Die Rol Van Kognitiewefunksionering in Hoop by Adolessente

Master’s Dissertation
dc.contributor.advisorBeukes, R.B.I.
dc.contributor.authorVenter, A.
dc.date.accessioned2026-09-22T08:18:02Z
dc.date.issued2204-09-01
dc.description.abstractDie primêre doel van hierdie navorsing was om kognitiewe funksie in hoop by adolessente te verklaar. Die konstruk hoop is in hierdie navorsing teoreties ondersoek en ‘n geïntegreerde hoopmodel, asook ‘n geïntegreerde hoopproses is ontwikkel. Die aard van hoop is by adolessente (onderskeidelik seuns en dogters) ondersoek. Verder is hoop is vir die doeleindes van hierdie studie as ‘n gemoedstoestand beskryf wat emosies aktiveer. ‘n Kognitiewe proses tree in werking wanneer fasiliteringsbaandenke (die stel van doelwitte) en werkbaandenke (motivering) plaasvind. Kognitiewe funksie in hoop is bespreek deur die beskrywing van kognitiewe style. Die verband tussen kognitiewe style en hoop is verder aangedui en ook in verband gebring met kognitiewe ontwikkeling by adolessente. Daar is spesifiek gelet op hoop en die adolessent in die Suid-Afrikaanse konteks. In die empiriese ondersoek is van die trossteekproeftrekkingsmetode gebruik gemaak om vier skole in die Noordwes-Provinsie te identifiseer, wat aan die navorsing sou meedoen. Al die graad 12-leerders van daardie spesifieke skole is genader om vraelyste te voltooi. Die ondersoekgroep het bestaan uit 485 adolessente. In hierdie navorsing is hoop bepaal deur die hoopskaal van Snyder et al. (1991) en kognitiewe funksie deur onderskeidelik die Kognitiewe denkevraelys (Epstein, 1993) en die Kognitiewe buigsaamheidsvraelys (Martin & Rubin, 1995). Goeie betroubaarheidsindekse is vir al die vraelyste en skale wat gebruik is, verkry. xv Vyf veranderlikes, naamlik kognitiewe buigsaamheid, naïewe optimisme, esoteriese denke, persoonlike bygelowige denke en gedrags-coping, lewer ‘n beduidende bydrae tot die verklaring van die variansie van die fasiliteringsbaankomponent in hoop van adolessente. Met betrekking tot kultuur en kognitiewe funksionering, is beduidende verskille tussen die gemiddelde tellings op vier skale vir die twee kultuurgroepe verkry. Hierdie skale is globale konstruktiewe denke, esoteriese denke, naïewe optimisme en kognitiewe buigsaamheid. Ten opsigte van globale konstruktiewe denke het die Afrikaanssprekendes ‘n hoër gemiddelde telling as die Afrikataalsprekendes verkry. Wat die skale esoteriese denke, naïewe optimisme en kognitiewe buigsaamheid betref, toon die Afrikataalsprekendes telkens ‘n hoër gemiddelde telling as die Afrikaanssprekendes. Die hoër gemiddelde telling wat die Afrikataalsprekendes in vergelyking met die Afrikaanssprekendes behaal het op die skaal kognitiewe buigsaamheid is aanduidend van laer kognitiewe buigsaamheid. Dit behoort egter in ag geneem te word dat die kognitiewe buigsaamheidskaal vir die westerse kultuur ontwikkel is. Hoewel die biografiese veranderlike, kultuur, nie beduidend bydra tot die verklaring van die variansie van die fasiliteringsbaankomponent nie, dra kultuur wel by tot die verklaring van variansie van die werkbaankomponent. Wat geslagsverskille betref, toon die resultate van hierdie studie geen bydrae tot die verklaring van die variansie van die werkbaankomponent sowel as van die fasiliteringsbaankomponent in hoop nie. Beduidende verskille is egter ten opsigte van die gemiddelde tellings vir emosionele coping en naïewe optimisme vir die twee geslagte verkry. Ten opsigte van die emosionele-copingskaal het die seuns ‘n hoër gemiddelde telling as die dogters behaal, terwyl wat naïewe optimisme betref, die dogters weer ‘n hoër gemiddelde telling as die seuns behaal het. xvi Uit die resultate is aanbevelings vir verdere navorsing gemaaken_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/13413
dc.language.isoenen_US
dc.publisheruniversity of the Free stateen_US
dc.rights.holderUniversity of the free stateen_US
dc.subjectgeïntegreerde hoopproses, kognitiewe style, konstruktiewe denke, destruktiewe denke, kognitiewe buigsaamheid, probleemoplossende denke, adolessent, kognitiewe funksionering, Suid-Afrikaanse konteks.en_US
dc.titleDie Rol Van Kognitiewefunksionering in Hoop by Adolessenteen_US
dc.typeDissertationen_US
local.abstractLang.availableEnglish
local.abstractLang.coverage1 Language

Files

Original bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
Alet venter.pdf
Size:
1.27 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:

License bundle

Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.86 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: