Struktuur en sintese van fenoliese metaboliete uit rooibostee (Aspalathus linearis)
Master’s Dissertation Multilingual record · 2 languages
View this record in
Viewing available metadata in English
Abstract
Afrikaans
Rooibostee is eie aan Suid-Afrika aangesien slegs die Sederbergstreek in die Kaap die ideale klirnaat vir die kweek daarvan het. Hierdie unieke tee het 'n kenrnerkende rooibruin kleur en 'n delikate, geurige srnaak wat wereldwyd al hoe gewilder word. Groen rooibosplante moet verwerk word (sien 1.2.2.3) om die gewenste organoleptiese eienskappe (kleur, geur en smaak) te ontwikkel. Die kondisies waaronder verwerking plaasvind, bevoordeel die vorming van gewenste of ongewenste verbindings met gevolglike toenemende of afnemende kwaliteit van die produk. Kennis van die chemiese samestelling van rooibos voor verwerking, die geskiktheid daarvan as substraat vir oksidases en die chemiese samestelling na verwerking, kan lig werp op chemiese veranderinge tydens oksidasie. Sodoende sal prosesaanpassings op 'n chemiese grondslag gemaak kan word. In die huidige ondersoek, is klem op die fenoliese inhoud van verwerkte rooibostee gele. Die ondersoek bet tot die isolasie van verskeie bensoe- en kaneelsure, asook flavone, flavonole, flavonolglikosiede, C-glikosidiese flavone, 'n dihidrochalkoon en 'n C-glikosidiese flavanoon gelei. Soos uit die literatuurstudie sal blyk, kan die fisiologiese aktiwiteit van rooibostee waarskynlik aan die teenwoordigheid van sekere geYsoleerde verbindings toegeskryf word (sien 2.2 en hoofstuk 4).
Keywords
English
rooibos tea plant metabolites chemistry, organic
Record information
Authors
Rabe, Charlene
Publisher
University of the Free State
Advisors
Steenkamp, J. A.
Ferreira, D.
Burger, J. F. W.
Date
Collections
Description
Dissertation (M.Sc.(Chemistry))--University of the Free State, 1992