Equity in natural resource use : farm land resource utilization and land value trends in the Free State under LRAD
Loading...
Date
2008-05
Authors
Kotze, Leon
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The demand for land as an economic asset represents a source of identity
and a symbol of citizenship in South Africa. This symbol has become an
important factor, guiding policy development. South Africa's current
ownership and use of agricultural land is the inevitable outcome of decades of
policies favouring white commercial farmers. The need for land reform was
clearly identified in the new South African Constitution (Act 108 of 1996,
Section 25).
In the process of redistribution of land to previously disadvantaged
communities in primary agriculture in South Africa, it is vitally important that
issues such as the productivity of the land and infrastructure on farms are
considered since not only do it affect the income potential of the land, but also
the value of the land, which is in turn important to, for example, gain access to
credit.
The primary objective of this study was to provide a clear picture of equity in
agricultural resource use in the Free State Province (FSP).
This study shows that there are currently no proper systems in place to
monitor the ongoing process of land reform in the FSP. There are no
apparent correlation between land prices and the potential of the resources in
the FSP when investigated on an aggregate level. There is also a poor
correlation between different sources that provide information on land prices.
This situation renders it very difficult to make specific conclusions on the
equity in natural resource use. It was furthermore shown that records being
kept by Land Affairs Offices are in general incomplete to the extent that such
records could potentially provide a skew picture of the current progress being
made by the land reform programme.
These problems and shortcomings of the data available to measure the
progress made in redistribution of land and resources led to the development
of a hedonic pricing model that attempts to isolate the transaction
characteristics that have the most significant impact on the price paid for land
under LRAD in the FSP. The hedonic model shows that Rent, Size, Location
of the land and the Type of enterprise significantly affected the price paid for
land. The analysis also reveals that the current aggregate information on
Land Capability is not optimally suited to link farm prices to the potential
income the farm can generate. Rental values of land will serve this purpose
much better.
Finally, the results obtained from this study provided no evidence that land
transferred were only in areas of low quality resources nor that such land was
overpriced.
Afrikaans: Die vraag na grond as 'n ekonomiese bate verteenwoordig 'n bron van identiteit en 'n simbool van burgerskap in Suid-Afrika. Hierdie simbool het 'n belangrike faktor en 'n riglyn tot beleidsontwikkeling geword. Huidige eienaarskap en die gebruik van landbougrond in Suid-Afrika is die onvermydelike resultaat van dekades van beleidsrigtings wat wit kommersiële boere bevoordeel het. Die noodsaak tot grondhervorming is duidelik geïdentifiseer in die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet (Wet 108 van 1996, artikel 25). In die proses van die herverdeling van grond aan voorheen benadeelde gemeenskappe in primêre landbou in Suid-Afrika, is dit van die allergrootste belang dat aspekte soos produktiwiteit van die grond en infrastruktuur op plase oorweeg moet word, aangesien dit nie slegs die inkomste-potensiaal van die grond beïnvloed nie, maar ook die waarde van die grond, wat op sy beurt belangrik is om byvoorbeeld toegang tot krediet te verkry. Die primêre doelwit van hierdie studie was om 'n duidelike prentjie van die regverdigheid in die gebruik van landbouhulpbronne in die Vrystaat Provinsie (VSP) daar te stel. Die studie wys dat daar tans geen behoorlike stelsels in plek is om die voortgaande proses van grondhervorming in die VSP te monitor nie. Daar is geen sigbare korrelasie tussen grondpryse en die potensiaal van die hulpbronne in die VSP as dit in die breë ondersoek word nie. Daar is ook 'n swak korrelasie tussen verskillende bronne wat inligting oor grondpryse verskaf. Dié situasie maak dit baie moeilik om bepaalde gevolgtrekkings oor die regverdige gebruik van natuurlike hulpbronne te maak. Daar is voorts aangedui dat rekords wat deur Grondsake-kantore bygehou word, onvolledig is in dié sin dat dit 'n verdraaide prentjie kan gee van die huidige vordering met die grondhervormingsprogram. Hierdie probleme en tekortkomings van die beskikbare data waaraan die vordering met die herverdeling van grond en hulpbronne gemeet word, het gelei tot die ontwikkeling van 'n hedoniese prysmodel, wat poog om die transaksie-eienskappe te isoleer, wat die bepalendste impak het op die pryse wat betaal word vir grond onder HGLO in die VSP. Die hedoniese model wys dat Huur, Grootte, Ligging van die grond en die Tipe onderneming, 'n beduidende uitwerking het op die prys wat vir die grond betaal word. Die analise het ook aan die lig gebring dat die breë definisie oor Grondvermoë wat nou beskikbaar is, nie heeltemal geskik is om plaaspryse te koppel aan die potensiële inkomste wat die plaas kan voortbring nie. Huurwaardes van grond sal baie beter aan hierdie doel beantwoord. Ten slotte, het die resultate wat in hierdie studie behaal is, geensins bewys dat grond wat oorgedra is, slegs geleë was in gebiede met lae gehalte hulpbronne nie en ook nie dat te hoë pryse vir sodanige grond gevra is nie.

Description
Keywords
Natural resources -- Management, Agriculture and state -- Economic aspects -- South Africa -- Free State, Dissertation (M.Sc.Agric. (Agricultural Economics))--University of the Free State, 2008