Die impak van toubaanprogramme op groepseffektiwiteit
Loading...
Date
1998-11
Authors
Herselman, Elizma
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Little is said in the literature regarding the impact of ropes course programmes in South Africa on the effectiveness of the groups that participate in them. With this powerful experiential learning tool at disposal, it is necessary to give participants in this adventure activity clear proof regarding the impact of ropes course programmes on the personal development of the individual and the effectiveness of the group. A ropes course programme has the potential to improve the functioning of groups and simultaneously the productivity of the organisation in which the group finds itself. A hypothesis was formulated on the grounds of this statement, namely that participation in ropes course programmes in group context stimulates certain components of group effectiveness which further lead to the personal development of the individual within the group. Increased productivity in the corporate market demands the functioning of an effective group. In order to establish the effectiveness of the group, certain variables, that are responsible for this effectiveness, were identified in the literature. A variety of programmes are used to enrich, motivate and build a group into an effective group. A tendency of the nineties is adventure-related team building through experiential learning. Adventure-related experiential learning uses the metaphorical transfer between the adventurous experience and the workplace of the individual. For the purpose of this study ropes course programmes as a medium of adventure-related experiential learning were investigated in order to determine what their impact is on the participants as a group and as individuals. As part of the prior investigation questionnaires were sent to the managers of corporations that had already had groups participate in ropes course programmes. This information provided basic guidelines regarding the expectations of the companies and the motivation for participation. As part of the research 150 respondents who had participated in ropes course programmes were involved in the study. Respondents were expected to complete a "before" and "after" questionnaire in order to make a comparative study between the "before" and "after" measurements possible. During the prior investigation respondents listed the various aspects regarding the current state of the group's effectiveness qualities of the group and the individual in terms of the strong and weak points of the group. The respondents were requested to list their expectations with regard to the programme and identify areas the group would like to improve. Respondents rated the individual and group aspects on the five-point Likert scale according to the standing of these aspects prior the participation in the programme. In the follow-up questionnaire the most positive and negative effects derived by respondents from their participation were identified. The variables that determined effectiveness during the prior investigation were again given to participants for rating in order to determine whether their participation had any impact on the variables of group effectiveness. It appears from the results that the expectations of participants with regard to the programme closely correlated with the positive effects they derived from it. The significance between the variables' mean difference shows that 81.3% of the group variables show a highly significant difference (p<0.01) and 18.8% of the group variables a significant difference (p<0.05). Regarding the individual variables 9l.0% showed a highly significant difference (p<0.01) and the remaining 9.0% a significant difference (p<0.05). These variables that were identified in the literature are being directly addressed by participation in ropes course programmes. On these grounds it can be concluded that the significant difference indicates that the effectiveness of groups is increased by participation in ropes course programmes and the formulated hypotheses can be accepted
Afrikaans: Daar bestaan 'n leemte in die literatuur wat betref die impak wat toubaanprogramme in Suid-Afrika het op die effektiwiteit van die groep wat daaraan deelneem. Met hierdie kragtige avontuurgerigte ervaringsleermedium tot beskikking, is dit nodig om aan die deelnemers van hierdie avontuuraktiwiteit bewyse te lewer rakende die impak van toubaanprogramme op die persoonlike ontwikkeling van die individu en die effektiwiteit van die groep. 'n Toubaanprogram beskik oor die potensiaal om die funksionering van groepe te verbeter en hiermee tesame die produktiwiteit van die organisasie waarin die groep homself bevind. Op grond van hierdie stelling is 'n hipotese geformuleer wat lei dat deelname in groepsverband aan toubaanprogramme sekere komponente van groepseffektiwiteit stimuleer en lei tot die persoonlike ontwikkeling van die individu binne die groep. Verhoogde produktiwiteit binne die korporatiewe mark vereis die funksionering van effektiewe groepe. Ten einde die effektiwiteit van 'n groep te bepaal is veranderlikes wat verantwoordelik is vir hierdie effektiwiteit vanuit die literatuur geïdentifiseer. Verskeie programme kan aangewend word ten einde groepe te verreik, te motiveer en op te bou tot 'n effektiewe groep. 'n Tendens van die 1990's is avontuurgerigte spanbou deur middel van ervaringsleer. Avontuurgerigte ervaringsleer maak gebruik van die metaforiese oordrag tussen die avontuurbelewing en die werkplek van die individu. Vir die doel van hierdie studie is toubaanprogramme as avontuurgerigte ervaringsleermedium ondersoek, ten einde te bepaal wat die impak daarvan op die deelnemers as groep en individu is. As deel van die voorafondersoek is vraelyste aan die bestuurders van korporasies versprei wat reeds groepe aan toubaanprogramme laat deelneem het. Hierdie inligting het basiese riglyne voorsien rakende die verwagtinge van die maatskappye en die motivering vir deelname aan die betrokke programme. As deel van die navorsing is 150 respondente geselekteer wat aan toubaanprogramme deelgeneem het en die vraelyste is aan hulle gedistrubeer. Van die respondente is verwag om 'n voor- en navraelys in te vul ten einde 'n vergelykende studie tussen die voor- en na-meting moontlik te maak. Tydens die voorondersoek is verskeie aspekte van die groep se huidige stand van effektiwiteit ondersoek. Die respondente is gevra om hulle verwagings ten opsigte van die program weer te gee en areas te identifiseer waarop die groep sou wou verbeter. Deur gebruik te maak van 'n vyfpunt-Likertskaal het die respondente groeps- en individuele aspekte geëvalueer volgens die huidige status voor deelname aan die program. In die opvolgvraelys is beide die mees positiewe en negatiewe effekte wat die respondente vanuit die deelname verkry het, geïdentifiseer. Die veranderlikes wat die groepseffektiwiteit tydens die voorondersoek bepaal het, is weer aan die deelnemers voorgelê vir evaluering om te bepaal of die deelname enige impak gehad het op dié veranderlikes. Vanuit die resultate blyk dit dat die verwagtinge van die deelnemers ten opsigte van die program baie nou ooreenstem met die positiewe effekte wat hulle vanuit die program gekry het. Die beduidenheid tussen veranderlikes se verskiltellings van die voor- en nameting toon dat 8l.3% van die groepsveranderlikes hoogs beduidende (p<0.01) verskil en 'n beduidende verskil (p<0.05) by 18.8% van die groepsveranderlikes voorkom. Wat die indivduele veranderlikes betref het 9l.0% 'n hoogs beduidende verskil (p<0.01) aangetoon en die oorbiewende 9.0% het beduidend (p<0.05) verskil. Hierdie veranderlikes wat vanuit die literatuur geïdentifiseer is word direk deur deelname aan toubaanprogramme aangespreek. Op grond hiervan kan die aanname gemaak word dat deelname aan toubaanprogramme die effektiwiteit van groepe verhoog en dus kan die hipotese wat geformuleer is, aanvaar word.

Description
Keywords
Outdoor recreation, Physical education and training, Adventure games, Recreation leadership, Rope, Dissertation (M.A. (Human Movement Studies))--University of the Free State, 1998