Doctoral Degrees (Office of the Dean: Theology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Office of the Dean: Theology) by Author "Van Der Merwe, Gert Andries"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog 1899 - 1902(Universiteit van die Oranje-Vrystaat, 1988) Van Der Merwe, Gert Andries; Kleynhans, E. P. J.Die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) was sander twyfel een van die ingrypendste gebeurtenisse wat die Afrikanervolk beleef het. Met name is die twee Boererepubl ieke in die Transvaal en die Oranje-Vrystaat ten diepste daardeur geraak. Kragtens sy innige verweefdheid met die Afri kanervol k kon die Nederdu i tse Gereformeerde Kerk in die Oranje-Vrystaat nie aan die geweld van die aanslag ontkom nie. "Toe die voortbestaan van die volk in gedrang kom, moes die Ned. Geref. Kerk noodwendig baie nou daarby betrokke raak."¹ Die betrokkenheid blyk baie duidelik uit artikels wat in die tyd in De Fakkel, amptelike kerkbl ad van die Vrystaa tse kerk, verskyn het. TeIkens word die volk, en veral oak die burgers te velde, opgeroep om op God te vertrou in die verdediging van goed en bloed: "Blijf alzoo geduldig strijden, op Gods t1jd is de overwinning de onze."² 'n Studie van die Ned. Ge ref. Kerk in die Oranje-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog is derhalwe van aktuele aard en betekenis. Di t is verbIydend dat daar in die afgelope twee dekades 'n merkbare oplewing in die bestudering en optekening van die kontemporêre kerkgeskiedenis was. Die intreerede van prof. dr. P. B. van der Watt by die aanvaarding van die professoraat in, en die hoofskap van die Departement Kerkgeskiedenis aan die Universiteit van Pretoria op 17 Februarie 1975, het hieraan sonder twyfel 'n groat stoot gegee. Sy rede Gedagtes random 'n kontemporêre kerkgeskiedenis - met besondere verwysings na die Ned. Geref. Kerk, wil, soos die titel aandui en soos hyself dit stel, "dat hierdie nuwe terrein, dié van die eietydse, betree moet word" omdat dit vir 'n sinvolle en volledige blik op die Vaderlandse Kerkgeskiedenis noodsaaklik is.³ Die geagte hoogleraar het inderdaad self die daad by die woord gevoeg. Sy vrugbare pen bring die een na die ander boek op die mark - soveel so dat hy in 1988 die Totiusprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy bydrae tot die kerkgeskiedskrywing ontvang. Sy vierdelige werk oor Die Nederduitse Gereformeerde Kerk bied 'n oorsigtelike beeld van dié kerk se geskiedenis van die begin tot die resente tyd. Die houding en optrede van die kerk teenoor krygsoperasies word daarin ook aangesny en dit prikkel die leser tot verdere besinning en navorsing. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