'n Ondersoek na prestasiebeoordeling van busondernemings in Suid-Afrika

dc.contributor.advisorEksteen, R. B.
dc.contributor.authorAckerman, Mathys Johannes Nicholaas Daniel
dc.date.accessioned2018-11-21T08:06:10Z
dc.date.available2018-11-21T08:06:10Z
dc.date.issued1989-10
dc.description.abstractAfrikaans: Busvervoer is 'n belangrike openbare diens in Suid-Afrika en is een van die belangrikste komponente van die vervoerinfrastruktuur wat nodig is om nasionale ekonomiese en sosiale welvaart te verbeter. Die koste/inkomste druk waaronder busondernemings verkeer, maak die voortdurende beoordeling van openbare vervoerbeleid noodsaaklik. Die belangstelling van navorsers in die ontwikkeling van wyses waarop die prestasie van busondernemings beoordeel kan word, is 'n resultaat van so 'n herbeoordelingsproses. Die doel van hierdie studie was die ondersoek van die belangrike aspekte, konsepte en metodes van prestasiebeoordeling wat as 'n diagnostiese hulpmiddel in die beoordeling van die algehele prestasie van busondernemings in Suid-Afrika kan dien. Daar word in die besonder gepoog om die maatstawwe wat vir die Suid-Afrikaanse situasie van belang is, sowel as die prosedure vir die vorming van groepe vir gebruik in die vergelyking van busondernemings, te identifiseer. Prestasiebeoordeling kan deur verskillende mense verskillend vertolk word. Dit kan na die beoordeling van 'n enkele roete, of die totale bedryf van 'n onderneming verwys. Die proses vereis in alle gevalle die identifisering van doelwitte vir die ondernemings, die ontwikkeling van geskikte maatstawwe van diensuitsette en die bepaling van kriteria wat gebruik kan word in vergelykings van prestasie. Busvervoerondernemings streef normaalweg na twee aspekte, naamlik diensverskaffing en diensverbruik. Die maatstawwe van gelewerde en verbruikte uitset verskaf die basis vir 'n raamwerk van prestasiemaatstawwe wat in prestasiebeoordeling gebruik kan word. Bedryfsdoelmatigheids- en kostedoeltreffendheidsmaatstawwe konsentreer op die diensverskaffingsproses, terwyl diensdoeltreffendheidsmaatstawwe op diensverbruik gerig is. Hoewel die verskillende maatstawwe voldoen aan die vereistes wat deur die doelwitte en meting van prestasie gestel is, is dit in die normale vorm nie heeltemal geskik vir vergelykingsdoeleindes nie. 'n Belangrike beperking in die ontwikkeling van 'n omvattende beoordelingsprogram is die aspek van die vergelykbaarheid van busondernemings wat beoordeel word. Die vergelyking van busondernemings word deur verskeie aspekte van die diensleweringsproses beïnvloed. Busvervoer verkeer op twee gebiede in wisselwerking met die omgewing waarbinne die dienste gelewer word. Aan die aanbodkant moet dienste gelewer word binne die bestaande struktuur van die vervoernetwerk, terwyl dit aan die vraagkant (markkant) doeltreffende dienste moet lewer, ten einde met ander vorme van vervoer te kan meeding. Om die busondernemings se prestasie binne dié raamwerk te kan vergelyk, behoort die busondernemings wat oor soortgelyke eienskappe beskik, in groepe verdeel te word sodat die groepe gebruik kan word vir die vergelyking tussen ondernemings binne die groepe. Prestasiebeoordeling en -monitering kan as sulks nie direkte antwoorde op alle vrae oor busondernemings se doeltreffendheid lewer nie, maar dit verskaf 'n raamwerk vir probleemidentifisering en dui aan waar verbeterings kan plaasvind. Die sleutelgedagte is dus dat waar iets beoordeel kan word, daar 'n geleentheid bestaan om dit te verbeter. Die algemene gevolgtrekking van hierdie studie is dat prestasiebeoordeling van busvervoerdienste, veral met die oog op die regverdiging van subsidietoedelings deur owerhede, belangrik is indien 'n regverdige verdeling en aanwending van skaars bronne verseker wil word. Verder is dit in hierdie proses noodsaaklik dat die regte prestasiemaatstawwe op 'n wetenskaplik verantwoordbare wyse, soos in hierdie studie bespreek, bepaal en gebruik word om ondernemings met soortgelyke bedryfseienskappe met mekaar te vergelyk ten einde te bepaal watter ondernemings nie bevredigend presteer nie.en_US
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9577
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_US
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_US
dc.subjectBus companiesen_US
dc.subjectGovernment support grantsen_US
dc.subjectBus lines -- South Africa -- Evaluationen_US
dc.subjectTransport subsidiesen_US
dc.subjectThesis (D.Com. (Transport Economy))--University of the Free State, 1989en_US
dc.title'n Ondersoek na prestasiebeoordeling van busondernemings in Suid-Afrikaen_US
dc.typeThesisen_US
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
AckermanMJND.pdf
Size:
6.89 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: