Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Advisor "Kroukamp, H. J."
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The influence of the transformation of local government on service delivery in category B municipalities in the Eastern Cape(University of the Free State, Jun-04) Rankwana, Edward Martin; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Na die afskaffing van apartheid het die herstrukturering van plaaslike bestuur in Suid-Afrika ‘n aanvang geneem. Kenmerkend van stede in Suid-Afrika was die uitsluiting van ‘n merkbare gedeelte van die bevolking vanaf ekonomiese geleenthede en die lewering van basiese dienste. Die nasionale debat oor die transformasie en herstrukturering van plaaslike bestuur het in 1990 in die plaaslike bestuurs-onderhandelingsforum ‘n aanvang geneem en is oor die inhoud van die Plaaslike Regerings Oorgangswet, 1993 onderhandel. Laasgenoemde Wet het voorsiening gemaak vir ‘n drie-fase oorgangsproses asook die afskaffing van rasgebaseerde plaaslike owerhede. Die finale fase van die transformasie van plaaslike bestuur het ‘n aanvang geneem met die implementering van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996). In terme van die Grondwet (Hoofstuk 10) is al drie regeringsfere verantwoordelik om dienste aan alle Suid-Afrikaners te lewer. Ten einde hierdie sfere in staat te stel om hul verantwoordelikhede na te kom, moes die diensleweringsproses van die openbare sektor verander word deur middel van herstrukturering. In terme van die heropbou en ontwikkelingsprogram is munisipaliteite as kritiese basiese diensleweringsinstellings geïdentifiseer. Derhalwe is die herstel en opgradering van dienste waar dit verval het asook die uitbreiding van dienste na nuwe gebiede as voorvereistes vir die legitimering van die nuwe plaaslike bestuurstelsel gesien. ‘n Afbakeningsraad is tot stand gebring om grense te bepaal vir munisipaliteite wat in terme van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 tot stand gebring is. Laasgenoemde wetgewing het die kategorieë en tipes munisipaliteite vir Suid-Afrika bepaal. Die doel van die studie is om die invloed van transformasie op dienslewering te ondersoek en is die totstandkoming van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit en verwante aangeleenthede aangespreek. Hierbenewens is die dienste wat deur plaaslike besture in terme van hul grondwetlike mandaat gelewer moes word, verduidelik waarna die vlak van bevrediging van inwoners ten opsigte van dienslewering deur middel van empiriese studie ondersoek is. Bevindinge en aanbevelings word in die laaste hoofstuk van die tesis aangebied.Item Open Access A performance measurement approach to improve financial management in provincial governments in South Africa(University of the Free State, May-03) Van Wyk, Hendrik Andreas; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Die finansiële bestuur in die openbare sektor kan verbeter deur die implementering van ‘n geïntegreerde rekeningkundige stelsel om begrotings, finansiële jaarstate, en prestasieverslae op ‘n toevallingsbasis op te stel en sodoende die behoeftes van die belanghebbendes te bevredig. Die bestuur van regeringsuitgawes was tradisioneel gefokus op ‘n stelsel van uitgawebeheer, wat gebaseer was op kontantbasis-rekeningkunde. Die beheer het ten doel gehad om te verseker dat bedrae wat deur regeringsowerhede voorgeskiet is, nie oorskry word nie. Kontantbasis-rekeningkunde meet nie uitgawes wat gedurende die periode aangegaan is of ontstaan het nie en derhalwe word die koste van projekte van die regering nie akkuraat gemeet, beheer en oor verslag gedoen nie. In die afwesigheid van akkurate koste-inligting kan die prestasiemeting en kosteeffektiwiteit nie bepaal word nie. Die Openbare Sektor Komitee van die Internasionale Federasie van Rekenmeesters is tans besig om internasionale rekeningkundige standaarde op te stel. Hierdie standaarde sal toevallingsrekeningkunde aanbeveel wat ‘n wesenlike stap na deursigtige en verantwoordbare inligting is. Finansieel gesonde instellings word gelei deur bekwame bestuur en maak gebruik van effektiewe begrotingsbeheer. Effektiewe begrotingsbeheer is nou gekoppel aan langtermyn strategiese doelwitte en verlangde uitkomste. Die bedryfsbegrotings word dan met die werklike resultate wat volgens die toevallingsgrondslag voorberei is, vergelyk om prestasie en effektiwiteit te meet. Dit is duidelik uit die bogenoemde dat daar drie voorvereistes vir prestasiemeting bestaan, te wete (i) Lojale en bekwame lynbestuurders; (ii) uitkomsgebaseerde begrotings; en (iii) toevallingsgebaseerde verslagdoening. Die gebalanseerde telkaart is ‘n bruikbare instrument om strategiese doelwitte en prestasiemaatstawwe te dokumenteer. ‘n Prestasiemetingsraamwerk wat die gebalanseerde telkaart as basis gebruik, word vir provinsiale regerings ontwikkel wat die volgende inkorporeer; (i) die implementering van ‘n uitkomsgebaseerde begroting; (ii) ‘n kosteberekeningstelsel om koste van uitsette te meet en wat op ‘n toevallingsbasis gegrond is; en (iii) ‘n staat van prestasie. Lojale en bekwame lynbestuurders is die eerste voorvereiste vir prestasiemeting. Die verantwoordelikhede van die uitvoerende liggaam, hoof uitvoerende beampte en hoof finansiële amptenaar van provinsiale departemente word duidelik gedefinieer. Die opleidingsbehoeftes van regeringsamptenary word ook aangespreek. Uitkoms-gebaseerde begrotings is die tweede voorvereiste van prestasiemeting. Die bestuur in provinsiale departemente moet ag slaan op die huidige tekortkominge in die begrotingstelsels en moet die implementering van aktiwiteitsbasisbegrotings oorweeg. Verslagdoening op ‘n toevallingsgrondslag is die derde voorvereiste vir prestasiemeting. Interne verslagdoening in provinsiale regeringsdepartemente moet herontwikkel word. Die koste van aktiwiteite en programme moet op ‘n aktiwiteitsbasis en toevallingsgrondslag bereken word en na elke uitset geallokeer word. Laastens word aanbeveel dat ‘n staat van prestasie in die finansiële jaarstate van provinsiale departemente geïnkorporeer word en wat in harmonie met die inkomstestaat en die gebalanseerde telkaart behoort te wees.