling op In strategiese wyse te laat plaasvind. AI die elemente moet ook in ag neem die versoenbaarheid met Agenda 21. Dit word algemeen aanvaar dat iets gedoen sal moet word met die integrasie van die verskillende dorpe en ook die afsonderlike sonerings-beheer wat tans van toepassing is. Die regiditeit van dorpsbeplanningskemas sal oak aangespreek moet word en om daarmee te begin moet paslike wetgewing, administratiewe prosedures en beleid daargestel word. Hierdie proefskrif poog om in een van die elemente te voorsien, naamlik die wetgewing. Die navorsing wat gedoen is kan ook as basis dien vir die opstel van struktuurplanne, ontwikkelings doelwitte en die daaropvolgende aanlegskemas om sodoende ontwikkeling te bevorder en ook om al die stedelike gebiede met een kontrole dokument te beheer. Nog 'n aspek van die proefskrif is dat die administratiewe prosesse en prosesse met betrekking tot die Dorperaad en die Ontwikkelings Tribunaalontleed word, asook die aspekte wat betrekking het op alle grondgebruik prosedures. Sommige van die aspekte soos publieke belang en sonerings vir bepaalde gebruike leen hulle daartoe vir verskillende interpretasies en hierdie aspekte is nagevors vanuit 'n stadsbeplanning oogpunt, maar ook veral uit 'n administratiewe oogpunt aangesien hierdie aspekte dikwels voorkom met judisiële tribunale. Verskeie hofsake word ook behandel om rigting te gee aan die grond bestuur. The proefskrif verklaar ook moontlike oplossings in grond bestuur veral wat betref die vinnige urbanisering wat plaasvind, die volhoubaarheid en die voorgestelde nuwe wetgewing vir die Vrystaat. Elke dorp het sy eiesoortige en unieke omstandighede en dit moet in ag geneem word met beplanning aangesien dit ook 'n invloed op die omgewing sal hê. 'n Plaaslike Agenda 21 behoort in plek te wees met die doelom versoenbare ontwikkeling te bevorder en nie te kortwiek. Ontwikkeling wat versoenbaar is met Agenda 21 se vereistes is reeds volhoubare ontwikkeling.