Die funksionele doeltreffendheid van liggaamlike opvoeding in die rehabilitasieprogram van traumatiese parapleë aan die Elizabeth Conradieskool

dc.contributor.advisorKemp, P. B.
dc.contributor.authorBooysen, Christoffel Jacobus
dc.date.accessioned2017-11-02T08:34:14Z
dc.date.available2017-11-02T08:34:14Z
dc.date.issued1979-11
dc.description.abstractAfrikaans: Die doel van hierdie ondersoek is om te wys op die funksionele doeltreffendheid van liggaamlike opvoeding in die rehabilitasieprogram van die traumatiese parapleeg aan die Elizabeth Conradieskool. Ses traumatiese parapleë is as proefpersone gebruik. Nadat die behoeftes van elke geval bepaal is, het die liggaamlike opvoeder 'n oefenprogram volgens die behoeftes van di~ kind opgestel. Daarna is die kind aan gereelde toetse en ondersoeke onderwerp. Inligting uit hierdie toetse en ondersoeke het die liggaamlike opvoeder dan in staat gestelom te bepaal of daar vordering of agteruitgang is. Met hierdie inligting tot sy beskikking kon die liggaamlike opvoeder elke semester sy oefenprogram aanpas. Die hoofdoel met die liggaamlike opvoeding van die traumatiesparaplegiese kind, is om uiteindelik die kind te bring tot onafhanklikheid. Die traumaties-paraplegiese kind bereik onafhanklikheid deurdat hy: oor 'n sterk bolyf beskik wat dit vir hom moontlik maak om sy rolstoel vaardig te hanteer en/of met sy langbeenysters en krukke te loop sy blaas slegs op sekere vasgestelde tye hoef te ledig sy verlamde ledemate nie toelaat om gedurig druksere te ontwikkel nie aktief deelneem aan rekreatiewe sport, en sy gebrek aanvaar en daarmee saamleef, met die vaste voorneme om 'n bydrae tot die samelewing te lewer. Ten opsigte van bogenoemde verrig die liggaamlike opvoeder aan die Elizabeth Conradieskool 'n groot en verantwoordelike taak in die opvoeding van die traumaties-paraplegiese kind. Hy doen alles in sy vermoë om die kind toe te rus met In positief-Christelike lewens- en wêreldbeskouing en stel hy daardeur die kind in staat om deur opvoeding en onderwys tot volwaardige beskawingsmondige lid van die gemeenskap, land en volk opgehef te word. Aangesien die traumatiese parapleeg voorheen In normale lewe kon voer, en toe deur die toedoen van In ongeluk verlam is in sy onderlyf, het die liggaamlike opvoeding In groot ~n verantwoordelike taak en moet hy noodwendig steun op die hulp van ander vakwetenskappe om sodoende as In span saam te werk in die rehabilitasieprogram van die traumaties-paraplegiese kind. Deur die behoeftes van elkeen van die ses gevalle, by toelating tot die skool, te vergelyk met die resultate wat daarna deur die liggaamlike opvoeding behaal is, dan vind ons dat die liggaamlike opvoeding met al ses gevalle volwaardig in sy doel geslaag het. In Verdere studie in hierdie verband ten opsigte van ander liggaamlike gestremdhede, behoort In waardevolle bydrae te lewer.af
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/7391
dc.language.isoafaf
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectParaplegicsen_ZA
dc.subjectParaplegia -- Physical therapyen_ZA
dc.subjectSchools -- South Africa -- Kimberleyen_ZA
dc.subjectChildren with disabilities -- Education -- South Africa -- Kimberleyen_ZA
dc.subjectParaplegics -- Rehabilitationen_ZA
dc.subjectDissertation (M.A. (Physical Education))--University of the Free State, 1979en_ZA
dc.titleDie funksionele doeltreffendheid van liggaamlike opvoeding in die rehabilitasieprogram van traumatiese parapleë aan die Elizabeth Conradieskoolaf
dc.typeDissertationen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
BoysenCJ.pdf
Size:
10.47 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
No Thumbnail Available
Name:
license.txt
Size:
1.76 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: