Nuwe laktone en enantioselektiewe sintese van a hidroksidihidro-chalkone uit Pericopsis elata

dc.contributor.advisorFerreira, D.
dc.contributor.advisorBezuidenhout, B. C. B.
dc.contributor.authorSwanepoel, Annelie
dc.date.accessioned2018-10-24T11:42:28Z
dc.date.available2018-10-24T11:42:28Z
dc.date.issued1987-10
dc.description.abstractAfrikaans: 'n Wye verskeidenheid flavonoïede wat reeds uit Pericopsis elata (Harms) en ander Pericopsis spp. geïsoleer is, asook 'n aantal bekende verbindings nl. isoflavone soos daidzein en pratensein, 'n flavanoon nl. (R)-narengenin, isoflavanone by. (+/-)-7-hidroksi-4' -metoksi-isoflavanoon en ferreirin en 'n chalkoon, isoliquiritigenin wat nie voorheen uit hierdie bron verkry is nie, is na asetilering van fraksies, as asetate tydens hierdie ondersoek gevind. 'n Aantal bekende verbindings, soos 4',6,7-trimetoksi-isoflavoon, en twee stilbene nl. 3,4',5-trihidroksi- en 3,4',5-trihidroksi-3' -metoksi-trans-stilbene is vir die eerste keer uit P. elata geïsoleer. Na asetilering van relevant fraksies is twee nuwe α-hidroksidihidrochalkone, t.w. (R)-α,2' ,4' -tri-asetoksi-4-metoksi- en (-)-(R)-α,2',4,4'-tetra-asetoksi-dihidrochalkoon, waarvan lg. as die (+)-enantiomeer bekend is, en die nuwe 2',7-di-asetoksi-4', 6-dimetoksi-isoflavoon geïsoleer. Hierdie verbindings word vergesel van twee unieke butenoliedderivate, 3-(2,4-di-asetoksifeniel)-4-(4-asetoksibensiel)- en 3-(3,5-di-asetoksistiriel)-4-(metiel asetoksi)-2-buten-4-oliede. Gevorderde KMR-tegnieke het vastelling van strukture moontlik gemaak. Ten einde die absolute konfigurasie van die twee α-hidroksidihidrochalkone te bepaal, is 'n enantioselektiewe sintese vir beide (R)- en (S)-dihidrochalkone ontwikkel. Epoksidasie van 2',4'-di-O-metoksimetiel-4-metoksichalkoon deur benutting van poli-L-alanien as katalisator het tot die (2R, 3S)-chalkoon-epoksied (ee 70%) gelei, terwyl benutting van poli-D-alanien tot die (2S, 3R)-enantiomeer (ee 36%) gelei het. Reduktiewe ringopening van hierdie epoksiede het tot (R)- )ee 65%) en (S) - (ee 35%) α-hidroksi-2',4' -di-O-metoksimetiel-4-metoksihidrochalkone onderskeidelik gelei, waarna bensoïelering die onderskeie (R)- (ee 73%) en (S)- (ee 38%) bensoïelesters gelewer het. Deur toepassing van die SD "exciton chirality approach" is die voorkeurkonformasie van die α-bensoïeloksidihidrochalkone vasgestel en kon hierdie metode dus algemeen vir definisie van die absolute konfigurasie van α-hidroksidihidrochalkone benut word. Aangesien die SD-spektra van α,2',4'-tri-asetoksi-4-metoksi- en α,2',4,4' -tetra-asetoksidihidrochalkoon Cotton-effekte (λ233' -2,0x10-4; λ237' -1,9x10-4 respektiewelik) feitlik identies aan dié van (R)-α,2',4'-tri-asetoksi-4-metoksidihidrochalkoon (λ233' -2,0 x 10-4), verkry deur suurhidrolise van die 2',4' -di-O-metoksimetielgroepe gevolg deur asetilering van (R)-α, 2',4'-trihidroksi-4-metoksidihidrochalkoon, gelewer het, is 'n (R)-konfigurasie ook aan hierdie verbindings toegeken. Die sintese van 7-hidroksi-4'-metoksi-isoflavanoon is voorts aangepak om, in teenstelling met vorige onsuksesvolle pogings, aan te toon dat isoflavonoïede wel deur siklisering vanaf oopketting verbindings verkry kan word. Etoksi-metilering van 2,4-dihidroksi-4'-metoksideoksibensoïen gee aanleiding tot die ooreenstemmende α-hidroksimetieldeoksibensoïen waarna tosilering en suurgekataliseerde ringsluiting van die tosielester tot die ooreenstemmende isoflavanoon gelei het.en_ZA
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9431
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectLactonesen_ZA
dc.subjectFlavonoidsen_ZA
dc.subjectBotanical chemistryen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Sc. (Chemistry))--University of the Free State, 1987en_ZA
dc.titleNuwe laktone en enantioselektiewe sintese van a hidroksidihidro-chalkone uit Pericopsis elataen_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
SwanepoelA.pdf
Size:
5.63 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: