History
Permanent URI for this community
Browse
Browsing History by Issue Date
Now showing 1 - 20 of 81
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Drankpagte gedurende die eerste honderd jaar van die bewind van die N.O.I.K. aan die Kaap(University of the Free State, 1955) Krause, Gideon Jacobus; Oberholster, J. J.Item Open Access Emily Hobhouse en die naweë van die Anglo-Boereoorlog. 'n studie van altruisme en pasifisme(University of the Free State, 1956-09) Kriel, Johannes David; Uys, C. J.Afrikaans: Die besluit om 'n aspek van Emily Hobhouse se lewe en werk as proefskrif aan te bied, is deur 'n tweeledige doelstelling bepaal. Eerstens, om te verhoed dat die veelbewoë geskiedenis van hierdie groot vrouefiguur tot vergetelheid sal verval; tweedens, om die aangrypende en afgryslike verhaal van die konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog en die naweë van die stryd objektief voor te stel. Die biografiese besonderhede wat benadruk word, behoort m.i. ook nuwe lig te werp op die milieu en geslag deur Emily Hobhouse verteenwoordig. Sy het inderdaad in 'n tydperk swanger aan aangrypende gebeurtenisse geleef:Oorloë en hongersnood; epidemies en verwoesting; inflasie, emigrasie en ekonomiese insinking. Daarbenewens het sy ook die ontstaan van die massa-ideologieë van die twintigste eeu aanskou: Imperialisme in Brittanje, fascisme in Italië, nasionaal-sosialisme in Duitsland, kommunisme in Rusland en nasionalisme in Suid-Afrika. Terselfdertyd was sy ook tweemaal persoonlik ooggetuie van die verval van beskaafde volkere tot oorlog, en barbarisme. Dwarsdeur die donker tydkperk van geestelike en sedelike verval waarin Emily Hobhouse geleef het, loop haar lewe soos 'n silwerdraad. Die dramatiese in haar loopbaan is geleë in die stryd tussen lig en duisternis - die tweekamp enersyds, tussen haar eie Godgerigte lewenswandel en andersyds, die ontaarde wanskapenheid van die mens in oorlogstyd. Wat haar persoonlike lewe betref, het ek dit my nie ten doel gestel om 'n biografie in die gewone sin van die woord te lewer nie; ek het slegs die suiwer-menslike eienskappe wat rigting gegee het aan haar werk as altruïs, pasifis en maatskaplike hervormer beklemtoon. Sonder afbreek aan Ruth Fry en Annette Terblanche se werkies oor die gevierde "meisie van Engeland" te probeer doen, om dit my voor as of daardeur weinig lig op Emily Hobhouse se werklike historiese belangrikheid gewerp word. Daarom het ek onderneem om 'n gedokumenteerde studie oor juis hierdie aspek van haar lewe die lig te laat sien. 'n Doelbewuste poging is aangewend om haar plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nader te bepaal. Die nuwe stof wat gebruik word, behels o.m. Emily Hobhouse se eie ongepubliseerde herinneringe, die omvattende Steyn-versameling, w.o. talle koerantberigte, asook nuusberigte uit die Leyds-, Preller- en Fisher-versamelings. Die hoofstukke "Verskroeide Aarde"-beleid en "Die Doodsengel Wink" is oorspronklik geskryf en deur my promotor gelees voor die verskyning van dr. J. C. Otto se proefskrif, "Die Konsentrasiekampe" (1954). Dr. Otto het hom hoofsaaklik verlaat op bronne in die Transvaalse Argief; hy benadruk gevolglik die Transvaalse sy van die hele aangeleentheid. Omdat dit my bedoeling en oogmerk was om veral die Vrystaatse kampe, deur Emily Hobhouse self besoek, te bespreek, het ek besluit om genoemde hoofstukke in hierdie proefskrif te behou al het dr. Otto dieselfde veld gedeeltelik gedek. Dr. Otto het ook nie Emily Hobhouse se aandeel aan die uiteindelike verbetering van die kampe aangetoon nie, omdat dit nie binne die bestek van sy verhandeling geval het nie. Dieselfde geld vir die opruiming van die kampe wat in hierdie werk - sover my bekend - vir die eerste keer behandel word. Vir hierdie hoofstukke is hoofsaaklik geput uit die Steynversameling, kontemporêre publikasies en amptelike stukke. Die sgn. "Repatriation Muddle" word slegs terloops deur skrywers soos G. B. Beak, W. Worsfold e.a. vermeld. Sover my bekend is nog nooit tevore getrag om die onderwerp volledig as 'n losstaande geheel te skets nie. Om die rede het ek onderneem om dit wetenskaplik as agtergrond vir die hooftema, Emily Hobhouse te behandel. Ek vertrou dat ek in my doel geslaag het en wel iets nuuts tot die histiografie van Suid-Afrika bygedra het.Item Open Access Die ekonomiese herstel van die Afrikaner in die Oranjerivier-Kolonie 1902-1907(University of the Free State, 1964) Van Rensburg, Abraham Paul Janse; Van Schoor, M. C. E.Gedurende Mei 1965 het daar in Die Huisgenoot uit die pen van dr. D.W. Krüger twee geïnspireerde artikels oor die heroïese verset van die Afrikaner¹ teen Brittanje gedurende die Anglo-Boereoorlog verskyn. Hierdie grootse siening van 'n deel van die heldeverlede van die Afrikanervolk het vir my as spoorslag gedien om vas te stel hoe hierdie helde helde van die slagveld en konsentrasiekampe ná die oorlog die daaglikse lewenstryd hervat en voortgesit het. Die studie is ook aangepak omdat, naas die Anglo-Boereoorlog, wat a¹ so dikwels as navorsingsprojek gedien het, die ekonomiese aspek van die Afrikaner se herstel in hierdie tydoerk nog nooit in al sy geledinge in oënskou geneem is nie. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚!Item Open Access Blanke besetting en bevolkingsgroei van die Republiek van Suid-Afrika vanaf 1652 tot 1960(University of the Free State, 1968-01) Vrey, Willem Jacobus Hendrik; Keyter, J. de W.Abstract not availableItem Open Access Die sendingaktiwiteite van die Ned. Geref. Kerk in die Oranje-Vrystaat tot 1910(University of the Free State, 1970) Oberholster, Arie Gerhardus; Oberholster, J. J.Afrikaans: Met hierdie studie is 'n poging aangewend om 'n oorsig te gee van die werk wat die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat gedurende die periode 1864 tot 1910 ten opsigte van die sending binnelands sowel as buitelands gedoen het. Die binnelandse sending val in twee dele uiteen, naamlik die gemeentelike sending en die sending in Witsieshoek. Die buitelandse sending behels die werk in Noordoos-Rhodesië, wat tot en met 1910 beperk was tot vyf stasies. Verskeie probleme het opgeduik, want baie