Die verandering van bestuurders en werknemers se houding teenoor werknemers met fisieke gestremdhede deur middel van interaktiewe drama
Abstract
English: South Africa is a country which has experienced far-reaching changes in the
political arena during the past two decades. These changes resulted in the
improved management of the diverse South African population, which
necessitates the effective management of people with disabilities. Disability
is an international phenomenon that elicits local, national and international
comment. People with disabilities represent a large proportion of people who
want to work, but remain unemployed seeing that managers do not
acknowledge their potential. The main reason for the exclusion of people
with disabilities from the main stream is negative attitudes and prejudice of
people without disabilities toward people with disabilities, as well as a lack of
awareness of their capabilities.
The changing of attitudes is, however, a complex process that includes
cognitive, affective and behavioural components. Learning is central to this
process since the changing of attitudes includes inevitably some or other
form of learning. This learning experience, as well as the reflection on the
experience, is known is experiential learning. Interactive drama is a method
of experiential learning that challenges learners within a certain situation and
with a certain mentality by using their experience as a foundation. More and
more organisations turn to drama as training method since interactive drama
provides organisations with the opportunity for flexible learning experiences
and proves a meaningful instrument to investigate, review or practise human
interactions within a secure and controlled learning environment.
Several studies have investigated different aspects, namely diversity and
physical disabilities as a form of diversity, as well as attitude changes. Other
studies focused on attitude changes by using interactive drama. There is,
however, a lack of studies that integrate the different components in the
application of interactive drama in the changing of attitudes toward people
with physical disabilities.
The purpose of this study is to investigate interactive drama as a method of
experiential learning, to develop a programme for attitude change and to
implement and evaluate the programme in an attempt to change the
attitudes of managers and employees toward people with physical
disabilities. Several theoretical principles and strategies have been
incorporated in the development of the programme.
For the purpose of this study, the research population consisted of
managers and employees from different big and small companies in the
Free State who are currently studying a Business Leadership Degree at the
School of Management at the University of the Free State. The study made
use of a quasi-experimental design since participation in the study was
voluntary. The Scale of Attitudes toward Disabled Persons (SADP) was used
to investigate the attitude changes of managers and employees toward
people with physical disabilities.
The total number of respondents who participated in the study where 133.
The total numbers of subjects, who were exposed to the intervention,
consisted of 33 managers and 30 employees. The control group consisted of
30 managers and 40 employees. The t-test for dependent groups was used
to investigate any differences within the groups. The following results were obtained from the study:
It is evident that this programme has not caused a statistically meaningful
change in the attitudes regarding physical disability. At the end of the
• There is no statistically meaningful difference between the pre- and
post-measurement of the experimental group of managers regarding
the attitude scores toward people with physical disabilities.
• There is no statistically meaningful difference between the pre- and
post-measurement of the experimental group of employees
regarding the attitude scores toward people with physical disabilities.
programme, subjects have, however, completed a general evaluation
questionnaire with the purpose of evaluating their experience of the
programme, as well as their own perception of their attitude change toward
people with physical disabilities.
It is clear from this evaluation questionnaire that the programme resulted in
respondents identifying, changing and improving their own prejudice and
negative attitudes toward employees with disabilities. Furthermore, this
programme gave rise to an increased awareness toward employees with
disabilities in general, as well as their skills, duties and challenges. Finally,
learners indicated that their attendance of the programme provided
employees with disabilities with fair chances of employment. In the light of
these results the programme was indeed successful in changing the
attitudes of employees and managers toward employees with physical
disabilities. Afrikaans: Suid-Afrika is 'n land wat die afgelope twee dekades ingrypende
veranderinge in die politieke arena ondergaan het. Hierdie veranderinge het
aanleiding gegee tot verbeterde bestuur van die diverse Suid-Afrikaanse
bevolking, wat die effektiewe bestuur van persone met gestremdhede
noodsaak. Gestremdheid is 'n internasionale fenomeen wat plaaslike,
nasionale en internasionale kommentaar ontlok. Persone met gestremdhede
verteenwoordig 'n groot proporsie persone wat graag wil werk, maar
werkloos blyaangesien bestuurders nie hulle potensiaal erken nie. Die
hoofrede vir die uitsluiting van persone met gestremdhede van die
hoofstroom is negatiewe houdings en vooroordele van persone sonder
gestremdhede teenoor persone met gestremdhede, asook 'n gebrek aan
bewustheid van die vermoë van persone met gestremdhede.
