Factors associated with injuries sustained by players during a Currie Cup rugby competition
Loading...
Date
2004-10
Authors
Le Roux, Douglas Leonard
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of this study was to review the available literature on the epidemiology of injuries in professional rugby, and then to collect data on previous injuries and the influence of external factors on rugby injuries. Secondly, the incidence, nature and circumstances surrounding injuries in a cohort of professional South African provincial rugby players were documented. The data collected was compared with available data in order to determine trends of injuries that, if taken into consideration, could possibly lead to the prevention of injuries to future rugby players. No study has been done on injury rate and frequency in the Currie Cup competition. Being the cornerstone of providing players for competitions like the Super 12 and Tri-nations, it is certainly appropriate to record the incidence and nature of injuries in the Currie Cup competition. This study attempted to identify factors associated with injury, to direct further analytical research and suggest measures to reduce injury rate. It also drew a comparison between results obtained through this study, and results obtained by other relevant studies in other competitions. The epidemiological data used in this study were collected from two professional rugby teams that competed in the 2002 Currie Cup Rugby Competition. This competition is held annually in South Africa and includes provincial teams from 14 regions in South Africa.
Afrikaans: Die studie het ten doel om beskikbare inligting met betrekking tot die epidemiologie van beserings wat by professionele rugbyspelers voorkom, te bestudeer, data oor vorige beserings in te win, asook die invloed van eksterne faktore op rugbybeserings te identifiseer. Twedens word die voorkoms, aard en omstandighede rakende beserings in ‘n groep professionele Suid-Afrikaanse provinsiale rugbyspelers gedokumenteer. Hierdie data word met beskikbare data vergelyk om tendense in beserings vas te stel. Die resultate van hierdie studie kan gebruik word om in die toekoms sekere tipe beserings wat by rugbyspelers voorkom, te verminder. Geen studie is tot dusver gedoen om die aantal en frekwensie van beserings in die Curriebekerkompetisie te bepaal nie. Aangesien hierdie kompetisie die voedingsbron van spellers vir kompetisies soos die Super 12 en die Drienasies vorm, is die inwinning van hierdie inligting uiters belangrik vir die toekomstige kompeteringsvermoë van Suid-Afrikaanse rugbyspelers. Hierdie studie poog eerstens om faktore wat met die beserings verband hou te identifiseer, en tweedens om aanbevelings te doen oor faktore wat hierdie tipe beserings kan beperk. Resultate soos uit hierdie studie verkry, behoort die rigting vir toekomstige navorsing aan te dui. Hierdie studie tref dan ook ‘n vergelyking tussen nuwe data en resultate uit ander relevante studies. Die epidemiologiese data wat in hierdie studie gebruik word, is verkry van twee professionele rugbyspanne wat in 2002 aan die Curriebekerkompetisie deelgeneem het. Hierdie kompetisie word jaarliks tussen 14 streekspanne in Suid-Afrika gehou.

Description
Keywords
Sports accidents, Rugby football injuries -- Prevention, Sports tournaments, Injury rates, Rugby union, Epidemiology, Incidence, Distribution, Professional, Dissertation (M.A. (Human Movement Studies))--University of the Free State, 2004, Rugby football -- South Africa