oorspronklike dokumente wat op hierdie saak betrekking het, het verlore geraak, veral wat die periode voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog beref. Dit is dan ook die rede waarom so herhaaldelik teruggeval moes word op die Acta Synodi van die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat en De Fakkel, amptelike orgaan van die Kerk.Item Open Access Die "gesuiwerde" Nasionale Party 1935-1940(University of the Free State, 1972) Le Roux, Jan Hendrik; Oberholster, J. J.Afrikaans: Met hierdie verhandeling word gepoog om 'n uiteensetting te gee van die totstandkoming van die "Gesuiwerde" Nasionale Party en sy bestaan gedurende die jare 1934 en 1940. Ten einde die stigting van die Party na behore te begryp, was dit nodig om kortliks die gebeure rondom koalisie en samesmelting in 1933 en 1934 na te speur. Op die stigting van die Party het ses troebele jare gevolg, waarin daar diverse invloede op die Afrikaner en die Party ingewerk het. die eenheidsideaal wat met soveel ywer nagestreef is, het die Party steeds ontwyk. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde Herenigde Nasionale Party of Volksparty tot stand gekom wat, hoewel nie volkome hereniging van die Afrikaner op politieke gebied gebring het nie, tog 'n nuwe era van samewerking ingelui het. Die tydperk wat deur hierdie verhandeling gedek word, is reeds sydelings in verskeie werke oor die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis belig. Veral het M. P. A. Malan in Die Nasionale Party van Suid-Afrika en G. D. Scholtz in sy biografie van dr. N. J. van der Merwe waardevolle inligting oor die tydperk verstrek. Dit is egter getrag om veel dieper te delf. Heelwat gebeure kon slegs aan die hand van koerantberigte nagespeur word. Die Burger, Die Volksblad en die Transvaler wat as partymondstukke van die Nasionale Party gedien het, was in hierdie verband die hoofbronne waaruit stof versamel is. Daarbenewens egter is eerstehandse kennis verkry uit die private dokumenteversamelings van die E. H. Louw, E. G. Jansen, M. P. A. Malan en die kongresnotules en Nasionale Party stukke wat in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bewaar word. Die N. J. van der Merwe-versameling in die Vrystaatse Argief was van buitengewone belang, maar ongelukkig was die privaat-versameling van genl. J. B. M. Hertzog en dr. D. F. Malan nie vir navorsing beskikbaar nie.Item Open Access Die geskiedenis van Winburg tot 1902(University of the Free State, 1974) Venter, Wilhelm Herman; Oberholster, J. J.Abstract not availableItem Open Access Die beheer, behandeling en lewe van die krygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899 - 1902(University of the Free State, 1975) Oosthuizen, S. P. R.; Van Schoor, M. C. E.Afrikaans: Die lewe en behandeling van die Boerekrygsgevangenes van die Anglo-Boereoorlog behoort tot 'n haas onbekende hoofstuk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Daar bestaan wel enkele publikasies in die vorm van dagboeke, herinneringe of artikels deur oud-krygsgevangenes, maar die werklike kennis oor die vele fasette van hul behandeling en bedrywighede, bly steeds aan die vergetelheid toevertrou. Dit verskaf egter stof tot dankbaarheid dat hierdie skrywers tog die verhaal van hul krygsgevangenskap neergeskryf het en hierdeur lesers 'n vlugtige blik in die kamplewe gegee het. Die probleem met al die gepubliseerde werke is uiteraard dat elkeen slegs die ervarings van 'n enkele persoon in één van die vele kampe beskryf en om hierdie rede nooit 'n verteenwoordigende beeld van die lewe en bedrywighede, die wel en wee van die krygsgevangenes as 'n groep gedurende hul gevangenskap verskaf nie. Skrywer van hierdie proefskrif het gevolglik hom dit ten doel gestel om uit die beskikbare bronne soveel as moontlik 'n algemene beeld van die behandeling en lewe van die Boerekrygsgevangenes saam te stel. Dit skep uiteraard groot probleme, aangesien die optrede teenoor krygsgevangenes van offisier tot offisier, of van kamp tot kamp verskil het. Krygsgevangenes het ook uiteenlopend op dieselfde behandeling gereageer. Plaaslike omstandighede, toestande te velde, probleme met transport, beskikbaarheid van lewensmiddele, standpunte en beskouinge van individuele Britse offisiere het alles invloed op die behandeling van gevangenes uitgeoefen. Gebeure in die onderskeie kampe sou die optrede teenoor al die gevangenes dus nie noodwendig ten goede of ten nadele tref nie. Oor die algemeen was daar egter 'n groot ooreenkoms in die behandeling van optrede in die verskillende kampe en was dieselfde reëls en regulasies op almal van toepassing. In die lig hiervan is in hierdie studie getrag om die verskillende fasette van die lewe van die krygsgevangenes in hul nuutgevormde samelewingsverband te ontleed en die invloed van die inwerkinge van 'n verskeidenheid faktore in hul lewens te bepaal.Item Open Access Die verhouding tussen die Nasionale party en die Suid-Afrikaanse Party, 1924-1929(University of the Free State, 1975) Coetzer, P. W.; Van Schoor, M. C. E.Afrikaans: Die verhouding tussen die Suid-Afrikaanse Party en die Nasionale Party, 1924-1929 is van belang omrede daar tot op die huidige weinig akademiese verhandelings en proefskrifte oor hierdie periode in die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis die lig gesien het. Die tema van dié verhandeling is nie gerig op formele partygeskiedenis, hetsy van die Nasionale Party, Suid-Afrikaanse Party of Arbeidersparty nie. Daar is bloot getrag om aan die hand van die belangrikste politieke gebeurtenisse van dié tyd die verhoudingsituasie tussen die twee grootste partye, die Suid-Afrikaanse- en die Nasionale Party, uit te lig en te ontleed. Soms het velerlei gebeurtenisse en uitlatings 'n betrokke verhoudingsituasie in die hand gewerk en was dit noodsaaklik om die voorafgaande politieke en geskiedkundige agtergrond redelik volledig te skets ten einde die partyverhouding duidelik te belig, en veral omdat hierdie agtergrond nog nie elders wetenskaplik behandel is nie. Hoewel daar vrylik van gepubliseerde en ongepubliseerde bronne-materiaal gebruik gemaak is, is veral argivale bronne en periodieke publikasies geraadpleeg. Groot waarde is aan persoonlike korrespondensie geheg, aangesien briewe dikwels die intiem-persoonlike openbaar. Hier is swaar geleun op stof uit veral die versamelings van J.C. Smuts, J.B.M. Hertzog, E.G. Jansen, C.R. Swart, F.H.P. Creswell en G.S. PreIIer. Min navorsingsprobleme is ondervind, maar dit is tog jammer dat die dokumente-versameling van die prominente politieke figuur uit hierdie tydperk, naamlik dié van die destydse Minister van Binnelandse Sake, dr. D.F. Malan, nie vir navorsing toeganklik is nie. Daar is gepoog om die nuusblaaie en periodieke publikasies wat die twee hoofpartye gesteun het in 'n gebalanseerde verhouding te raadpleeg. Vanweë die omvangryke navorsingsmateriaal is soms probleme met die sintese en selektering van die stof ondervind, aangesien daar soveel bydraende faktore, hetsy in die vorm van gebeurtenisse of uitsprake is, wat In verhoudingsituasie tussen twee partye kon beinvloed het.Item Open Access Die politieke implikasies van swart verstedeliking in Suid-Afrika, 1939 - 1946(University of the Free State, 1978-12) Rosseau, Johannes Schabort; Marais, A. H.Die verstedeliking van die swartes het veral vanaf 1902 'n aanvang geneem en stelselmatig toegeneem totdat dit gedurende die Tweede Wêreldoorlog geweldig momentum gekry het. Met die totstandkoming van sekondêre nywerhede en industrieë is swartes benodig vir ongeskoolde arbeid, maar die kontrolering van instromelinge is bemoeilik aangesien die stamgebiede aan die begin van die eeu afgebaken was. Nywerheids- en stadsontwikkeling het in die Swartgebiede uitgebly en meegebring dat die enigste werkgeleentheid wat vir die swartes bekombaar was, die was in die Blanke-gebiede. Met die verstedeliking van die swartes het omvangryke politieke-, sosiale- en maatskaplike vraagstukke na vore getree wat dikwels daartoe bygedra het om vredeliewende swartes in misdadigers te verander. Gesteun deur die liberaliste en die kommuniste het die swartes ook politieke eise aan die blankes gestel en in 'n toenemende mate 'n haat vir die blanke gekoester. In sy verset teen die blanke het die ou grief van passe 'n klimaks bereik gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Georganiseer deur die kommuniste is 'n anti-pas veldtog geloods. Die Herenigde Nasionale Prty het die pas as 'n goeie beheermatreël bestempel terwyl die regerende Verenigde Party die passtelsel nie konsekwent in al die Provinsies toegepas het nie. Dit het veroorsaak dat beheer oor die instromende swartes na die stede verder bemoeilik is. Die arbeidsprobleem wat deur swart verstedeliking meegebring is het die kommuniste die kans gebied om aan te dring op die erkenning van swart vakbonde. Hierdeur kon die kommuniste die arbeidsmag konsolideer in sy strewe tot die diktatorskap deur die "massas". Die Herenigde Nasionale Party het sterk teenkanting gebied, maar die Verenigde Party het teen die einde van die oorlog swart vakbonde nie-amptelk erken. Swart verstedeliking het die segregasiebeleid van Suid-Afrika bedreig. Weer eens het dit die Herenigde Nasionale Party wat die swartes apart van die blanke wou laat ontwikkel, maar die Verenigde Party het segregasie as 'n struikelblok in die pad van rasseverhoudinge bestempel. Alhoewel die 1936-wetgewing m.b.t. die swartes nie die goedkeuring van die Nasionaliste gehad het nie, is dit nie deur die regering konsekwent toegepas nie. Die liberalistiese elemente in die Smuts-kabinet, die Naturelleverteenwoordigers en die Kommunistiese Party het voorspraak vir algehele gelykstelling gemaak. Segregasie het 'n politieke strydperk geword en na die Tweede Wêreldoorlog gesorg vir die Herenigde Nasionale Party oorwinning. Die Herenigde Nasionale Party se voetstuk van sy segregasiebeleid was die behoud van blanke heerskappy in Suid-Afrika. Dit het nie beteken dat die swartes in die toepassing van dié beleid onderdruk sou word nie, maar dat swartes apart moes ontwikkel in die gees van voogdyskap. 'n Jaar voor die Tweede Wêreldoorlog het die Herenigde Nasionale Party by wyse van 'n petisie aangedring op wetgewing teen gemengde huwelike, politieke- en ekonomiese segregasie en aparte woongebiede vir blank en Nie-Blank. Die Verenigde Party het algehele segregasie as 'n onuitvoerbare beleid beskou. Die verstedeliking van die swartes het 'n vrugbare teel-aarde geword vir Kommunisme. Die swartes is op die "onregverdige" behandeling deur blankes gewys en allerlei griewe is deur die kommuniste geëksploiteer. Vanaf 1941, toe Suid-Afrika via Engeland, bondgenoot van Rusland geword het, het die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party openlik die stedelike swartes opgerui en oproere en stakings georganiseer. Die Herenigde Nasionale Party het die kommuniste se doelstellings besef en jaarliks die Smuts-regering gewys op die verderflike invloed van die Kommunisme op die swartes, maar telkens is die Herenigde Nasionale Party se vertoë deur die Verenigde Party bestempel as "spookstories". Tydens die Tweede Wêreldoorlog is die kommunistiese mondstuk, Inkululeko, ongehinderd versprei en het groter steun vir die kommunistiese ideologie ingepalm. Afgesien van die kommunistiese invloed onder die stedelike swartes tydens die oorlog het liberalisme meegebring dat daar 'n tipe Swart-nasionalise na vore getree het. Die stedelike swartes het losgeraak van sy stamverbintenis en die swart vel het verskillende swartbevolkings saamgesnoer en vir hom 'n simbool geword van onregverdige behandeling deur die blanke. Hy het die blanke nie meer beskou as toevlugsoor vir bestaan nie, maar het aanspraak gemaak op algehele gelykheid met die blanke. Politieke regte aan swartes is deur die Herenigde Nasionale Party gesien as die ondergang van die blanke in die land. Die 1948-verkiesing is oor die Swartvraagstuk geveg, en het 'n oorwinnig vir die Herenigde Nasionale Party meegebring.Item Open Access Pogings tot Suid-Afrikaanse gebiedsuitbreiding, 1910-1924(University of the Free State, 1979) Du Toit, F. P.; Marais, A. H.Afrikaans: Die pogings wat sedert Uniewording aangewend is om Suid-Afrika se gebied uit te brei, het nog weinig aandag van historici ontvang. In elk geval het geen