Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Subject "Burn out (Psychology)"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van 'n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van 'n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in 'n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is 'n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. 'n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor 'n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as 'n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. 'n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het 'n hoë vlak van werkstres, 'n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, en hoë vlak van depersonalisasie en en lae vlak van persoonlike prestasie getoon. en Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. enBeduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as en geldige voorspeller van depersonalisasie, endimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, en dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met enmeer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van ‘n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van ‘n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in ‘n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is ‘n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. ‘n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor ‘n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as ‘n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. ‘n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het ‘n hoë vlak van werkstres, ‘n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, ‘n hoë vlak van depersonalisasie en ‘n lae vlak van persoonlike prestasie getoon. ‘n Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. ‘n Beduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as ‘n geldige voorspeller van depersonalisasie, ‘n dimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, ‘n dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met ‘n meer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.Item Open Access Verskille in werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke-en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie(University of the Free State, 1998) Pienaar, Jacobus Willem; Van Zyl, E. S.Afrikaans: Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die verskil in voorkoms van werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie. Uit 'n beskouing van stres-literatuur blyk dit dat stres, werkstres en psigiese uitbranding nie net wêreldwyd nie, maar ook in Suid-Afrika aan die toeneem is. Dit word deur finansiële, organisatoriese en menslike uitgawes verbonde aan stres, werkstres en psigiese uitbranding, beklemtoon. Veranderinge binne veral die Suid-Afrikaanse politieke- en ekonomiese arena het daartoe bygedra dat Suid-Afrikaanse diensorganisasies genoodsaak word om 'n meer verteenwoordigende werksmag daar te stel, wat daartoe lei dat daar, onder andere, toenemend meer swart bestuurders in diens geneem word. Aangesien daar vroeër in Suid-Afrika nie veel aandag geskenk is aan hoe die swart bestuurder werkstres en psigiese uitbranding in vergelyking met sy blanke eweknie ervaar nie, bestaan daar tans 'n beperkte aantal literatuur rakende die oorsake van werkstres en psigiese uitbranding vir hierdie groep. Daar is dus besluit om ondersoek in te stel na die verskille in werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel, ten einde 'n data basis vir toekomstige navorsing daar te stel, asook om organisasies in staat te stel om voorkomend op te tree. In hierdie studie word stres en meer spesifiek werkstres, asook psigiese uitbranding as vertrekpunt gebruik en as sistemiese verskynsels bespreek, ten einde aan die doel van studie te kan beantwoord. Die invloed van ras op die belewing van stres, werkstres en psigiese uitbranding word aan die hand van 'n multikulturele model van stres beskryf en verklaar. 'n Populasiegrootte van 387 middelvlakbestuurspersoneel uit 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie is as proefpersone by die studie ingesluit. Van Zyl & Van der Walt (1991) se Werk- en- Lewensomstandighedevraelys is gebruik om stresvlakke en bepaalde stressors te meet en Maslach se Uitbrandingsvraelys (Maslach & Jackson, 1981a) is aangewend om die vlak van uitbranding te bepaal. Statistiese verwerking van gegewens wat van die 387 vraelyste verkry is, is met behulp van die SPSS rekenaarprogram (SPSS, 1993) gedoen. In hierdie skripsie word daar van beide beskrywende- en inferensiële statistiek gebruik gemaak om aan die daargestelde doelwit te voldoen, nadat daar getoets is of die inferensiële statistiese metodes voldoen het aan die statistiese aannames onderliggend aan die gebruik van hierdie metodes. T-toetse en kovariansie-analise is geëvalueer vir gegroepeerde data ten einde beduidende verskille waar van toepassing tussen groepe aan te toon. Daar is statisties beduidende verskille in gemiddelde tellings ten opsigte van werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel gevind. Vanuit die resultate blyk dit dat die swart groep statisties beduidend hoër tellings as die blanke groep op eksterne stressors, taakeienskappe, loopbaanaangeleenthede, sosiale aangeleenthede en depersonalisasie as bronne van stres, werkstres en psigiese uitbranding, behaal het. Die blanke groep daarenteen het statisties beduidend hoër tellings op emosionele uitputting as komponent van psigiese uitbranding as die swart groep, behaal. Na die integrasie van die data is daar tot die gevolgtrekking gekom dat maatreëls om werkstres en psigiese uitbranding by blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel te voorkom op verskillende vlakke van die sisteem ingestel sal moet word.