Assessment of barriers preventing recycling practices among bars and eateries in central South Africa
Loading...
Date
2019
Authors
Denner, Carien
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Recycling is an important aspect of a sustainable society and depends largely on the willingness of consumers to participate in this practice. Some regions in South Africa (SA) recycle actively, but nothing yet in the central part of the country. The area selected for this study included Bloemfontein, Welkom, Bethlehem, Clarens, Kroonstad, and Kimberley, which are all located in the central part of SA. Eateries and bars are businesses that generate a large amount of recyclable solid waste in terms of glass, plastic, paper, polystyrene, metal, and compostable items.
By identifying the barriers preventing these businesses from recycling, the local municipalities and recycling services could create a solution. Owners or employees of eateries and bars completed a self-administered questionnaire. Empirical data was obtained on knowledge of recycling, participation in recycling. Likert scale type questions were used to identify barriers that prevent recycling practices, also to determine motives that could encourage the implementation of recycling programs.
The respondents indicated a willingness to recycle if there is a financial benefit, as well as support offered by the municipality or government. Respondent’s knowledge regarding recycling seem to be positive although their attitude and willingness tend to be more negative. Barriers that prevent recycling practices included implementation effort and cost, as well as lack of knowledge thereof. Only a small number of respondents were aware of buy-back centres (BBC) or collection services. These results indicate that these businesses do not grasp the impact that they can have with their recycling contributions and that the giveback would be worth the effort. They are also unaware of the services available to assist with implementation and practices of a recycling plan. The municipality and government would have to get involved by enforcing businesses to comply with recycling laws that should be implemented. Furthermore, interviews were conducted with BBC in Bloemfontein. Results showed that the BBC are willing to reach an agreement with the eateries and bars, should they start to recycle more effectively.
Afrikaans: Herwinning is 'n belangrike aspek van 'n volhoubare samelewing en hang grootliks af van die bereidwilligheid van verbruikers om deel te neem aan herwinnings aksies en projekte. Sommige streke in Suid-Afrika (SA) is aktief besig met herwinnings projekte en dit is ook deel van hul lewenswyse. Tans is daar egter geen van hierdie aksies of projekte in sentraal SA nie. Die areas wat vir hierdie studie gekies is sluit Bloemfontein, Welkom, Bethlehem, Clarens, Kroonstad en Kimberley in, wat almal in sentraal SA geleë is. Eetplekke en kroeë is besighede wat groot hoeveelhede herwinbare afval genereer in terme van glas, plastiek, papier, polistireen, metale en organiese afval wat in kompos gemaak kan word. Deur die moontlike struikelblokke te identifiseer wat hierdie besighede verhinder om te herwin, kan die plaaslike munisipaliteite en herwinningsdienste 'n oplossing vind. Eienaars of werknemers van betrokke eetplekke en kroeë het 'n self-geadministreerde vraelys voltooi. Empiriese data is verkry rakende hul kennis van herwinning en deelname aan herwinning. Likert-skaal tipe vrae is gebruik om hindernisse te identifiseer wat in herwinningspraktyke voorkom, asook om faktore te bepaal wat die implementering van herwinningsprogramme sal aanmoedig. Die resultate het aangedui dat respondente bereid is om te herwin indien daar finansiële voordeel is, asook ondersteuning van die plaaslike munisipaliteite of regering af. In die algemeen vertoon respondente se kennis rakende herwinning positief, alhoewel hulle aksies, houding en gewilligheid geneig is om negatief te wees. Hindernisse wat in herwinningspraktyke voorkom, sluit die implementering van ‘n herwinningsprogram in, kostes verbonde, asook die gebrek aan kennis daarvan. Slegs 'n klein aantal van die respondente was bewus van sentrums of besighede in hulle areas wat herwinbare afval terugkoop. Hierdie resultate dui daarop dat besighede nie begryp hoe groot die impak kan wees van hul herwinningsbydraes nie. Hulle besef ook nie dat herwinning tot baie voordele lei nie. Nie net vir die omgewing nie, maar ook vir hulself. Hulle is ook onbewus van die beskikbare dienste wat help met die implementering en uitvoer van 'n herwinningsplan. Munisipaliteite en die regering sal betrokke moet raak deur besighede wetlik te forseer om te voldoen aan herwinningswette en maatreëls wat geïmplementeer moet word. In verdere navorsing is onderhoude gevoer met besighede en sentrums in Bloemfontein wat herwinbare afval terugkoop. Resultate het getoon dat die besighede en terugkoop-sentrums bereid is om 'n ooreenkoms met die eetplekke en kroeë te bereik, indien hulle meer effektief begin herwin.

Description
Keywords
Recycle, Buy-back centre, Solid waste, Recyclable waste, Eateries, Restaurants, Bars, Dissertation (M.Sc. (Consumer Science))--University of the Free State, 2019