Die verandering van houdings is egter 'n komplekse proses wat kognitiewe,
affektiewe en gedragskomponente insluit. Leer staan sentraal in hierdie
proses aangesien die verandering van houding noodwendig een of ander
vorm van leerervaring insluit. Hierdie leerervaring, asook die reflektering
daarop, staan as ervaringsleer bekend. Interaktiewe drama is so 'n
ervaringsleermetode wat deelnemers binne 'n bepaalde situasie en
denkwyse uitdaag deur hul ervaring as basis te gebruik. AI hoe meer
organisasies wend hulle tot drama as opleidingsmetode aangesien
interaktiewe drama verder aan organisasies die geleentheid vir buigbare
leerervaringe bied en dit 'n sinvolle instrument is om menslike interaksies
binne 'n veilige en gekontroleerde leeromgewing te ondersoek, te hersien of
in te oefen.
Daar is verskeie studies wat verskillende aspekte, naamlik diversiteit en
fisieke gestremdheid as vorm van diversiteit, asook houdingsveranderinge,
ondersoek. Ander studies ondersoek weer houdingsveranderinge deur
gebruik te maak van interaktiewe drama. Daar is egter 'n gebrek aan studies
wat die verskeie komponente in die toepassing van interaktiewe drama in
die verandering van houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede
integreer.
Hierdie studie het ten doelom interaktiewe drama as 'n ervaringsleermetode
te ondersoek, 'n houdingsveranderingsprogram te ontwikkel en te
implementeer en die program te evalueer in 'n poging om bestuurders en
werknemers se houdings teenoor persone met fisieke gestremdhede te
verander. Verskeie teoretiese beginsels en strategieë is in die ontwikkeling
van die program geïnkorporeer.
Vir die doel van die studie bestaan die navorsingspopulasie uit bestuurders
en werknemers van verskillende groot en klein maatskappye in die Vrystaat
wat tans 'n Bestuursleierskapsgraad by die Bestuurskool van die Universiteit
van die Vrystaat studeer. Die studie maak van 'n kwasi-eksperimentele
ontwerp gebruik aangesien deelname aan die studie vrywillig was. Die
"Scale of Attitudes toward Disabled Persons" (SADP) is gebruik om
bestuurders en werknemers se houdingsveranderinge teenoor persone met
fisieke gestremdhede te ondersoek.
Die totale aantal respondente was aan die studie deelgeneem het, is 133.
Die totale getal proefpersone wat aan die ingreep blootgestel was, het uit 33
bestuurders en 30 werknemers bestaan. Die kontrolegroepe het uit 30
bestuurders en 40 werknemers bestaan. Die t-toets vir afhanklike groepe is
gebruik om enige verskille binne groepe te ondersoek.
Die volgende resultate is vanuit die studie verkry:
• Daar is geen statisties beduidende verskille tussen die voor- en
nameting van die eksperimentele groep bestuurders ten opsigte van
die houdingstellings teenoor persone met fisieke gestremdhede nie.
• Daar is geen statisties beduidende verskille tussen die voor- en
nameting van die eksperimentele groep werknemers ten opsigte van
die houdingstellings teenoor persone met fisieke gestremdhede nie.
Hieruit blyk dit dat die program nie 'n beduidende statistiese verandering in
houdings ten opsigte van fisieke gestremdhede meegebring het nie.
Proefpersone het egter ook aan die einde van die program 'n algemene
evaluasievraelys voltooi wat ten doel gehad het om hul ervaringe van die
program, asook hulle eie persepsie van hulle houdingsveranderinge teenoor
persone met fisieke gestremdhede, te evalueer.
Volgens die evaluasievraelyste het die program daartoe aanleiding gegee
dat respondente hul eie vooroordele en negatiewe houdings teenoor
werknemers met gestremdhede kon identifiseer, verander en verbeter.
Verder het die program tot 'n verhoogde bewustheid van werknemers met
gestremdhede in die algemeen, asook hul vaardighede, take en uitdagings
aanleiding gegee. Laastens het leerders aangetoon dat hulle na bywoning
van die program aan werknemers met gestremdhede regverdige kanse tot
indiensneming verskaf. In die lig van hierdie resultate was die program wel
suksesvol in die verandering van werknemers en bestuurders se houding
teenoor werknemers met fisieke gestremdhede.