Masters Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Business Management) by Author "Alsemgeest, Liezel"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The management of trade credit in small and medium-sized enterprises(University of the Free State, 2014) Otto, Werner Henk; Alsemgeest, LiezelAfrikaans: Ongeveer 24.5% van die ekonomies aktiewe bevolking in Suid-Afrika is werkloos (Statistiek Suid-Afrika 2009). Suid-Afrika ondervind geweldige inkomste-ongelykhede en hoë vlakke van armoede. Klein-en medium grootte ondernemings (KMOs) is veronderstel om ’n belangrike hulpmiddel te wees om die uitdagings van werkverskaffing en volhoubare ekonomiese groei aan te spreek. Volgens Von Broembsen, Wood en Herrington (2005) se opname is die kanse vir KMOs om te oorleef skraler in Suid-Afrika as in enige ander GEM land. Die wanbestuur van handelskrediet kan ’n moontlike oorsaak vir die KMOs se mislukkings in Suid-Afrika wees. Die hoofdoel van hierdie studie is om die bestuur van handelskredietpraktyke van KMOs vas te stel en sodoende te bepaal of handelskrediet deur KMOs in Suid-Afrika wanbestuur word. Om hierdie doel te bereik, was dit nodig om die (huidige) bestuur van handelskredietpraktyke te bepaal en te illustreer om sodoende vas te stel of KMOs dit moeilik vind om handelskrediet doeltreffend te bestuur en onsuksesvol is om handelskrediet effektief as ’n bron van finansiering aan te wend. Om te verduidelik hoekom KMOs as gevolg van wanbestuur van handelskrediet in hulle eie praktyke misluk, is dit belangrik om die moontlike redes vir die onsuksesvolle bestuur van handelskrediet te verstaan en te verduidelik. Ten einde hierdie doel te bereik, het hierdie studie van ’n e-pos opname gebruik gemaak en is ’n aanlynvraelys as die primêre data-insamelingsinstrument ontwerp. Hierdie aanlyn-vraelys is aan 352 KMO respondente gegee en is ontwerp deur ’n deeglike oorsig van literatuur oor die debiet- en kredietbeleid vir KMOs saam met die besigheidsomgewing en KMOs te volg. Empiriese navorsing is uitgevoer om die bestuur van handelskredietpraktyke van KMOs in Suid-Afrika te bepaal. Die statistiese analises sluit statistiese tegnieke soos beskrywende statistiek, frekwensies, kruistabulering en gemiddeldes in. Daarmee saam is die ooreenstemmende t-toets en die McNemar-toets gebruik om vergelykings tussen die twee verskillende klassifikasiewaardes, naamlik debiteure en krediteure, te tref. Aanbevelings is gemaak om die bestuur van handelskrediet onder KMOs te verbeter. Die bevindinge stel voor dat KMOs van ’n beproefde en gestruktureerde kredietbeleid gebruik maak alvorens handelskrediet aan ’n kliënt toegestaan word, sodat die bestuur van handelskrediet onder KMOs versterk en verbeter word. Verder moet kredietbeleid gestruktureer en opgeskerp word om die doeltreffendheid van KMOs se kredietbeleid te verhoog, veral deur op die relevante kredietkomponente, soos in die kredietbeleid van die KMO uiteengesit word, te fokus. Dit word ook aanbeveel dat KMOs, sover moontlik, moet probeer om nie die betalings uit te stel wat aan ander KMOs of kliënte gemaak moet word nie. Opleiding en kommunikasie kan ook KMO-eienaars help om die konsepte van doeltreffende bestuur van handelskrediet te verstaan. KMO-eienaars kan ook by netwerke inskakel deur seminare by te woon.