Masters Degrees (Mercantile Law)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Mercantile Law) by Author "Henning, J. J."
Now showing 1 - 4 of 4
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Gesamentlike en afsonderlike aanspreeklikheid as 'n statutere sanksie in die maatskappyereg en die beslote korporasiereg(University of the Free State, 1989-10) De Koker, Louis; Henning, J. J.Abstract not availableItem Open Access Internet related commercial crimes(University of the Free State, 2001-11) Ebersöhn, Gerhardus Johannes; Henning, J. J.; Verschoor, T.English: The purpose of this study was to determine whether these exists a need for legislation in South Africa criminalising Internet related commercial crimes and specifically computer-related crimes, which for all purposes refer to instances where computer experts (hackers) gain access to third parties' computers without authorisation or unlawfully interfere with the latter's computer systems as well as to instances where computer experts disseminate malicious computer programs that do the above. Collectively these instances are referred to as hacking and virus instances. The selling and/or distributing of hackers' tools (used to gain access to computer system or to interfere with the functioning of computer systems) and illegally obtained passwords are also examples of a computer-related crime, studied in this dissertation. In search for an answer to the above-mentioned question, this study assessed whether computer-related crimes can be accommodated by the current definitions of common law as well as statutory offences, with specific reference to the offences of theft, receiving stolen property knowing it to be stolen, fraud, theft by false pretences, malicious injury to property and crimen iniuria. After a thorough analysis of the current law obtaining in South Africa it was concluded that should local courts be willing to extend the application as well as the definitions of common law offences to computer-related crimes, then virtually all instances of computer-related crimes would be encompassed by the above-mentioned common law offences. Only the creation and possession of hackers' tools and illegally obtained passwords would not constitute offences in terms of the South African criminal law. It was further noted that should local courts refuse to extend the application of common law offences to computer-related crimes, then thirteen cyber-"transgression" have to be criminalised. Further note was taken of the South African Law Commission's draft bill, the Computer Misuse Bill, as a proposal to criminalise computer-related crimes. In order to assess whether such proposed legislation is in line with foreign legislation criminalising the above-mentioned aspects, this study also scrutinised the legislation of the United States, the United Kingdom, Singapore, the Netherlands as well as the newly enacted European Convention on Cybercrime. Certain recommendations were also made to the South African Law Commission with regard to the type of conduct that should be criminalised to bring foreseen South African legislation, dealing with cyber-related crimes, in line with foreign legislation.Item Open Access Ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg(University of the Free State, 1986-01) Du Plessis, Jean Jacques; Henning, J. J.Afrikaans: Daar bestaan heelwat onsekerhede aangaande die ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg. Hierdie onsekerhede spruit hoofsaaklik voort uit die gebrek aan 'n konsekwente onderskeid tussen die verskillende hoedanighede waarin 'n enkele persoon teenoor die maatskappy kan staan en dié waarin hy kan staan teenoor ander individue wat by die intrakorporatiewe verhoudingstruktuur betrokke is. 'n Faktor wat gewis 'n verdere verwarrende invloed het, is die feit dat daar aan 'n begrip soos "besturende direkteur" tans geen vaste regsinhoud gekoppel kan word nie. Juis daarom word die regsposisie van die direkteur en besturende direkteur in die besonder oorweeg en word daar gewys op aspekte soos die begripsverwarring tussen die Engelse en Suid-Afrikaanse reg, probleme ten opsigte van die onderskeid tussen werknemerskap, direkteurskap en besturende direkteurskap, en word die nie-kontraktuele verhouding tussen die direkteur en die maatskappyook oorweeg. As gevolg van ontslag kan daar in sekere gevalle 'n reg op skadeloosstelling of skadevergoeding bestaan. Alhoewel die grondslag van die reg op skadevergoeding nie al tyd konsekwent verklaar word nie, kan die aanwending van gewone kontraktuele beginsels 'n belangrike rol speel in die oplossing van bestaande probleme rondom die reg op skadevergoeding. Indien kontraktuele beginsels suiwer toegepas word en die besondere posisie waarin die direkteur hom bevind, in ag geneem word is daar geen klaarblyklike rede waarom die ontwikkeling op hierdie gebied nie op 'n behoorlike beginselgrondslag geplaas kan word nie. Faktore wat egter ongetwyfeld in samehang met die kontraktuele oorwegings beskou moet word, is onder andere dat ontslag ingevolge bepalings in die maatskappykonstitusie of ingevolge die statutêre middel kan geskied, dat die reg op skadevergoeding die direkteur in bepaalde gevalle ontneem kan word en dat daar besondere oorwegings ter sprake kan kom in die geval van die besturende direkteur met 'n dienskontrak. Alhoewel die ontslag van direkteure 'n aangeleentheid is wat volledig in die maatskappykonstitusie gereël kan word, is 'n statutêre middel steeds nodig om die lede in die finale instansie beheer te gee oor die bestuur van die maatskappy. Enige statutêre middel wat die beskerming van die lede as oogmerk het en wat hierdie oogmerk wil bereik deur voorsiening daarvoor te maak dat 'n direkteur wat nie meer die belange van die maatskappy (en daarmee saam ook nie die belange van die lede nie) op die hart dra nie, ontslaanbaar moet wees, moet vir 'n verskeidenheid van gevalle voorsiening maak. Die huidige statutêre middel wat ontslag van maatskappydirekteure in die Suid-Afrikaanse reg reël (art 220 van die Maatskappywet 61 van 1973), voldoen wel aan sommige van die vereistes wat nodig is om gevolg aan die ware oogmerk van so 'n middel te gee. Daar bestaan egter ook heelwat leemtes wat vandag gebruik word en ook somtyds misbruik word om direkteure onontslaanbaar te maak. Hierdie gevalle het hoofsaaklik betrekking op ooreenkomste tussen die maatskappy en 'n derde, die feit dat langtermynkontrakte van direkteure nie noodwendig deur die algemene vergadering goedgekeur hoef te word nie en dat daar geen duidelikheid in die Suid-Afrikaanse reg bestaan oor die vraag of 'n belading van stemme wat net by ontslag-besluite ter sprake kom, geldig is nie. Gevolglik word wetswysigings voorgestelom hierdie leemtes uit die weg te ruim. Selfs al word die voorgestelde wetswysiging deurgevoer, sal gevalle van ex lege-beskerming teen ontslag steeds behoue bly (onder andere deur die ontslagprosedure soos vervat in die statutêre reëling en deur die feit dat die te ontslane direkteur die maatskappy met likwidasie ingevolge art 344(h) van die Wet kan dreig). Daar sal ook steeds maatreëls bestaan waardeur ontslag voorkom kan word (onder andere deur die aangaan van stemooreenkomste). Die ex lege-beskerming teen ontslag en maatreëls ter voorkoming van ontslag wat dan nog bestaan, sal egter ongetwyfeld wettig en geregverdig wees.Item Open Access The protection of minority shareholders in affected transactions: a comparative study(University of the Free State, 2000-11) Du Toit, Sandra; Henning, J. J.