Verpleegsorgbehoeftes van HIV positiewe pasiënte

Loading...
Thumbnail Image
Date
1996-05
Authors
Basson, Petro Magdalena
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: HIV infection causes AIDS, a communicable, stigmatised and terminal disease. It leads to the progressive deterioration of the immune system that ends in death. HIV infection affects the total human being. Never in history were health care workers so drastically challenged to look beyond an illness and to take on a holistic approach to health, as in the case with AIDS. The research was done in two phases. The first phase was the reconnaissance and description of HIV positive patients' nursing care needs as well as nurses' view thereof. The selection of nurses and patients were done by purposiveness selection. The researcher has established the nursing care needs of the HIV positive patient in the study by in-depth interviews. Nurses' views of the nursing care were also obtained through in-depth interviews. Interviews were recorded on tape and were transcribed afterwards. Data analysis was done according to Giorgi's model. After data analysis had been done, the results were controlled and verifted with the literature. The abovementioned processes were completed according to the philosophic foundation of the researcher, namely the Christian anthropology. Several needs and problems of the HIV positive patients with regard to their nursing care were identified. Nurses also experienced problems in the delivery of their nursing care. The primary problems that nurses experienced were, a lack of information about HIV and AIDS as well as limited time to deliver quality nursing care. Phase two: From the gathered information from HIV positive patients, nurses and literature, a nursing care model was compile to provide in the needs of the HIV positive patients. The model makes provision for application in any stage of AIDS. The family, community, resources and the multi-disciplinary team fugerate in this model. The nurse is the key role player in the model. The model is framed by the 15 aspects of Dooyeweerd and therefore shows that the HIV positive patient is nursed according to the holistic approach. The description and reconnaissance of the concepts applicable to the model were done according to the theory generated by Marriiler-Tomey,(1989:5), Woods and Catenzaro (1988:20), Walker and Avant (1988: 10) and Kim (1983: 131). This middle range theoretical model was compiled to ease the task of the nurse in practice and also to deliver quality nursing care to HIV positive patients.
Afrikaans: HIV infeksie veroorsaak VIGS, 'n oordraagbare, stigmatiserende en terminale siekte. Dit lei tot die progressiewe agteruitgang van die immuunsisteem wat in die dood eindig. HIV infeksie raak die mens in sy totale wese. Nog nooit in die totale geskiendenis is gesondheidswerkers op so 'n drastiese wyse uitgedaag om verby 'n siekte te kyk en 'n holistiese benadering tot gesondheid te aanvaar, soos in die geval met VIGS nie. Die navorsing het in twee fases geskied. Die eerste fase van die navorsmg behels die verkenning en beskrywing van HIV positiewe pasiënte se verpleegsorgbehoeftes asook verpleegkundiges se sienings daarvan. Die seleksie van verpleegkundiges en pasiënte is deur doelgerigte seleksie bepaal. Die navorser het in hierdie studie die verpleegsorgbehoeftes van HIV positiewe pasiënte vasgestel deur in-diepte onderhoude met hulle te voer. Verpleegkundiges se sienings ten opsigte van die verpleegsorgbehoeftes van HIV positiewe pasiënte is ook deur in-diepte onderhoude vasgstel. Onderhoude is op band geneem en daarna getranskribeer. Data analise is aan die hand van Giorgi se model gedoen. Nadat data-analise gedoen is, is die resultate met literatuur gekontroleer en geverifieer. Bogenoemde prosesse is binne die filosofiese begronding van die navorser, naamlik die Christelike antropologie voltooi. Verskeie behoeftes en probleme ten opsigte van mv positiewe pasiënte se verpleegsorgbehoeftes is geïdentifiseer. Verpleegkundiges het ook probleme ondervind in die lewering van verpleegsorg. Die primêre probleme wat verpleegkundiges ondervind het, was onvoldoende kennis in verband met mv en VIGS asook 'n tekort aan tyd om kwaliteit verpleegsorg te lewer. Fase twee: Uit die inligting wat vanaf HIV positiewe pasiënte, verpleegkundiges en literatuur ingewin is, is 'n verpleegsorgmodel opgestel om aan die verpleegsorgbehoeftes van HIV positiewe pasiënte te voorsien. Die model maak voorsiening dat die toepassing daarvan op enige stadium van die HIV positiewe pasiënt se siekteverloop, toegepas kan word. Die gesin, gemeenskap, gemeenskapsbronne en die multidissiplinêre span figureer binne hierdie model. Die verpleegkundige is egter die hoofrol speler in die model. Die model word deur die 15 werklikheidsaspekte van Dooyeweerd omgrens wat daarop dui dat HIV positiewe pasiënte volgens 'n holistiese benadering verpleeg word. Die beskrywing en verkenning van die konsepte van toepassing op die model het geskied met behulp van teoriegenerering soos beskryf deur Marriner-Tomey (1989:5), Woods en Catenzaro (1988:20), Walker en Avant (1988: 10) en Kim (1983: 131). Hierdie middel-reeks teoretiese model is ontwerp om die taak van die verpleegkundige in die praktyk te vergemaklik en ook om kwaliteit verpleegsorg aan die mv positiewe pasiënte te lewer.
Description
Keywords
AIDS (Disease) -- Nursing, AIDS (Disease) -- Patients -- Care, Thesis (Ph.D. (Nursing Science))--University of the Free State, 1996
Citation