Masters Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Business Management) by Author "Grobbelaar, Chrizaan"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The personal financial management practices of young married couples(University of the Free State, 2011) Grobbelaar, Chrizaan; Alsemgeest, L.; Vermeulen, W.Afrikaans: ʼn Ekonomiese krisis het geweldige nagevolge vir ʼn land gemeet aan werksverlies, laer inkomste en ʼn afname in beleggings. Verbruikersvraag is ʼn belangrike faktor wat die ekonomie sterk hou, maar wanneer verbruikers oorverskuldig is, hul werk verloor of ʼn verlangsaming in inkomste ervaar, sal dit ʼn afwaartse neiging in die ekonomie tot gevolg hê. Die skuld-tot-inkomste verhouding van Suid-Afrikaanse huishoudings het oor die afgelope dekade skerp toegeneem. Dit was verbasend maklik om krediet te bekom en daar was nie enige maatreëls getref om te bepaal of individue daartoe in staat sal wees om skuld terug te betaal nie. ʼn Rentekoersverhoging op persoonlike en huislenings het daartoe gelei dat individue te diep in die skuld geraak het. Verbruikers het tans nie net met hoë rentekoerse te kampe nie, maar moet ook uiters hoë lewenskoste in die vorm van elektrisiteitstariewe en petrol- en kospryse trotseer. Verbruikers is tans in ʼn weefsel van skuld en hoë koste vasgevang wat dit vir hulle onmoontlik maak om dit eers te oorweeg om geld te spaar of vir aftrede opsy te sit. Hierbenewens ervaar Suid-Afrika tans ʼn trae spaarkoers wat ekonomiese groei verder kniehalter. Verskeie finansiële probleme spruit uit ʼn gebrek aan persoonlike finansiële kennis. Finansiële geletterdheid is ʼn belangrike hulpmiddel wat ʼn individu daagliks kan help om wyse finansiële besluite te neem, skuld baas te raak of te vermy en meer te spaar. Sommige volwassenes beskik egter nie eens oor basiese opvoedkundige opleiding nie. Ander faktore wat tot finansiële probleme bydra sluit finansiële fobie, koopdrang en skuld in. Finansiële probleme kan egskeiding, stres en depressie, insolvensie en ʼn afname in werknemerprestasie en -produktiwiteit tot gevolg hê. Jong, getroude paartjies is geneig om mekaar se uiteenlopende idees oor geld en hulle onderskeie geldbestuurspersoonlikhede te ignoreer. Dit is ʼn heelwat groter uitdaging om finansies gesamentlik as ʼn egpaar te bestuur as wat dit is om dit individueel te doen. Elke eggenoot het sy/haar eie persepsie oor geld en toon verskillende gedrag en houdings ten opsigte van sy/haar finansies. ‟n Gebrek aan kommunikasie oor hul verskille kan argumente by egpare veroorsaak. ʼn Egpaar se huweliksgeluk hang gedeeltelik van hulle persoonlike finansiële bestuurspraktyke af. Huweliksongeluk kan egskeiding tot gevolg hê. Die oogmerk van hierdie studie was om inligting in te samel oor die finansiële bestuurspraktyke van jong egpare in die Bloemfontein gebied tydens 2010 en 2011. Die sekondêre doelwitte was daarop gerig om die belangrikheid van gesonde finansiële bestuur vir ʼn individu en binne ʼn huwelik te evalueer. Verder, om te bepaal hoe jong egpare hul finansies bestuur; kommunikeer en verskil; en wat hul gedrag, houdings en persepsies jeens finansies is. Die teikenbevolking was 75 egpare; dit wil sê, 150 respondente het die vraelys voltooi. Die resultate toon dat ongeveer 30% van die respondente nooit geld spaar of vir aftrede opsysit nie. Vergeleke met die literatuur het 9 uit elke 10 individue nie genoeg geld om van te leef as hulle hul aftreeouderdom bereik nie. Dit verplig hulle om aan te hou werk. Een uit elke twee respondente het ʼn kredietkaart en klererekenings, met voertuigfinansiering kort op die hakke. Egpare verkies om besluitneming ten opsigte van hul geldsake te deel. Egpare wat voortdurend oor geldsake verskil beloop 11.5%. ʼn Eggenoot se skuldsituasie is die vernaamste bydraende faktor tot stres in ʼn huwelik. Altesaam 20% van die respondente was uiters negatief oor hulle persoonlike finansies en 59% weier om ʼn finansiële adviseur oor geldsake te nader, terwyl 36,7% van die respondente ontevrede was met hulle heersende finansiële omstandighede. Elke eggenoot het ʼn hoër agting van sy/haar eie, persoonlike finansiële bestuurspraktyke getoon vergeleke met hulle maats se beskouing daarvan. Oor die algemeen het mans en vroue die meeste vertroue in die man se persoonlike finansiële bestuurspraktyke.