Masters Degrees (History)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (History) by Author "Greyvenstein, Diederick Johannes"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die aandeel van Ds. J. C. du Plessis in verband met 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika, met spesiale verwysing na sy werk in die I.K.K. en O.V.S.O.V.(University of the Free State, 1979-12) Greyvenstein, Diederick Johannes; Vermaak, D.Afrikaans: Die doel van die ondersoek is om die aandeel van ds. J.C. du Plessis na te vors ten opsigte van die verkryging van ‘n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid-Afrika deur spesiaal te verwys na sy rol in die Interkerklike Komitee (I.K.K.) en die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging (O.V.S.O.V.). Ter aanvang word kortliks verwys na die begrip nasionale onderwysbeleid en Wet 39 van 1967. Beginsels wat meer toeligting ontvang is die Christelike, nasionale, moedertaal-, differensiasie- en ouermedeseggenskapbeginsel. Die ontstaan van die vervlegting van die samelewingsverbande, kerk en skool van die Afrikaner wat die grondslag vorm vir onderwysbemoeiing deur die kerk word ook inleidend bespreek. Daar word op gewys dat dié noue verband tussen kerk en skool dateer uit die Hérvorming en tydens die volksplanting aan die Kaap op die onderwys alhier oorgedra is. Enkele wysgerige beginsels, te wete: die soewereiniteits- en vervlegtingsbegineels van gesagstrukture wat ten grondslag lê van die noue verband tussen die Afrikaner se kerk en skool en verklaar waarom die kerk en veral die N.G. Kerk, hom so indirek bemoei met die onderwys, geniet aandag. ‘n Voorbeeld van die kerk se bemoeienis met die onderwys is die stigting van die I.K.K. Hiervan was ds. Du Plesciis eers lid en later voorsitter. Van die O.V.S.O.V. wat heelwat later sy steun aan die I.K.K. toegesê het, het ds. Du Plessis na aftrede as predikant sekretaris geword. Na voltooiing van sy studies was ds. Du Plessis predikant op Jagersfontein en Bethlehem waar hy gou betrokke geraak het in onderwysaangeleenthede. Hierna word hy beroep na Beaufort-Wes in Kaapland waar hy sy segregrasieskema ten opsigte van Blanke en Kleurlingskole en koshuise deurvoer. Tydens hierdie periode red hy die Kaapse opvoedingskommissie van ontbinding en word die voorsitter daarvan. Ds. Ou Plessis word later die Kaapse verteenwoordiger op die I.C.N.U. van die F.A.K. en beywer hom vir C.N.O. As voorsitter van die Sinodale opvoedingskommissie het hy die omstrede De Villiers-onderwysverslag van 1948, die voorloper van ‘n nasionale onderwysbeleid, deeglik bestudeer en in tydskrifte toegelig. Toe ds. Du Plessis as predikant in die Transvaal gewerk het, het hy die provinsie se Sinodale Opvoedingskommissie geaktiveer om uitvoering te gee aan die Verslag se aanbevelings veral ten opsigte van ‘n nasionale onderwysbeleid vir gekoördineerde en gedifferensieerde onderwys vir blankes in Suid-Afrika. Die drie Afrikaanse susterskerke het vir die doel die I.K.K. gestig wat talle onderhoude met die onderwysowerhede gevoer het vir die verkryging van on nasionale onderwysbeleid. Hierdie I.K.K. het die omstrede memorandum opgestel vir die opheffing en beëindiging van verdeelde onderwysbeheer op middelbare vlak. Na heelwat onderhandelinge met die betrokke onderwysowerhede, is die MORtert-Mosie in Februarie 1955 in die Parlement ingedien waarna die regering geleidelik in die rigting van 'n nasionale onderwysbeleid beweeg het. Toe ds. Du Plessis in 1956 sy emeritaat aanvaar het, het hy as voorsitter van die I.K.K. bedank. Hierna het hy die pos as hoofsekretaris van die Oranje-Vrystaatse Onderwysersvereniging aanvaar. Sy invloed en bekwaamheid as hoofsekretaris het baie beteken vir die onderwys. Sy tydskrifartikels in Die Skoolblad waarvan hy die redakteur was, het etlike honderde getel wat die weg probeer voorberei het vir die verkryging van 'n nasionale onderwysbeleid vir die Republiek van Suid-Afrika. In 1966 lê hy die tuig neer as hoofsekretaris van die O.V.S.O.V., maar bly nog aan as redakteur van Die Skoolblad tot einde 1969. Ds. Du Plessis het onteenseglik ‘n groot bydrae gelewer tot die verkryging van 'n nasionale beleid vir die onderwys van blankes in Suid- Afrika.