Masters Degrees (Industrial Psychology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Industrial Psychology) by Advisor "Uys, D."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Perceptions of personnel practitioners in Bloemfontein of the dispute resolution mechanisms of the labour relations Act 66 of 1995(University of the Free State, 1998) Prince, Boikanyo George; Uys, D.; Bester, C. L.Afrikaans: Die werkplek in Suid-Afrika is gepolariseerd op grond van ras, hoofsaaklik as gevolg van die apartheidsbeleid van die verlede. Die gevolglike sosiale, politieke en ekonomiese omgewings het 'n negatiewe organisatoriese kultuur in die algemeen geskep. Dit het gelei tot 'n tekort aan deelname en vertroue tussen lede van die gemeenskappe sowel as 'n afwesigheid van groepsidentitiet. Die nuwe regering het dus met 'n transformasieproses begin waarin die ekonomiese ontwikkeling van die benadeelde swart meerderheid 'n dominante tema in die politieke heropbou van Suid-Afrika geword het. Dit het die persepsie geskep dat die regering georganiseerde arbeid begunstig tot die nadeel van besigheid en dat die magsbalans ten gunste van arbied geswaai het. Die Wet op Arbeidsverhoudinge Wet 66 van 1995 is in September 1995 goedgekeur en het op Il November 1996 in working getree. Een van die oogmerke van die Wet is om 'n eenvoudige geskilbeslegtingsprosedure daar te stel. Die kern van die Wet is die Kommissie vir Versoening, Mediasie en Arbitrasie (KVMA). Die KVMA en die Arbeidshof IS twee geskilbeslegtingsinstellings. Die navorsing het ten doel gehad om vas te stel wat die persepsies van personeelpraktisyns teenoor die geskikbeslegtingsmeganismes van die Wet was. Die projek het die persepisies van personeelpraktisyns in Bloemfontein rakende hierdie geskilbeslegtingsmeganismes geëvalueer. Die spesifieke meganismes wat onder die Wet van toepassings is, is versoening en arbitrasie sowel as die Arbeidshofprosesse. Die navorsing was ook daarop gemik om vas te stelofhierdie persepsies op grond van biografiese aspekte soos ras, bedryf vlak van bestuur, sowel as grootte van die organisasie ens. verskil. 'n Nie-eksperimentele, ondersoekende, verduidelikende beskrywingsontwerp is gebruik. Die toetspopulasie het bestaan uit personeelpraktisyns in Bloemfontein wat ten minste twee jaar ondervinding as arbeidsverhoudingepraktisyns het. Die toetsstrategie was geriefstoetsing. 'n Vraelys is gebruik om inligting van die respondente oor aspekte van konsiliasie, arbitrasie, die Arbeidsverhof en die Arbeidsappélhof in te samel. Beskrywende statistiek is gebruik om die persepsies van die personeelpraktisyns aangaande die geskilbeslegtingsmeganismes aan te teken. Die bevindings van hierdie studie het aangedui dat die persepsies van die toetspopulasie gunstig was en dat daar verskille is (alhoewel nie beduidend nie) volgens bedrywe, vlak van bestuur en grootte van organisasies, maar nie noodwendig volgens ras nie. Die studie sluit afmet aanbevelings wat in die algemeen fokus op die bou van verhoudings as 'n wyse om konflik in die werkplek te verminder en/of uit te skakel. Die werkplek moet verder getransformeer word as 'n manier om die proses van verhoudings bou aan te moedig. Sodra dit behaal is, moet 'n prestasieverbeteringsprogram vir die KVMA geïmplementeer word om prestasietekortkomings te identifiseer en toepaslike opleidingsprogramme moet geselekteer word om die opleidingsbehooftes van die aangestelde kommissarisse aan te spreek. Indien die bogemelde nie die geïdentifiseerde probleme aanspreek nie, moet wysigings aan die Wet oorweeg en ingestel word. Laastens kan die partye uitkontrakteer ten opsigte van die statutêre geskilbeslegtingsinstellings.