Suid-Afrikaanse, historikus nog meer as net verbygaande aandag daaraan bestee nie. Tog is die tema van groot belang, want dit is bekend dat beide die onderskeie Suid-Afrikaanse regerings en die Britse regering met Uniewording en daarna die grensafbakening van Suid-Afrika as voorlopig beskou het. Vanaf die kant van Britse historici het wel enkele werke die 1ig gesien wat die tema ophelder. Die bekendste hiervan is R. Hyam, The Failure of South African Expansion. Sy werk berus op navorsing wat hy in die Record Office te Londen gedoen het, en was van groot waarde by die afhandeling van hierdie werk. Daar is min oor die tema in Suid-Afrikaanse argiewe terug te vind. Die klaarblyklike rede hiervoor is dat alle skakelwerk met die Britse regering insake die uitbreiding van Suid-Afrika se grense deur middel van die Goewerneur-generaa1 geskied het. Enkele verwysings in die amptelike korrespondensie van die Eerste Minister en in die Smuts Papers is die uitsondering. Daar is vryelik van koerantnavorsing gebruik gemaak om stof in te samel. Veral die Engelstalige koerante was hier waardevol.Item Open Access Die aandeel van Ds. J. C. du Plessis in verband met 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika, met spesiale verwysing na sy werk in die I.K.K. en O.V.S.O.V.(University of the Free State, 1979-12) Greyvenstein, Diederick Johannes; Vermaak, D.Afrikaans: Die doel van die ondersoek is om die aandeel van ds. J.C. du Plessis na te vors ten opsigte van die verkryging van ‘n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid-Afrika deur spesiaal te verwys na sy rol in die Interkerklike Komitee (I.K.K.) en die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging (O.V.S.O.V.). Ter aanvang word kortliks verwys na die begrip nasionale onderwysbeleid en Wet 39 van 1967. Beginsels wat meer toeligting ontvang is die Christelike, nasionale, moedertaal-, differensiasie- en ouermedeseggenskapbeginsel. Die ontstaan van die vervlegting van die samelewingsverbande, kerk en skool van die Afrikaner wat die grondslag vorm vir onderwysbemoeiing deur die kerk word ook inleidend bespreek. Daar word op gewys dat dié noue verband tussen kerk en skool dateer uit die Hérvorming en tydens die volksplanting aan die Kaap op die onderwys alhier oorgedra is. Enkele wysgerige beginsels, te wete: die soewereiniteits- en vervlegtingsbegineels van gesagstrukture wat ten grondslag lê van die noue verband tussen die Afrikaner se kerk en skool en verklaar waarom die kerk en veral die N.G. Kerk, hom so indirek bemoei met die onderwys, geniet aandag. ‘n Voorbeeld van die kerk se bemoeienis met die onderwys is die stigting van die I.K.K. Hiervan was ds. Du Plesciis eers lid en later voorsitter. Van die O.V.S.O.V. wat heelwat later sy steun aan die I.K.K. toegesê het, het ds. Du Plessis na aftrede as predikant sekretaris geword. Na voltooiing van sy studies was ds. Du Plessis predikant op Jagersfontein en Bethlehem waar hy gou betrokke geraak het in onderwysaangeleenthede. Hierna word hy beroep na Beaufort-Wes in Kaapland waar hy sy segregrasieskema ten opsigte van Blanke en Kleurlingskole en koshuise deurvoer. Tydens hierdie periode red hy die Kaapse opvoedingskommissie van ontbinding en word die voorsitter daarvan. Ds. Ou Plessis word later die Kaapse verteenwoordiger op die I.C.N.U. van die F.A.K. en beywer hom vir C.N.O. As voorsitter van die Sinodale opvoedingskommissie het hy die omstrede De Villiers-onderwysverslag van 1948, die voorloper van ‘n nasionale onderwysbeleid, deeglik bestudeer en in tydskrifte toegelig. Toe ds. Du Plessis as predikant in die Transvaal gewerk het, het hy die provinsie se Sinodale Opvoedingskommissie geaktiveer om uitvoering te gee aan die Verslag se aanbevelings veral ten opsigte van ‘n nasionale onderwysbeleid vir gekoördineerde en gedifferensieerde onderwys vir blankes in Suid-Afrika. Die drie Afrikaanse susterskerke het vir die doel die I.K.K. gestig wat talle onderhoude met die onderwysowerhede gevoer het vir die verkryging van on nasionale onderwysbeleid. Hierdie I.K.K. het die omstrede memorandum opgestel vir die opheffing en beëindiging van verdeelde onderwysbeheer op middelbare vlak. Na heelwat onderhandelinge met die betrokke onderwysowerhede, is die MORtert-Mosie in Februarie 1955 in die Parlement ingedien waarna die regering geleidelik in die rigting van 'n nasionale onderwysbeleid beweeg het. Toe ds. Du Plessis in 1956 sy emeritaat aanvaar het, het hy as voorsitter van die I.K.K. bedank. Hierna het hy die pos as hoofsekretaris van die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging aanvaar. Sy invloed en bekwaamheid as hoofsekretaris het baie beteken vir die onderwys. Sy tydskrifartikels in Die Skoolblad waarvan hy die redakteur was, het etlike honderde getel wat die weg probeer voorberei het vir die verkryging van 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika. In 1966 lê hy die tuig neer as hoofsekretaris van die O.V.S.O.V., maar bly nog aan as redakteur van Die Skoolblad tot einde 1969. Ds. Du Plessis het onteenseglik ‘n groot bydrae gelewer tot die verkryging van 'n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid- Afrika.Item Open Access 'n Teoretiese en praktiese inleiding tot historiografiese annotering(University of the Free State, 1982) Wessels, Andre; Van Schoor, M. C. E.Afrikaans: Historiografiese annotering is 'n belangrike onderdeel van die geskiedenis-as-wetenskap. Hoewel talle historici annotering beoefen en geannoteerde tekste in gepubliseerde vorm die lig sien, is historiografiese annotering op sigself 'n onderwerp waaroor daar nog weinig geskryf is. In hierdie verhandeling word historiografiese annotering krities onder oë geneem, ontleed en aan die hand van voorbeelde bespreek. Die studie is dus beide 'n teoretiese en 'n praktiese inleiding tot annotering. Vrae waarop gelet word, is byvoorbeeld: Wat is annotering? Wat word geannoteer? Hoekom word geannoteer? Hoe word geannoteer? Die beginsels, metode en tegniek van annotering word bespreek. Die plek van historiografiese annotering in die geskiedenis-as-wetenskap word onder die soeklig geplaas, asook ander probleme en aspekte