Masters Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Business Management) by Subject "Business support programmes"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access An evaluation of business support services to SMMEs in the Free State(University of the Free State, 2010) Mathibe, Motshedisi S.; Van Zyl, J. H.; Marais, J. G. L.Afrikaans: Gedurende die afgelope twintig jaar was daar belangrike veranderinge in die manier waarop sakeondersteuningsdienste in die internasionale ekonomie gelewer is. Hierdie verskuiwings het nuwe insigte in die proses van sakeondersteuningsdienste gebring. Ses hoofveranderinge in die benadering tot sakeondersteuning is geïdentifiseer. Eerstens, is permanente regerings- of skenkersbefondsing vervang deur „n bloot beginbenadering tot befondsing om volhoubare sakeondersteuningsdienste te lewer. Tweedens, het ʼn wye reeks markgedrewe en markgeprysde dienste, wat gelewer is teen ʼn gehalte/prysmengsel wat deur eindgebruikers gelewer en bepaal is, die hoë koste van ʼn beperkte reeks dienste wat gewoonlik gesubsidieer is, vervang. Derdens, toon geskiedkundige literatuur dat die owerheid en skenkers nie alle klein ondernemings nie, maar slegs ʼn beperkte aantal kon bereik. ʼn Geteikende kliëntbenadering is dus gevolg ten einde die owerheid en skenkers in staat te stel om die ondernemings doeltreffend te bereik. Hierdie paradigmaskuif was om ʼn klem te plaas op diensverskaffers in die privaatsektor. In die vierde plek het die klem van armoede se impak vanaf korttermynvoordele na langtermynvoordele vir verskaffers en kliënte verander, wat weens werkverskaffing indirek tot voordeel van die armes is. Verder is die hoofsaaklik manlike kliënte vervang deur kleinondernemingseienaars, insluitend vrouens. In die laaste plek was daar ʼn betekenisvolle skuif na vraaggedrewenheid ten opsigte van ondernemings se behoeftes. Die gevolg was dat die reeks dienste uitgebrei en meestal op ʼn kostevervangingsbasis gelewer is. Teen hierdie agtergrond poog die Suid-Afrikaanse klein medium en makro-ondernemingsbeleid (KMMO) om die kwessies van KMMO-ondersteuning en -ontwikkeling in die land aan te spreek. KMMO‟s het gedurende die apartheidsbewind in Suid-Afrika funksioneer, maar dit het nie voldoende ondersteuning en prioriteit geniet nie. Voor die demokratiese veranderinge het die Suid-Afrikaanse regering hoofsaaklik aandag aan groot ondernemings en staatsondernemings geskenk. Die Suid-Afrikaanse regering het eers in die laat 1970's en vroeë 1980‟s die belangrikheid van die kleinsakesektor en sy bydraes tot die land se ekonomie besef. Die demokratiese bewind van die vroeë 1990‟s het aan KMMO‟s geleenthede gegee om aan die Suid-Afrikaanse ekonomie deel te neem. In 1995 het ʼn witskrif verskyn met die strategie om KMMO‟s in Suid-Afrika te bevorder en te ontwikkel, en om ʼn KMMO-beleid in Suid-Afrika te ontwerp om die fokus en aandag op die ondersteuning en ontwikkeling van KMMO's te vestig. Die doel was om KMMO's te ontwikkel as ʼn manier om groei en balans in die ekonomie te skep (weg van ondernemings wat aan die owerheid behoort en groot ondernemings). Die gevolg was dat verskillende ondersteuningsmeganismes geïmplementeer is om KMMO‟s in die land te ondersteun en te ontwikkel, sedert die demokratiese regering in 1994 in werking getree het. Die studie het hoofsaaklik op die Vrystaatprovinsie gefokus, met die doel om te identifiseer hoe die KMMO-beleid beoog om die kwessies van ondersteuning en ontwikkeling van die KMMO‟s aan te spreek en hoe die sakeondersteuningsprogramme die KMMO‟s in die provinsie kan ontwikkel en ondersteun. Sommige van die empiriese bevindings het daarop gedui dat die wêreldwye verskuiwing in sakeondersteuningsprogramme nie altyd na Suid-Afrika deurgevloei het nie. Beleide is derhalwe grootliks ontwerp om die gelykberegtigingskwessies aan te spreek wat met KMMO‟s verband hou. Die inherente benadering van beleid en praktyk was dus aan die aanbodkant en nie aan die vraagkant nie. As gevolg hiervan is nie al die lesse uit die internasionale ervaring ingesluit nie. Verder het die KMMO-beleid en -praktyk beperkte sukses gehad en in baie gevalle was dit nie meetbaar nie, weens die afwesigheid van toepaslike M&E stelsels. Om op te som, beveel die studie aan dat daar ʼn behoefte bestaan aan sakeondersteuningsprogramme om direk meer uit die internasionale paradigmas en praktyke te leer en om die toepaslike sakeondersteuningspraktyke toe te pas ten einde KMMO's in die Vrystaat te ontwikkel en in die proses die KMMO-beleid in oënskou te neem en dit hoofsaaklik te laat fokus op die vraaggedrewe benadering. Die studie beveel verder aan dat daar M&E stelsels beskikbaar sal wees om die gehalte van dienslewering aan KMMO‟s te dokumenteer en te verseker dat in ooreenstemming met internasionale standaarde is.