Business Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Business Management by Author "Crous, M. J."
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Faktore wat winsgewende groei in klein en mediumgrootte sakeondernemings beïnvloed(University of the Free State, 1997) Verhoeven, Charlotte Emelda; Crous, M. J.; Smit, A. V. A.Afrikaans: Die bestaan van kleinsakesektore bied verskeie voordele aan ekonomiese huishoudings. Die voortbestaan van hierdie sektore kan egter slegs verseker word indien kleinsakeondernernings winsgewend groei en bly voortbestaan. Dit blyk egter dat groei in kleinsakeondernemings 'n proses is wat dikwels onbeheersd plaasvind, met gevolglike negatiewe resultate. Ondernemings wat winsgewend groei, is die uitsondering. Die vraag is dus: Waarom groei sommige ondernemings winsgewend en ander nie? Volgens hierdie studie is winsgewende groei die gevolg van 'n kombinasie van faktore. Die doel van hierdie studie was om te bepaal in watter mate die entrepreneur, geleentheid en hulpbronne winsgewende groei beinvloed. 'n Tweeledige ondersoek, bestaande uit 'n literatuurstudie en 'n empiriese ondersoek, is uitgevoer. Afdeling A omvat hoofstukke 2 tot 5 wat handel oar die teoretiese bespreking van winsgewende groei en die drie bemvloedende faktore daarvan, naamlik die entrepreneur, hulpbronne en geleentheid. Afdeling B bevat die empiriese resultate en gevolgtrekkings van die studie. Winsgewende groei word beskou as die reele toename in winsgewendheid en omset in verhouding tot mekaar oar die lang termyn. Winsgewende groei gee aanleiding tot welvaartverhoging wat die bestaansrede van ondememings is. Winsgewende groei kan egter slegs plaasvind indien goeie geleenthede geidentifiseer word en bestuurs- en hulpbronprobleme voortspruitend uit groei oorbrug word. Goeie geleenthede word deur die volgende gekenrnerk: die geleentheid val binne die vermoe van die ondernerning om dit te benut; die tydsbestek wat die geleentheid bestaan, is lank genoeg om investering te verhaal; 'n werklike behoefte aan die produk bestaan; produkte verskil van mededingers se produkte; min mededinging en substituutprodukte kom voor; bedingingsmag van verskaffers en verbruikers is in die minderheid en toetreehindernisse is oorbrugbaar. 'n Mededingende voordeel verseker winsgewende groei en 'n geskikte mededingende voordeel vir kleinsakeondememings is differensiasiestrategiee. Groeistrategiee wat gebruik kan word om by veranderende omstandighede aan te pas, is intensiewe groei met spesifieke verwysing na produk- en markinnovasie. Bestuursverwante probleme waarmee entrepreneurs gekonfronteer word, is 'n Ieierskapsdilemma; langtermynfokus wat vervaag; kommunikasie wat verswak; toename in onsekerheid onder werknemers; vorming van subgroepe; gebrekkige menslike hulpbronbestuur; toenemende spanning vir die entrepreneur; toenemende rigiditeit; en verandering van die organisasiekultuur. Daarmee saam word entrepreneurs genoodsaak om verskeie aanpassings aan hul eie rol in ondememings te maak. Entrepreneurs speel ook 'n bepalende rol in die ontwikkeling van organisasiestrukture, entrepreneurspanne en ondernemingskulture. Kleinsakeondememings ervaar oor die algemeen kapitaaltekorte. Kontantvloeiprobleme wat een van die vemaamste gevolge van groei is, vererger die kapitaaltekorte. Om finansiele probleme te voorkom, kan entrepreneurs kontantvloei beheer/kontroleer deur middel van kontantvloeistate en kontantverhoudingsgetalle. Verder kan 'n bekostigbare groeikoers vir die ondememing bereken word deur middel van die persentasie-van-verkopemodel en die Boston-model. Entrepreneurs word genoop om van eksterne finansieringsbronne gebruik te maak om groei te finansier, hoewel generering van eie fondse vir groei die mees gewenste altematief is. Finansiering van groei vind egter dikwels deur die gebruikmaking van skuld plaas. Die Iiteratuurstudie is gevolg deur 'n empiriese ondersoek wat uit vier fases bestaan het, naamlik die bepaling van die universum, opstel van die skedule, uitvoer van die ondersoek en verwerking van die data. Gestruktureerde data-insameling, naamlik die persoonlike onderhoude aan die hand van 'n skedule, is gebruik om inligting van die universum (winsgewende groeiende klein en mediumgrootte sakeondernemings in Bloemfontein) te verkry. Beskikbare data is deur middel van variansie-analises en kruistabellering ontleed. Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat winsgewende groei 'n bereikbare doelwit vir kleinsakeondememings is. Die identifisering en benutting van 'n goeie geleentheid en die oorkoming van bestuurs- en hulpbronprobleme voortspruitend uit die groeiproses het winsgewende groei vir klein en mediumgrootte sakeondememings in verskillende markte, bedrywe en omstandighede, tot gevolg.Item Open Access 'n Ondersoek na entrepreneurseienskappe onder sekondêre skoolleerlinge(University of the Free State, 1995) Maré, Wilhelmina Phillipina Catharina; Crous, M. J.Afrikaans: 'n Kernvraag wat swaar op die hart van elke Suid-Mrikaanse skoolleerling rus, is hoe hy/haar hom-/haarself loopbaangewys kan voorberei in 'n land waar kwynende werkgeleenthede, sosiale en politieke onrus en 'n verswakkende ekonomie aan die orde van die dag is. Aansluitend hierby ondervind Suid-Mrika 'n enorme onderwyskrisis wat 'n bleek kleur aan die toekoms van die land verleen. Talle skrywers, sprekers en navorsers bepleit entrepreneurskapsontwikkeling as oplossing vir Suid-Mrika se probleme. Die problematiek van 'n gebrekkige, konformistiese onderwysstelsel en die opgradering en ontwikkeling van skoolleerlinge om met die behoeftes van 'n veranderende industriele gemeenskap tred te hou, moet as aanvanklike stimulus vir hierdie studie gesien word. Entrepreneurs vorm 'n dominante deel van die Suider-Mrikaanse sakegemeenskap. Die behoefte aan voorbereiding en ontwikkeling van skoolleerlinge as potensiele werkskeppers en bekwame en kundige werknemers word voortdurend deur die sakesektor beklemtoon. By implikasie beteken dit 'n totale herevaluering van die bestaande onderwysstelsel. Huidige en potensiele entrepreneurs op skoolvlak sal slegs suksesvol geldentifiseer en ontwikkel kan word indien 'n doeltreffende entrepreneursontwikkelingsmodel en -programme voorberei word om 'n optimale bydrae tot die uitbouing van die vryemarkekonomie te !ewer. Gegewe die belangrike posisie van entrepreneurs in die vryemarkekonomie, asook die uniekheid van die entrepreneursverskynsel, is entrepreneursontwikkeling op skoolvlak dus 'n prioriteitsaangeleentheid. In die Jig van hierdie kritieke aangeleentheid is 'n studie onderneem na die voorkoms van entrepreneurseienskappe, indien enige, onder sekondere skoolleerlinge. Ten einde voile stukrag hieraan te verleen, is 'n literatuurstudie, bestaande uit vier teoretiese hoofstukke, onderneem: Hoofstuk 2 handel oar "Entrepreneurskap in perspektief'. 'n Definisie van die begrip "entrepreneur", 'n beskrywing van die identiteit van die ware entrepreneur, asook 'n ontleding van die verskillende tipes entrepreneurs word aangebied. Voorts word die impak van verskeie makro-omgewingsveranderlikes op die entrepreneursverskynsel onder die soeklig geplaas. Algemene mites wat dikwels 'n wanbeeld van entrepreneurskap projekteer, word in hoofstuk 3 beskryf. Die entrepreneurspersoonlikheid en die vemaamste vaardighede waaraan skoolverlaters tekortskiet, word as integrale deel van entrepreneursontwikkeling benader. In hoofstuk 4 word die ontwikkeling van entrepreneurskap op skoolvlak ontleed. Spesifieke aandag word geskenk aan die ontwikkeling van 'n eg Suid-Afrikaanse entrepreneurskapsontwikkelingsmodel en -programme. Hierdie ho~fstuk lei tot 'n bevestiging van die behoefte aan entrepreneursontwikkeling op skoolvhik. Die bevordering van entrepreneurskap en sakevemuf onder die jeug word m hoofstuk 5 bespreek. Aandag word aan fundamentele probleme en moontlike aanpassings in die onderwysstelsel ter bevordering van entrepreneurskap geskenk. Die waarde van entrepreneurskapsopvoeding op skoolvlak en die pydrae van die vemaamste rolspelers, naamlik die ouergemeenskap, skoal, sakesektor en media tot entrepreneurskapsontwikkeling word in detail geevalueer. Vir die doel van die empiriese ondersoek is skole in die Bloemfontein-gebied genader om inligting oar skoolleerlinge se persepsie van entrepreneurskap en die besigheids/-sakewereld te verkry. Aandag is oak geskenk aan die voorkoms van die vemaamste entrepreneurseienskappe onder skoolleerlinge. lnsiggewende resultate is uit die onderspek verkry. Oar die algemeen blyk dit dat leerlinge negatief ingestel is en oak 'n mate van onsekerheid toon ten opsigte van entrepreneurskap as potensiele loopbaangeleentheid. 'n Gebrekkige kennisraamwerk betreffende entrepreneurskap is algemeen, asook die wanopvatting dat entrepreneurskap sentreer random 'n kits-"geldmaakproses" en die verwerwing van status. Voorts het die ondersoek ook aan die Jig gebring dat die skoal, en spesifiek voorligtingonderwyser(s) van die onbelangrikste bronne van inligting rakende entrepreneurskap verteenwoordig. Die ondersoek bet egter oak getoon dat slegs geringe pogings tot dusver deur skole aangewend is om skoolleerlinge volledig in te Jig betreffende hierdie kritieke aangeleentheid. Op grond van die empiriese studie kon aanbevelings gemaak word wat met vrug deur die onderwysowerhede oorweeg kan word.