Die gebruikmaking van praktykskolingseenhede vir die opleiding van maatskaplike werkers met spesifieke verwysing na die U.O.V.S.

Loading...
Thumbnail Image
Date
1974
Authors
Wasserfall, Annie Elizabeth
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Met die konferensie oor Praktykopleiding van Studente in Maatskaplike Werk in Junie 1971 te Pretoria, het o.a. die vraag, wie verantwoorde­lik moet wees vir die praktykopleiding van studente, na vore gekom. Op die gemelde konferensie is voorgestel dat meer duidelikheid oor die aspek verkry moet word nl. of die dosente, spesiale persone op die personeel van die opleidingsentrum, of personeel by 'n werkgewende instansie, die verantwoordelikheid van die opleiding van studente moet behartig. (Vgl. 46, po52.) Op daardie stadium was daar reeds 'n paar instansies wat van persone in die praktyk gebruik gemaak het met die opleiding van studente, o.a. die Universiteit van die Witwatersrand, in samewerking met verskillende instansies, asook die Universiteit van Pretoria, in samewerking met o.a. die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie. Ondersoekster was gedurende 1970 studente-supervisor van die S.A.V.F. Hierdie pos was nog in die beginstadium, maar het reeds getoon dat so 'n gesamentlike paging tussen die universiteit en welsynsorganisasie 'n positiewe bydrae tot die opleiding van studente kan lewer. Verdere ondersoek en uitbreiding met betrekking tot die implimentering daar­van was nog nodig. Een van die taakopdragte verbonde aan die spesi­fieke pos was juis dat die praktykskoler, destyds genoem studente­supervisor, 'n formele studie moet maak van die doeltreffendheid van die praktykskolingseenheid. Laasgenoemde opdrag is, saver bekend, nog nie ten uitvoer gebring nie. Met ondersoekster se honneursprojek wat by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in 1972 ingehandig is, is die beroepsgroei van 'n groep maatskaplike werkers ondersoek en daarin is gebrekkige, doel­gerigte praktykonderrig onder anders as 'n leemte deur die maatskap­like werkers uitgewys, wat weer die noodsaaklikheid van 'n ondersoek in die verband na vore gebring het. Gedurende dieselfde tydperk het die doserende personeel van die departement Maatskaplike Werk van die Universiteit van die O.V.S., die behoefte aan nouer samewerking met welsynsorganisasies en meer doelgerigte praktykonderrig raakge­sien, wat gelei het tot die instelling van 'n praktykskolingseenheid by die Oranje-Vrouevereniging Hoofbestuur, Bloemfontein, aan die begin van 1973. Ondersoekster het die pos as praktykskoler van die praktykskolingseenheid begin. Aangesien hierdie praktykskolings­eenheid nog nuut was, was daar heelwat vraagstukke verbonde aan die wyse van implimentering van die stelsel. Daar was egter ook heelwat positiewe ervaringe met die praktykskolingseenheid, wat getoon het dat laasgen□emde 'n besliste bydrae tot die opleiding van maatskaplike werkstudente kan lewer. Bogenoemde bevindinge.en gebeurtenisse het aanleiding gegee tot ondersoekster se besluit om 'n wetenskaplike ondersoek te doen na die gebruikmaking van praktykskolingseenhede by die Universiteit van die O.V.S. ten einde die nut van die stelsel te ondersoek esook moontlike riglyne neer te lê vir die implimentering van praktykskolingseenhede as deel van die opleiding van maatskaplike werkstudente aan die Maatskaplike Werk departement van die Univer­siteit van die O.V.S.
Description
Dissertation (M.Soc.Sc.(Social Work))--University of the Free State, 1974
Keywords
Citation