m.b.t. annotering, bv. die probleem van subjektiwiteit, die huidige stand van annotering t.o.v. die Suid-Afrikaanse historiografie en die plek van illustrasies in annotering. Ten slotte word die bestanddele van 'n geannoteerde teks. uiteengesit en bespreek. Die oogmerk is deurgaans om historiografiese annotering nie slegs teoreties aan die hand van praktiese voorbeelde te bespreek nie, maar om ook aan die voornemende annoteerder, asook by wyse van vernuwing aan diegene wat reeds prakties geannoteer het, basiese riglyne t.o.v. annotering aan te dui; probleme en slaggate uit te wys en wenke te gee. Die studie bly egter in wese slegs 'n inleiding tot die onderwerp, en daar word nie op volledigheid aanspraak gemaak nie. Die annotering van die oorlogsherinneringe van wyle kmdt. Jacob Petrus (Japie) Neser uit die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902, het as aansporing gedien vir die skryf van hierdie studie oor historiografiese annotering. Hoewel die voltooide geannoteerde oorlogsherinneringe van kmdt. Neser as die praktiese uitgewerkte voorbeeld van wat in hierdie studie teoreties uiteengesit word, beskou kan word, kon dit in die lig van die omvangrykheid van die teoretiese studie, nie by hierdie verhandeling ingesluit word nie. Dit sal weldra in die Christiaan de Wet- Annale opgeneem word.Item Open Access Die Diamond Fields Advertiser en die Suid-Afrikaanse politieke krisisse, 1896-1898(University of the Free State, 1982) Gous, Herma Henriette; Van Schoor, M. C. E.Afrikaans: Hierdie studie handel oor die Diamond Fields Advertiser se interpretasie van die Suid-Afrikaanse politieke krisisse van die jare 1896 tot 1898 wat die Anglo- Boereoorlog voorafgegaan het. Die stryd tussen Brittanje en Transvaal om die behoud van Britse oppergesag in Suid-Afrika aan die een kant en die Transvaalse onafhanklikheid aan die ander kant het neerslag in die Kaapse politiek gevind. Die Jameson-inval wat die omverwerping van die Kruger-regering ten doel gehad het, het die blanke bevolking van Suid-Afrika in twee pOlitieke-kampe gedryf. Die Afrikaner in die Kaapkolonie is in hul simpatie met die Krugerregering verenig. Die Engelse koloniste het hulle agter die South African League en Rhodes geskaar in simpatie met die Uitlanders en ter ondersteuning van Britse oppergesag in Suid-Afrika. Die Diamond Fields Advertiser onder redaksie van Albert CartWright het egter geweier om hom onvoorwaardelik met enige van bogenoemde twee groepe te vereenselwig. Die koerant het wel die behoud van Britse oppergesag, 'n Suid-Afrikaanse federasie onder die Britse vlag en die toekenning van volle burgerregte aan die Uitlanders voorgestaan. Die gebruik van geweld ten einde bogenoemde oogmerke te bereik, is egter heftig deur die Diamond Fields Advertiser afgekeur. Cartwright het die gedagte dat Brittanje se posisie as die oppergesag in Suid-Afrika deur sameswering van die Boererepublieke en die Kaapse Afrikaners bedreig is, verwerp. Insgelyks het hy geweier om te glo dat die Britse regering of die Uitlanders enige vyandige oogmerke teen die Transvaalse onafhanklikheid gekoester het. Chamberlain se optrede t.o.v. Transvaal voor en na die Jameson-inval is in die lig van bogenoemde oortuiging geïnterpr~teer. Cartwright het bv. geweier om te glo dat Britse regeringsamptenare by die Rhodes-sameswering betrokke was. Chamberlain se versekering dat hy oor geen vooraf-kennis van die Jameson-inval beskik het nie,is sonder enige bevraagtekening deur die Diamond Fields Advertiser aanvaar. Terwyl Chamberlain gedurende die onmiddellike maande na die Jameson-inval met die gedagte van oorlog teen Transvaal gespeel het, het Cartwright nie alleen 'n gematigde optrede bepleit nie, maar volgehou dat Chamberlain nie geweld sou oorweeg nie. Ook gedurende die krisis van April 1897 het die Diamond Fields Advertiser gematigde Britse beleid t.o.v. Transvaal voorgestaan, alhoewel die koerant die Transvaalse wetgewing, wat tot die krisis gelei het, heftig veroordeel het. Cartwright het uit vrees dat die Britse regering met geweld in Transvaal sou ingryp, daarop aangedring dat die ander Suid-Afrikaanse state gesamentlik 'n protes aan die Kruger- regering moes rig. Cartwright se beleid vir die Diamond Fields Advertiser is gemotiveer deur 'n begeerte na vrede en eenheid vir Suid- Afrika. Dit was die onderliggende rede agter die koerant se teenkanting teen Rhodes se terugkeer na die Kaapse politiek na sy betrokkenheid by die Jameson-inval. Dit was ook die rede waarom dje Diamond Fields Advertiser die South African League se slagkrete ten gunste van die behoud van Britse oppergesag en sy beskuldigings van dislojaliteit teen die Afrikanerbond teengestaan het. Terwyl die gevoel van vyandigheid tussen Engels- en Afrikaanssprekendes in die Kaapkolonie hoog geloop het, het Cartwright as redakteur van die Diamond Fields Advertiser die vorming van 'n gematigde progressiewe party, wat oor die taalgrense heen sou strek, bepleit. Die Kaapse politieke klimaat op die vooraand van die Anglo-Boereoorlog het hom egter nie tot gematigdheid geleen nie. Die verkiesing van die Kaapse wetgewende vergadering in 1898 is deur die Progressiewe Party, onder aanvoering van Rhodes, in 'n stryd om Britse imperialisme teenoor Afrikaner-republikanisme omskep. Die Diamond Fields Advertiser het egter geweier om as 'n volgeling van óf Rhodes, óf Kruger, wat onderskeidelik bogenoemde stryd verpersoonlik het, geklassifiseer te word. Dit was die hoofrede agter die oorname van die Diamond Fields Advertiser deur die Progressiewes in Februarie 1898.Item Open Access Die rol van Carl Borckenhagen, redakteur van De Express, in die Oranje-Vrystaat, 1877-1888(University of the Free State, 1985-12) Strauss, Anna Catharina Petronella; Van Schoor, M. C. E.Afrikaans: Carl Brockenhagen was 'n koerantredakteur en Afrikanerleier met groot invloed in die Vrystaatse Republiek gedurende die tweede helfte van die Brand-era. Hy het die sukkelende Express uitgebou tot een van die mees suksesvolle Hollandse koerante in Suid-Afrika en 'n invloedryke mondstuk vir die republikeine. Hoewel in Duitsland gebore, het hy homself volkome met die Vrystaters en die Afrikanersaak vereenselwig. 'n Republiek waarin die hoogste gesag by die volk berus het, was vir hom die ideale staatsvorm en hy het sy lewe gewy aan die verstewiging en uitbouing van republikanisme. Toe hy in 1877 redakteur van De Express geword het, was die Oranje-Vrystaat die enigste onafhanklike republiek in Suid-Afrika. Deur middel van sy koerant, persoonlike invloed en die Afrikanerbond het hy dieVrystaters aangespoor en bemoedig om vas te hou aan die ideaal van republikeinse onafhanklikheid. Hy het hulle ontwakende gevoel van nasionalisme gekoester en gevoed en as praktiese mens het hy daarop aangedring om dit nie by gevoelens en woorde te laat bly nie, maar om tot dade oor te gaan. Die Republiek moes deur suiwer en gesonde administrasie opgebou word tot 'n welvarende, selfstandige staat. Die bevordering van nasionaalgerigte onderwys en boerdery, wat die land se enigste bron van inkomste was, moes voorkeur geniet. Aangesien die Republiek ekonomies gwurg het aan die kuskolonies se knellende invoerreg het Borckenhagen voortdurend gestry vir die oorbetaling van 'n deel van die invoerreg aan die Vrystaat sodat noodsaaklike projekte soos spoorweë aangepak kon word wat vooruitgang sou verseker. Hoewel hy die Volksraad knaend aangemoedig het om vooruitstrewende stappe te neem, het hy 'n wakende oog oor die Republiek se finansies gehou. Carl Borckenhagen was 'n man met visie. Hy het 'n onafhanklike, verenigde Suid-Afrikaanse republiek in die vooruitsig gestel, maar het besef dat dit 'n moeisame taak sou wees om alle Suid-Afrikaners te laat saamwerk en saamstreef om so 'n ideaal te bereik. Daar was nog te veel Britsgesindes aan die eenkant en te min inisiatief en vaderlandsliefde by die Afrikaners aan die anderkant. Verder het Britse imperialisme 'n faktor geword waarmee toenemend rekening gehou moes word. Aangesien 'n verenigde Suid-Afrika 'n droom vir die verre toekoms was, het hy al sy aandag aan die vereniging van die twee onafhanklike republieke gewy en alles wat in die pad daarvan gestaan het, beveg. Terwyl die besieling van die Vrystaters om hul republikeinse onafhanklikheid te bewaar sy eerste taak was, was die tweede stap om die Transvalers te bemoedig en te steun. Hy het besef dat samewerking tussen die twee onafhanklike republieke noodsaaklik was om republikeanisme te beveilig. Sy strewes was in direkte teenstelling met dié van pres. J. H. Brand wat ekonomiese samewerking met die Britse kolonies en die Britse ryk nagestreef het - 'n samewerking wat die grondslag kon lê van 'n verenigde Suid-Afrika. Die kloof tussen hierdie twee invloedryke persone het algaande groter geword. Die meerderheid Vrystaters het egter soos Brockenhagen gedink en die President het steeds meer vervreemd geraak van sy volk. Die agting wat hulle, Borckenhagen ingesluit, vir sy persoon gehad het, het daartoe bygedra dat sy wense dikwels uitgevoer is. Wat politieke beleid betref, kon pers. Brand die Volksraad as gevolg van sy persoonlikheid, diplomasie en oorredingsvermoë en veral die dreigement om te bedank oorhaal om sy leiding te volg. Wat praktiese regering betref, het hy en die Volksraad in baie gevalle ag geslaan op die goeie raad van Borckenhagen en het laasgenoemde se voorstelle neerslag in wetgewing gevind. As opvolger van Brand het die volk 'n man gekies wat hulle ideale en sieninge gedeel het, 'n man wat ook sterk deur Borckenhagen by hulle aanbeveel is, naamlik F. W. Reitz.Item Open Access Die krygsoptrede van Boer en Brit in Noordoos-Kaapland gedurende die Anglo-Boereoorlog, 1899-1900(Universiteit van die Vrystaat, 1986) Botha, Christoffel Johannes Francois; van Schoor, M. C. E.Alhoewel daar al talle werke oor die Anglo-Boereoorlog ver= skyn het, is daar nie veel oor die krygsoptrede van Boer en Brit in Noordoos-Kaapland geskryf nie. Die doel van hier= die studie is om meer lig op die krygsoptrede van Boer en Brit in hierdie streke te laat val. Die gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog bied interessante feite en gegewens, en die navorsing wat vir hierdie verhandeling gedoen is, was dan ook besonder insiggewend. 'n Studie van die krygsoptrede in Noordoos-Kaapland bring opnuut die besef dat die hele Suid-Afrika in n mindere of meerdere mate by die oorlog betrek was. In die geval van Noordoos-Kaapland was dit aan die begin van die oorlog be=slis in 'n meerdere mate die ·geval. Aanvanklik wou dit voor=kom of die Boeremagte se krygsoptrede die gewenste uitwerking op die Britse leerleiding se veldtogplanne gehad het, maar die latere Britse herstel en opmars het die teendeel bewys. Die sukses wat die Britse magte hier behaal het, was slegs van beperkte omvang en optrede van die Boeremagte het hulle in staat gestel om weer Noordoos-Kaapland te beset. Dit kan nie as 'n krygsoptrede wat die gang van die oorlog bepaal het beskou word nie, maar eerder as 'n sinnelose vermorsing van tyd en mannekrag. Daar is heelwat primêre en sekondêre bronne wat oor die onderwerp geraadpleeg kon word - veral primêre bronne soos die Leyds-versameling, die Renier-versameling, Kommandant-generaal-versameling, 𝘓𝘰𝘳𝘥 𝘙𝘰𝘣𝘦𝘳𝘵𝘴 𝘗𝘢𝘱𝘦𝘳𝘴 en die Blouboeke was van groot waarde vir hierdie studie. As sekondêre bronne het die werke van LS Amery en J H Breytenbach as belangrike rigtinggewende werke gedien. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚!Item Open Access Die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat tydens die administrateurskap van J. W. J. C. (Sand) du Plessis(University of the Free State, 1988) Du Plessis, Petrus Jacobus Prieur; Combrink, N. L.Afrikaans: 'n Studie is gemaak oor die breë front van die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat vanaf 1959 tot 1969. Uit die aard van die saak is dit 'n geweldige wye onderwerp en kon slegs dieptesnitte gemaak word rondom die heel belangrikste fasette van die provinsiale administrasie se verpligtinge wat in dieselfde tydvak nagekom moes word. Inderwaarheid korreleer die stof voortdurend met mekaar en vloei dit soms ineen. Ter wille van 'n logiese beeld is daar probeer om die fasette te skei en afsonderlik te hanteer, hoewel dit eintlik alles onderhewig was aan 'n totale beplanningstrategie van die Administrateur-in-Rade. Die Administrateur kon op sigself geen beslissing op sy eie neem sonder die goedkeuring van die Uitvoerende Komitee nie. Die gesamentlike vergadering van genoemde betrokkenes staan bekend as die Administrateur-in-Rade. Die wye omvang van optrede deur die administrasie op soveel verskillende terreine verleen 'n gedrongenheid van faktore en aspekte aan die verhandeling wat dit moontlik kan laat lyk na 'n opeenhoping van gegewens. Dit is eintlik niks anders nie as 'n weerspieëling van die baie ysters wat die Administrateur en sy Uitvoerende Komitee in die vuur gehad het. Die veelheid van faktore en aspekte wat dus onder die loep geneem is, is grootliks te wyte aan die wye spektrum van sake wat op die Administrateur en sy personeel se sakelys was, eerder as wat dit 'ngebrek aan struktuur is. Dit verklaar terselfdertyd waarom dit nie moontlik was om 'n deurlopende chronologie op te bou deur die tema in verhaaltrant uit te bou nie. Daar moes telkens sekere. dieptesnitte gedoen word van ontwikkelings wat gelyktydig plaasgevind het, sodat die chronologie dikwels die onderspit moes delf, ter wille van die behoud van struktuur. Die onder-struktuur van elke hoofstuk is nietemin tematies aangepak vir sover dit enigsins moontlik was. Baie onderhoude is gevoer ten einde die tydsklimaat en omstandighede duidelik te verstaan. Veel meer aandag is egter verleen aan die dokumentêre bewyse aangesien dit meer gedetailleerd, presieser en dus meer gesaghebbend is. Uiteindelik het die dokumente en die onderhoude mekaar ryklik aangevul. In 'n poging om die ontwikkelingsgeskiedenis van die Vrystaat sinvol uit te bou en te evalueer, was dit telkens nodig om veralook na die periode vóór Du Plessis se termyn as Administrateur te kyk. Daarsonder sou veel verlore gegaan het en kon 'nobjektiewe mening kwalik gevorm word. Dit was daarom nodig om ook na sy rol in die uitbouing van die Vrystaat te kyk in die periode voordat hy Administrateur geword het en dit in samehang te beskou met ontwikkeling wat plaasgevind het na hyself die leisels oorgeneem het. Sodoende word 'nveel bevredigender beeld verkry van die persoonlike bydrae en inisiatief wat van Du Plessis uitgegaan het om die Vrystaat in die dekade sestig so duidelik op die pad van ontwikkeling en groei te plaas. Die bewys hiervan lê in sy hele optrede. Die tweede en derde hoofstukke en ook hoofstuk sewe spreek van die historiese agterstand wat deur die jare in die Vrystaat opgebou is op die gebiede van hospitalisasie, onderwys, paaie en natuurbewaring en die pogings wat aangewend is om dit te verander. Hoofstuk twee gee die leser 'nbeter beeld van die spesifieke tydsgewrig en omstandighede waaronder Du Plessis die leisels oorgeneem het. Hoofstuk vyf handel spesifiek oor die waarde wat aan beplanning en die kontrolering van projekte toegeken is, terwyl hoofstuk vier rondom toerisme gebruik word om 'n unieke model as uitvloeisel van dié beplanning te beskrywe. Hoofstuk ses, wat oor Oranjejag handel, is op sigself 'n merkwaardige gebeurtenis in die Vrystaatse en dalk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dit is 'n unieke voorbeeld van pionierswerk wat deur onbegrip aan bande gelê is en daarom moeilik sy kinderskoene ontgroei het.Item Open Access Die Maleierkamp van Kimberley 1882 - 1957(University of the Free State, 1992) Africa, Edward John; Geyser, O.English: Shortly after the discovery of the dry diggings, the London and South African Exploration Company was registered in order to acquire lands in South Africa for mining and exploring In March 1871, the London and South African Exploration Company and the Hopetown Diamond Company merged into a limited liability company under the former title. Their head office was in London, with a local office in, Kimberley. J.B. Currey, the local manager, was responsible for reporting to the London Board of Directors, which formulated the company's policy. The property comprised the farms Bultfentel n, Dorstfontein and Alexanderfontei n. The townships of Beaconsfield and Newton formed part of the estate. By the issue of proclamation no. 71 of 1871, portions of the farms Vooruitzight, Bultfontein and Dorstfontein were declared public diggings in October 1871. The influx of fortune-seekers and unskilled Iabourers resulted in a large cosmopolitan population arising on the diggings. The huge demand for labour, and the comparatively high wages attracted thousands of migrant Natives. The accumulation of a large heterogeneous population led to the emergence of a permanent proletariat. There was a marked increase in crime, and the maintenance of law and order placed high demands on the limited police force. A band of exceptionally dedicated clergymen from various denominations grasped the opportunity to spread the Gospel amongst the diversified population. Since the inception of the diamond fields, the inhabitants occupied stands, erven and holdings at Bultfontein, Dorstfontein and Newton under leasehold, tenure or licences. Under this form of licence, the tenant had no proprietary right. The Malay Camp was entirely leasehold property. It was situated in the Newton township in the middle of the estate. The camp was started by Malay transport drivers who flocked to the diggings in search of work or in the hope of wealth. Originally the Malay Camp was more or less an exclusive Muslim residential area. This was the best residential portion of Kimberley. Gradually Newton became occupied principally by coloured people and Mohammedans, both of Indian and Cape extraction. After 1880 the Malay Camp developed into a densely populated racially mixed residential area. Even in the best of times, the Malay Camp was justly considered one of the worst slums in South Africa. The unfortunate poverty-stricken inhabitants were forced to live in run-down hovels unfit for human habitation. The overcrowded, squalid neighbourhood was the most vulnerable in times of epidemics. Gradually a growing consensus took root among whites regarding the removal of non-whites from the Malay Camp to municipal native locations and segregated residential areas on the outskirts of Kimberley. The petitioners lodged complaints with the authorities about the lack of sanitary facilities, the appalling housing conditions and the fear for the outbreak and spreading of infectious diseases. Councillors and health officers were resolute as to the removal and demolition of the dilapidated Malay Camp. On 22 September 1899, the De Beers Consolidated Mines, Ltd. purchased the properties of their former landlords, the London and South African Exploration Company. By virtue of the Deed of Donation, the City council became the rightful owner of the De Beers Estate. In terms of clauses 10 and 11 of the Deed of Donation the municipality undertook - and bound itself - to terminate and cancel all stand licences held by non-Europeans by 31 December 1953, without prior consultation or negotiations with the Malay Camp residents, and to demolish the area not later than 31 December 1959. The official notice to quit was strongly condemned by the standholders. The said racial discriminatory clauses of the agreement were criticized by the perturbed community. The implementation of the Slum Act and the Group Areas Act precipitated the clearance and demolition of the Malay Camp. The slum clearance which was started in the 1940's, made way for the development of the new Cïvic Centre. The centre was to provide a complex for Kimberley's social, cultural and administrative activities. It arose from the rubble where some five hundred decaying houses were occupied by the poorer non-European groups for some eighty years, prior to the forced removal and disintegration of a cosmopolitan society and the establishment of a municipal administrative conglomerate.Item Open Access Die begrip "people's history" en die betekenis en toepassing daarvan in die Suid-Afrikaanse konteks(University of the Free State, 1996) Kruizinga, Jelle Christiaan; Moll, J. C.; Frijhoff, W. Th. M.English: People's history as part of radical social history is part of a movement known as the "new history". The "new history" is a reaction against traditional historical writing that deals particularly with the political aspects of the past and the lives of so called important persons. In reaction to traditional historical writing, people's history deals with the subjective life experience of ordinary people in the past. Who and what the ordinary people are, depends on the country and context in which people's history is written, but includes groups like workers, women and blacks. Ordinary people are usually those who have either little power or no power and who are frequently being exploited or oppressed. People's history is a rather vague term, but this vagueness brings about freedom in the writing of history. Influences on the development of "people's history" include: the rise of the mass political movements especially sine the nineteenth century, radical-liberal and Fabian interest in the livelihood of ordinary people, and the French "Annales"-school's emphasis on total history. In spite of influences from many countries, people's history developed to its full potential in Britain, under the guidance of Marxist inspired historians. From 1966 with the establishment of the first History Workshop in Britain, people's history spread to countries like the USA, Germany, where "people's history" is called "Alltagsgeschicte", and to South Africa. In all of these countries people's history shows a distinctive character. A debate over the role of structuralism versus human agency divided Marxist historians in various countries into two groups. The structuralists were of the opinion that the real life experience of ordinary people in the past is of no importance to the study of history. People's history accuse structuralists of placing too much emphasis on abstract impersonal factors. Writers of people's history advocate an empirical method through which human agency will be acknowledged. In South Africa, people's history developed, in the late seventies, as on the one side a reaction against structuralist radical history and on the other side as a reaction against Liberal and Afrikanernationalist history writing. The revolutionary climate of the eighties helped to establish "people's history as a historiographical tradition in South Africa. People's history is of the opinion that historians are always influenced by their personal ideological beliefs and value systems and will therefore reflect wittingly or unwittingly on their work. The emancipation of ordinary people from exploitation and oppression is a political aim to which "people's history" would like to make a deliberate contribution. Presentism is often the result of people's history's involvement with contemporary political issues. Certain postmodernist tendencies like the rejection of the grand narratives and the modernization theory as well as the need to decentralise history, are all part of people's history. Particularly the rejection of the base-superstructure model, through the prominence given to n-on-class factors such as culture, ideology et cetera, is a rejection by people's history of rigid Marxism. Except for people's history's political motives within the broader society, it also aims at democratising the subject of History and its writing. The history workshops, attempts to decentralise knowledge of the past and the encouragement of different groups to write people's history, is an important contribution towards the democratisation of History. Creativity and imagination, for instance the use of oral history, is necessary for people's historians to discover sources on the past of ordinary people. People's history makes use of qualitative rather than quantitative sources and methods to show best what role the ordinary people played in the past. In essence people's history is a rejection of the idea of objectivity, and therefore rather advocates radical plurality in history as a starting point for a discourse on the complexity of the human past.Item Open Access The origin and the development of Black nationalism in South Africa up to 1960(University of the Free State, 1996-11) Lefuo, E. M.; Barnard, LeoAbstract not available