Evaluation of the sexual and reproductive health module as implemented by the Department of Health

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-11
Authors
Reid, Marianne
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of this study was to evaluate the Sexual and Reproductive Health Module as implemented by the Department of Health. Five objectives were set in order to meet the aim namely to: describe the reaction, knowledge and skills primary health care clinicians displayed during sexual reproductive health training; compare the competence primary health care clinicians rendering sexual reproductive health services displayed after sexual reproductive health training had been completed with those clinicians who had not undergone sexual reproductive health training; and to describe the perception the supervisors and primary health care clinicians had of the effect sexual reproductive health training had on sexual reproductive health services. The study followed a descriptive comparative, quasi-experimental, post-test-only design, as the study examined and described the differences and variables in two groups. Although reactionnaires used were not well constructed, learners rated the content, relevance of content and mode of presentation used when presenting the course as very good and excellent. Seventy three percent of the multiple-choice-questions used in the pre- and post-tests did not adhere to set criteria for these types of questions. Learners who underwent the Sexual Reproductive Health training scored markedly higher in their post-tests than in their pre-tests and scored an average of 94% during their assessment using the Competency Based Skills Assessment Tool. Trained sexual reproductive health primary health care clinicians scored significantly better in identified questions related to knowledge, skills and attitude, using the Adapted Competency Based Skills Assessment Tool and Client Exit Interview. The number of questions reflecting scores of less than 50%, measuring knowledge, attitude and skills does however suggest that limited transfer of learning took place. Data obtained to identify whether the pap smear policy was implemented after sexual reproductive health training were not usable. During the nominal group discussion participants perceived their quality of service, client assessment techniques and skills to have bettered after the sexual reproductive health training. The group also perceived that their relationship with their clients had bettered and that they were in a position to give more comprehensive information to their clients. Staff shortage and a lack of time to spend with clients were perceived to impede learning transfer. The data obtained from this group discussion was triangulated with data compiled throughout the rest of the study.
Afrikaans: Die doelstelling van die studie was om die Seksueel Reproduktiewe Gesondheidsorg Module wat deur die Departement van Gesondheid geïmplementeer is te evalueer. Vyf doelwitte is gestel om die doelstelling te bereik naamlik om ’n: beskrywing van die reaksie, kennis en vaardighede wat primêre gesondheidsorg verpleegkundiges tydens seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding geopenbaar het te gee; vergelyking te tref tussen die bevoegdheid van primêre gesondheidsorg verpleegkundiges wat die seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding ondergaan het en primêre gesondheidsorg verpleegkundiges wat nie die opleiding ondergaan het nie; en ’n beskrywing van die persepsie van toesighouers van primêre gesondheidsorg verpleegkundiges en die verpleegkundiges self, ten opsigte van die effek wat seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding uitgeoefen het op seksueel reproduktiewe gesondheidsorgdienslewering. Die studie het van ’n beskrywend vergelykende, kwasi-eksperimentele, post-toets alleen ontwerp gebruik gemaak, aangesien die studie die verskil en veranderlikes in twee groepe ondersoek en beskryf het. Alhoewel gevind is dat die “reactionnaires” wat tydens seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding gebruik is nie goed opgestel was nie, het die leerders konsekwent die inhoud, toepaslikheid van die inhoud en die aanbiedingswyse van die opleiding as baie goed en uitstekend gereken. Drie-en-sewentig persent van die meervoudige keuse vrae wat tydens die pre- en post-toetse gebruik is, het nie aan die kriteria voldoen wat vir sulke tipe vrae gestel word nie. Leerders wat die seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding ondergaan het, het beduidend beter in hul post-toetse gedoen. Die leerders het ook ’n gemiddeld van 94% behaal tydens assessering met die “Competency Based Skills Assessment Tool”. Primêre gesondheidsorgverpleegkundiges wat seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding ondergaan het, het beduidend beter gevaar in vrae van die “Adapted Competency Based Skills Assessment Tool” en “Client Exit Interview” wat kennis, vaardighede en houding geassesseer het. Die hoeveelheid vrae uit bogenoemde instrumente wat minder as 50% behaal het met die assessering van kennis, houding en vaardighede deur opgeleide seksueel reproduktiewe gesondheidsorg verpleegkundiges, suggereer dat minimale oordrag van kennis plaasgevind het. Data wat sou aandui of die pap smeer beleid deur opgeleide verpleegkundiges toegepas is, nadat seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding ondergaan is, was onbruikbaar. Tydens die nominale groep bespreking het deelnemers die persepsie gehad dat hul kwaliteit diens, kliënt asseseringstegnieke en vaardighede verbeter het na aflegging van die seksueel reproduktiewe gesondheidsorg opleiding. Die groep het ook die persepsie gehad dat hul verhouding met hul kliënte verbeter het en dat hulle in ’n posisie was om meer omvattende voorligting aan hulle kliënte te gee. ’n Personeel tekort en beperkte tyd om aan kliënte te bestee is deur die groep geïdentifiseer as redes waarom oordrag van kennis gebrekkig was. Die data wat vanuit die nominale groepsbespreking verkry is, is getrianguleer met data wat vanuit die res van die studie gekulmineer het.
Description
Keywords
Reproductive health -- Study and teaching, Sex instruction, Health care workers -- Training of -- South Africa, Community-based social services -- South Africa, Dissertation (M.Soc.Sc. (Nursing))--University of the Free State, 2005
Citation