Besproeibaarheid van gestruktureerde gronde

Loading...
Thumbnail Image
Date
1991-11
Authors
Nell, Johannes Petrus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Data van 333 profiele se fisiese (breukmodulus, infiltrasie, hidrouliese geleivermoë, lugwaterdeurlatendheidverhouding, waterretensie en Atterberggrense), chemiese (KUK, UNP, NAV, pH, elektriese weerstand, elektriese geleivermoë, Fe-SBD, Al-SBD en organiese koolstof) , morfologiese (grondkleur, struktuur, kleiverhoudings en slik tot kleiverhoudings) en kleimineralogiese eienskappe was gebruik om neokutanies, pedokutanies, prismakutanies, rooi gestruktuurde en vertiese gronde te karakteriseer. Gronde van 15 dreineringstreke is in die ondersoek gebruik. Klem word egter op kalkryke gronde in die Sondagsrivier-, Klein-Visrivier- en Groot-Visrivierdreinerings- gebied geplaas, aangesien heelwat van die gronde deur verdere ontwikkeling van die Oranjerivierprojek geraak word. Daar bestaan regverdiging om verskille tussen diagnostiese horisonte as besproeiingsnorm te gebruik, aangesien duidelike fisiese en chemiese verskille tussen grondvorms, binne dreineringsgebiede voorkom. Daar is 'n afname in die geskiktheid van gronde vir besproeiing met 'n toename in graad van struktuurontwikkeling. Dit kan hoofsaaklik toegeskryf word aan 'n toename in opbou van skadelike soute en 'n verskuiwing van 'n oorwegend illietiese kleimineraalsamestelling na 'n smektietiese samestelling wat tot swelling en/of dispersie aanleiding gee. Laer infiltrasie en hidrouliese geleivermoë waardes, met 'n toename in struktuurontwikkeling, kan grootliks hieraan gewei word. Alhoewel die Na-inhoud ook 'n rol speel by die strukturele eienskappe van vertiese en rooi gestruktuurde gronde, het die tipe en hoeveelheid kleiminerale en seskwioksiedes 'n duideliker invloed by dié gronde se struktuurstabiliteit. Daar bestaan egter nie regverdiging om kleur volgens seriedifferensiasie as besproeiingsnorm by pedokutaniese gronde te gebruik nie. Die stabiliserende effek van die ysteroksiedes wat vir rooi grondkleur verantwoordelik is, word egter in sommige dreinerings- gebiede oorbeklemtoon. Die soort en hoeveelheid soute tesame met die tipe kleiminerale het 'n meer dominante invloed op hierdie gronde se struktuurstabiliteit. Die groot variasie in hidrouliese eienskappe van gestruktuurde gronde kan moontlik beter verstaan word, indien die beskrywing van die graad, tipe en grootte van die struktuureenhede met spesifieke parameters gekwantifiseer kan word. Die oorgang tussen horisonte is ook van belang. By dupleksgronde kom daar in die algemeen 'n drastiese afname in infiltrasie van die A- na die B-horisonte voor. Die lae infiltrasievermoë van die B- horisonte veroorsaak dat horisontale infiltrasie tot 'n groter mate as vertikale infiltrasie plaasvind. Aansienlike interkorrelasie tussen fisiese, chemiese en kleimineralogiese eienskappe kom voor wat tot lae verwantskappe aanleiding gee. Indien gronde egter in pedologiese eenhede gegroepeer word en die korrelasies vergelyk word, kan sommige daarvan verhoog of beter verstaan word.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc. (Soil Science))--University of the Free State, 1991, Irrigation, Soil structure
Citation