Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch, German and French)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Afrikaans and Dutch, German and French) by Subject "Characterisation"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access ʼn Praktykgebaseerde perspektief op Franz Marx as die sentrale figuur in die ontstaan van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal(University of the Free State, 2021) Vorster, Chris; Pieterse, Henning𝑨𝒇𝒓𝒊𝒌𝒂𝒂𝒏𝒔 Die hieropvolgende studie is verdeel in twee afsonderlike afdelings, elk met verskillende doelwitte. Afdeling A bestaan uit Franz Marx se mondelinge geskiedenis en Afdeling B behels die kreatieweskryfkuns-komponent. Afdeling A is hoofsaaklik biografies van aard met Franz Marx as die primêre onderwerp en fokus. ʼn Uiteensetting van die verskillende faktore wat hom as kunstenaar beïnvloed en toegerus het vir die skep van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal, is die primêre doelwit van hierdie afdeling. Hierdie studie is binne die praktykgebaseerde navorsingsmetodologie geplaas om sodoende oorspronklike en verifieerbare inligting oor Marx as die sentrale figuur in die ontstaan van die eerste Afrikaanse TV-dagvervolgverhaal in te win en te bevestig. Die uitsprake van plaaslike film- en TV-praktisyns word gebruik om Marx se lewe en werk in die Suid-Afrikaanse TV-praktyk te kontekstualiseer. ʼn Aanvullende literatuurstudie plaas die assimilering van internasionale TV-praktyke en sy kreatiewe metodologie in perspektief. Hierdie studie is ʼn daadwerklike toevoeging tot die bestaande vakkennis oor Franz Marx se omvangryke loopbaan en die oorsprong van Suid-Afrikaanse TV-dagvervolgverhale en seep-operas. Afdeling B vervat ʼn Afrikaanse telenovela-hibried wat handel oor die wel en wee van ʼn klein produksiespan wat tevergeefs poog om ʼn nuutgeskrewe situasiekomedie te verfilm. Om hierdie hibried te skep, is deurlopende en melodramatiese verhoudingsintriges – wat gewoonlik geassosieer word met seep-operas – gekombineer met die unieke karakters en komiese insidente van situasiekomedies. Die reeks kan voorts ook gelees word as ʼn parodie van die seep-operagenre. ___________________________________________________________________