Die invloed van waterstremming op die groei van Themeda triandra FORSK

Loading...
Thumbnail Image

Authors

Oosthuizen, Isak Bartholomeus

Journal Title

Journal ISSN

Volume Title

Publisher

University of the Free State

Abstract

l. Themeda triandra plante is in 0.0039m3 potte in 'n glashuis by gekontroleerde temperature van 32°C (±2°C) in die dag en 18°C (±2°C) gedurende die nag ondersoek om midsomertemperature na te boots. 2. Vier water behandelings, nl. Tl = 75-100% (kontrole) van veldwaterkapasiteit (VWK), T2 = 50-75% van VWK, T3 = 25-50% van VWK en T4 = 0-25% van VWK is toegepas. Die watertoediening is progressief verminder totdat die verlangde stremmingspunt vir elke behandeling bereik is. Hierdie vier waterbehandelings IS toegepas vir die vegetatiewe-, pyp- en reproduktiewe groeistadiums. 3. Plantmateriaal is voor sonop geoes, gedroog, verdeel in wortels, stoppel en blare, gemaal en ontleed vir totale nie-strukturele koolhidrate (sukrose, glukose en stysel) en wateroplosbare proteïen. 4. Die TNK konsentrasie in al die plantdele binne al die groeistadiums neem toe (P<0.05) met 'n toename in die intensiteit van die waterstremming van Tl na T4. 5. Binne hierdie studie is gevind dat die stoppel as die belangrikste sone vir mestrukturele koolhidraat akkumulasie, gevolg deur die wortels, funksioneer. 6. Die WOPK in die stoppel neem toe met 'n toename in die intensiteit van waterstremming vir die pyp (P<0.01) en reproduktiewe (P<0.05) groeifases. Die gebrek aan betekenisvolheid vir die WOPK verhoging vir die vegetatiewe stadium kan hoofsaaklik aan die inherente variasie in die data toegeskryfword. 7. Die toename in nie-strukturele koolhidraat en wateroplosbare proteïen, in die verskillende plantdele, met 'n toename in die intensiteit van waterstremming kan hoofsaaklik aan die inhibering van groei voor die staking van fotosintese toegeskryf word. Dit lei dan tot 'n verhoging in die konsentrasie fotosintate en dus groeireserwes. 8. Ontblaring induseer 'n afname (P<0.01) in die TNK konsentrasie binne die wortels en stoppeloor al die groeistadiums. Groot hoeveelhede koolhidraat word dus vir hergroei gemobiliseer. Die afname (P<O.Ol) in die TNK konsentrasie in die blare (oor al die groeistadiums ) kan verklaar word deurdat monsterneming in die oggend voor sonopkoms gedoen is en die beperkte koolhidraat ook deur die nag vir respirasie benut word. 9. Ses dae na ontblaring het geen van die TNK konsentrasies na huloorspronklike vlak soos voor ontblaring herstel nie. Nie-strukturele koolhidraat is van kardinale belang in die hergroei van T. triandra na drastiese ontblaring. 10. Die WOPK daal (P<0.01) na ontblaring binne die pyp- en reproduktiewe groeifases, maar herstel slegs in die reproduktiewe groeifase binne 6 dae na ontblaring. Wateroplosbare proteïen word dus gemobiliseer vir hergroei na drastiese ontblaring tydens die pyp- en reproduktiewe groeifases. 11. Die WOPK in die blare neem (P<O.OI) toe direk na ontblaring en lei tot wateroplosbare proteïenvlakke hoër as voor ontblaring 12. Wortelmassa en wortellengte neem toe (P<0.01) met 'n toename in waterstremming. Matig tot lae vlakke van plantbeskikbare water stimuleer dus wortelgroei sodat die plant die grondvolume tot sy beskiking vir die benutting van water beter benut. 13. Vanweë die hoë korrelasie (r2=0.863, n=143) tussen wortelmassa en wortellengte, kan wortelmassa gebruik word om wortellengte baie akkuraat af te lei.

Description

Citation

Endorsement

Review

Supplemented By

Referenced By