Die bemagtiging van die amp van die gelowige in missionêre konteks
Loading...
Date
2006-11
Authors
Pienaar, Roelof Johannes
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In chapter one the thesis is that the church, in a time of change and paradigm shift, can maintain its identity as a missionary faith community if it focus on the role that believers who do not serve in a special office of the church, play. The church must enable believers to live in a missionary way in every sphere of life. To be able to do this more is needed than just the equipping of believers. A more comprehensive approach is needed to enable the local congregation to reach out to the community and fallen world of which it is part. This more comprehensive approach is described by the term “empowerment”.
In chapter two the missionary context in which the church finds itself is formulated as the church’s involvement in the Missio Dei. Missions happens where the church crosses boundaries, visible and invisible, between the gospel and the lost world in such a way that the world may share in the hope that is in Jesus Christ. The third chapter is devoted to the contribution that reformed theology makes to the definition of what missions is. Mission is Missio Trinitatis and must be a dimension of all the activities of the church. The fourth chapter focus on the role of the special offices in the church. These offices works mostly within the borders of the congregation and has a missionary function in the way that it equips believers for their missionary call. The term “office of the believer” is not used in the three Creeds of Unity and yet the call that rests on every believer is connected by these creeds to the official work of Jesus Christ. The Biblical content of the vocation of every believer in the Missio Trinitatis is the field of study of chapter five, as well as the interaction between the special and general offices of the church. The focus of the latter is mainly outside the borders of the congregation.
Before general science is utilized in chapter seven to obtain a definition of the term “empowerment”, chapter six asks the question whether Missiology may use these general sciences and what they may contribute to the formation of theology. From a study of the use of the term “empowerment” in different fields, within and outside of the church, the conclusion is reached that the most basic meaning of empowerment is to give a new sense of belonging to anybody who was excluded by one or another structure or system. The church must empower believers in such a way through a new sense of belonging that they may be encouraged to enter the world with all its challenges and make a difference through their participation in the message of hope on all terrains of life.
Afrikaans: In hoofstuk een word daar uitgegaan van die standpunt dat die kerk, om sy identiteit as ’n missionêre geloofsgemeenskap te kan behou, in ’n tyd van groot verandering en paradigma-skuiwe indringend moet kyk na die rol wat gelowiges speel wat nie in die besondere amp dien nie. Die kerk moet die gelowige in staat stel om op elke terrein van die lewe missionêr te kan leef. Hiervoor is meer nodig as net die toerusting van gelowiges. ’n Meer omvattende benadering is nodig om dit vir die plaaslike gemeente moontlik te maak om uit te reik na die gemeenskap en gebroke wêreld waarvan dit deel is. Hierdie meer omvattende benadering word beskryf deur die term “bemagtiging”. In hoofstuk twee word die missionêre konteks waarin die kerk homself bevind beskryf as die kerk se betrokkenheid by die Missio Dei. Sending gebeur daar waar die kerk die grense, sigbaar en onsigbaar, tussen die evangelie en die verloregaande wêreld oorsteek sodat die wêreld kan deel in die hoop wat daar in Christus is. Die derde hoofstuk word gewy aan wat die bydrae is van ’n gereformeerde siening tot die definisie van wat sending is. Sending is Missio Trinitatis en is gerig op die aktiwiteit van die hele kerk. Die taak van die besondere amp is die fokus van die vierde hoofstuk. Hierdie amp werk veral binne die gemeente se grense en het ’n missionêre taak of funksie in die wyse waarop dit gelowiges toerus vir hulle missionêre roeping. “Amp van die gelowige” word as term nie in die drie Formuliere van Eenheid gevind nie en tog word die amptelike taak wat op elke gelowige rus deur die formuliere verbind aan die ampswerk van Jesus Christus. ’n Bybelse inhoud van die roeping wat elke gelowige het ten opsigte van die Missio Trinitatis word in die vyfde hoofstuk ondersoek, asook die wisselwerking tussen die besondere en algemene ampte. Laasgenoemde werk veral buite die grense van die gemeente. Voordat die algemene wetenskappe benut word in hoofstuk sewe om tot ’n definisie te kan kom van wat die betekenis en inhoud van die term “bemagtiging” is, word daar eers in hoofstuk ses stilgestaan by die vraag of die missiologie wel aansluiting kan vind by die algemene wetenskappe en wat laasgenoemde se bydrae is in die vorming van teologie. Vanuit ’n studie van die benutting van die term “bemagtiging” in verskillende velde binne en buite die kerk, word daar tot die gevolgtrekking gekom dat die mees basiese betekenis van bemagtiging is om aan iemand wat deur die een of ander struktuur of stelsel uitgesluit is ’n nuwe belewenis van behoort (“sense of belonging”) te gee. Die kerk moet gelowiges op so ’n wyse bemagtig dat gelowiges vanuit ’n belewenis van behoort aangemoedig word om in die wêreld uit te gaan en te midde van die uitdagings van die veranderende wêreld die boodskap van hoop te bring.

Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Missiology))--University of the Free State, 2006, Evangelistic work, Witness bearing (Christianity), Church office, Office of the Believer, Mission, Power of authority, Empowerment, Globalisation, Modernism, Postmodernism, Reformed